top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verwarring oor sonkrag-registrasiereëls neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) waarsku dat verwarring oor sonkrag-registrasiereëls toeneem namate Eskom se sperdatum van 31 Maart nader.


Outa sê hulle glo die lae registrasievlakke is nie te wyte aan weerstand nie, maar aan onduidelike en teenstrydige vereistes van Eskom en sommige munisipaliteite. Die organisasie voer aan dat parallelle voldoeningsprosesse bestaande wetlike standaarde dupliseer, huishoudings dwing om twee keer te voldoen en koste onnodig verhoog.


Die organisasie se Wayne Duvenage sê dat terwyl stelsels wat elektrisiteit terugvoer in die netwerk geregistreer moet word, dié wat nie krag uitvoer nie, moontlik nie bykomende registrasie benodig bo en behalwe bestaande wetlike vereistes nie.


LUISTER HIER:


Wayne Duvenage

Ter illustrasie. FOTO: Britannica
Ter illustrasie. FOTO: Britannica




Comments


bottom of page