top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Steenhuisen ontken beskuldigings van pligsversuim

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die minister van landbou, John Steenhuisen, ontken beskuldigings van pligsversuim in die stryd teen bek-en-klouseer.


ActionSA beweer Steenhuisen het versuim om virusmonsters aan die Pirbright Institute voor te lê sedert hy minister geword het.


Die party het in die parlement gevra watter impak dié vertraging op die beperking van die uitbreking van die virus kon hê.


Steenhuisen sê egter die deel of nie-deel van monsters vertraag nie die verkryging van entstowwe teen die siekte nie.


Intussen het die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling bevestig dat 10 nuwe bek-en-klouseer-uitbrake in die provinsie aangemeld is.


John Steenhuisen. FOTO: Maroela Media
John Steenhuisen. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page