Tesourie steun Eskom se plan om VS munisipaliteite te help
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 27
- 1 min read
Die nasionale tesourie het sy steun gegee aan Eskom se plan om tydelik as agent op te tree vir sukkelende munisipaliteite.
Netwerk24 berig ingevolge die nuwe ooreenkoms kan Eskom die kraginfrastruktuur, fakturering en invordering bestuur, met die verbruikers wat Eskom regstreeks betaal. Die ooreenkoms oor agentskap van verspreiding (DAA) stel Eskom in staat om munisipaliteite te help om hul elektrisiteitsonderneming te bedryf.
Eskom se woordvoerder in die Vrystaat, Stefanie Jansen van Rensburg, sê dit is nie ’n oorname van die munisipaliteite se dienste nie, aangesien die munisipaliteite hul verspreidingslisensies behou.
Vrystaatse munisipaliteite skuld meer as ’n derde van die land se totale skuld van meer as R105 miljard aan Eskom. Die drie grootste sondaars is Maluti-a-Phofung in die Oos-Vrystaat, Matjhabeng (Welkom), en Ngwathe (Parys).








Comments