Verskeie paaie rondom die Toyota-stadion word gesluit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 5, 2025
- 1 min read
Verskeie paaie rondom die Toyota-stadion in Bloemfontein sal Saterdag tydelik gesluit word.
Dit, luidens 'n kennisgewing van die Manugang Metro Munisipaliteit, vir die 'Fill Up by Cassper Nyovest'-konsert.
Motoriste en voetgangers word aangemoedig om alternatiewe roetes vir die duur van die padsluitings te gebruik.
Die metro verseker dat wetstoepassing, in vennootskap met die polisie, die verkeersvloei dwarsdeur die geleentheid sal monitor en bestuur.
Intussen sê die Free State Choristers van Bloemfontein op hul sosiale media blad, dit is vir hulle ‘n mylpaal om so voor hulle 15de bestaansjaar die verhoog met Cassper te deel.
Die volgende paaie sal gesluit wees soos aangedui:
Vanaf 04:00 – Kingsway & Parfitt en Kingsway & Waterfront-ingang
Vanaf 11:00 – Parfitt & Att Horak, Parkweg & Betogers asook 1ste Laan & Att Horak







Comments