top of page

Tradisionele leiers word ingeroep om te help met bek-en-klouseer-inentings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om die regering te help met ’n landwye inentingsveldtog teen bek-en-klouseer.


Hy het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San Leiers in die parlement gesê klein- en landelike boere sal voorkeur geniet. Die regering beplan om al 14 miljoen beeste in die land in te ent, met ’n aanvanklike fokus op gemeenskapsgebiede.


Ramaphosa het die omvang van die veldtog met die COVID-19-inentingsprogram vergelyk en beklemtoon dat plaaslike samewerking noodsaaklik is.


LUISTER HIER:


President Cyril Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa. FOTO: 2OceansVibe
President Cyril Ramaphosa. FOTO: 2OceansVibe



Comments


bottom of page