top of page

Taylor Swift word in die heldesaal vir liedjieskrywers opgeneem

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 22
  • 1 min read

Die pop-superster Taylor Swift het die jongste vroulike kunstenaar – en die tweede-jongste kunstenaar ooit – geword wat in die Songwriters Hall of Fame opgeneem is. Stevie Wonder was die jongste ooit, toe hy in 1983 op 33 jaar ingesluit is.


The Guardian berig die 36-jarige sluit haar by sterre soos Alanis Morissette, Kenny Loggins en die Kiss-groeplede Paul Stanley en Gene Simmons aan. Swift sal later vanjaar tydens ‘n private seremonie in New York vereer word.


Die Songwriters Hall of Fame, wat in 1969 gestig is, vereis dat liedjieskrywers 'n noemenswaardige katalogus van liedjies moet hê, en kan eers vir insluiting kwalifiseer 20 jaar ná die kommersiële vrystelling van hul eerste liedjie.


Taylor Swift. FOTO: The Guardian
Taylor Swift. FOTO: The Guardian

Comments


bottom of page