Twee bekende landbourolspelers is tot die Bedryfskoördineringsraad vir Bek-en-klouseer aangestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1
- 1 min read
Twee bekende landbourolspelers is tot die Bedryfskoördineringsraad vir Bek-en-klouseer aangestel, in 'n poging om die stryd teen die uitbreking van die siekte verder te versterk.
Volgens Maroela Media is Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, en dr. Danie Odendaal, direkteur van die Veearts Netwerk, Vrydag deur die Minister van Landbou, Willie Aucamp, tot die raad benoem.
Die Bedryfskoördineringsraad is vroeër vanjaar gestig om die regering en die landboubedryf se reaksie op bek-en-klouseer beter te koördineer.
De Jager sê die aanstellings sal help om samewerking tussen die staat, georganiseerde landbou en die privaat sektor te versterk.
Odendaal meen die beheer van die siekte vereis 'n gesamentlike benadering waarin alle rolspelers saamwerk. Die Departement van Landbou sê die uitbreiding van die raad is daarop gemik om biosekuriteit te verbeter, die siekte vinniger te bekamp en vertroue in Suid-Afrika se veesektor te herstel.








Comments