top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaat-boere moet vir BKS-inentings registreer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 8
  • 1 min read

Updated: Mar 9

Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moedig boere aan om vir die provinsie se bek-en-klouseer (BKS)-inentingsprogram te registreer.


Volgens ‘n mediaverklaring van die departement help aansoeke vir inenting met die beplanning van die uitrol van entstowwe en om toekomstige entstofbehoeftes te bepaal.


Die departement sê hy het reeds ’n groot aantal aansoeke ontvang, maar waarsku dat nie alle aansoeke noodwendig in die eerste rondte van inentings suksesvol sal wees nie - omdat hoërisiko-gebiede prioriteit geniet.


Boere word ook aangemoedig om enige vermoedelik gevalle van bek-en-klouseer aan te meld, aangesien versuim om dit te doen ’n strafbare oortreding is.


Intussen is nog ses gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig, wat die totaal op 386 uitbrake te staan bring.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page