top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Informele strukture is in Noordhoek in Bfn verwyder

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 14
  • 1 min read

Updated: Feb 16

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het hierdie week verskeie informele strukture wat deur plakkers in die Ryk Tulbachstraat-gebied van Noordhoek, Bloemfontein, opgerig is, verwyder.


Volgens Netwerk24 het die aksie gevolg op ingryping deur die Demokratiese Alliansie (DA), wat kommer uitgespreek het oor ongereguleerde grondbesetting en die impak daarvan op veiligheid en openbare orde.


Volgens DA-raadslid Selmé Pretorius is die plan om die bebosde gebied oop te sny weens die feit dat dit ernstige gevare inhou omdat misdadigers maklik in die gebied kan wegkruip.


Noordhoek het die afgelope jare onder ernstige misdaad deurgeloop insluitend die moord op 'n bejaarde egpaar in 2023 met niemand wat nog inhegtenis geneem is nie.


Ter Illustrasie. FOTO: AI
Ter Illustrasie. FOTO: AI

Comments


bottom of page