top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Valke ondersoek kokaïenbesending van miljoene rande by Durban-hawe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 19 hours ago
  • 1 min read

Die Valke het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat vermeende kokaïen ter waarde van ’n geraamde R36-miljoen Saterdag by die hawe van Durban gekonfiskeer is.


Die dwelms, wat ongeveer 90 kilogram weeg, was versteek in twee swaar graafmasjiene wat uit Brasilië ingevoer is.


Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se doeanebeamptes het die eerste besedning tydens ’n inspeksie ontdek en die Valke in kennis gestel.


’n Verdere soektog het ’n tweede versteekte besending in ’n ander graafmasjien aan die lig gebring, wat die totaal op 90 blokke vermeende kokaïen te staan bring.


Die Valke sê die dwelms sal forensiese toetse ondergaan, terwyl ondersoeke voortduur om diegene wat verantwoordelik is, te identifiseer.


Ter Illustrasie. FOTO: Arrive Alive
Ter Illustrasie. FOTO: Arrive Alive

Comments


bottom of page