Studente rol moue hul moue op
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Studente het hand bygesit om 20 slaggate in Groenewoudstraat in Bloemfontein te herstel.
Die straat is ’n belangrike roete vir inwoners van die Amelia Dameskoshuis en Veritas Manskoshuis.
Volgens ’n mediaverklaring het AfriForum Jeug se Kovsies-tak kragte saamgesnoer met die burgerregteorganisasie se Bloemfontein-tak, en is die projek deur die konstruksiemaatskappy Raubex ondersteun, wat materiaal en hulpbronne verskaf het.
Die primarius van Veritas Manskoshuis Heinard Stroebel, meen dit gaan nie werk om vir die munisipaliteit te wag nie, en daarom moes hulle self moue oprol om die werk gedoen te kry.
Intussen sê die primaria van Amelia Dameskoshuis, Yana Scheffer, dit was ‘n voorreg om self deel van die oplossing te kon wees.








Comments