top of page



Jacob Zuma word met Epstein verbind
E-posse het onlangs aan die lig gekom wat voormalige president Jacob Zuma verbind met die oorlede seksoortreder, Jeffrey Epstein. Daily Maverick berig dié e-posse is vrygestel saam met die nuutste onthullings van die Amerikaanse departement van justisie, en dui daarop dat Zuma 'n drie-daagse besoek aan Londen in 2010 afgelê het waartydens hy 'n intieme ete saam met Epstein en 'n Russiese model gehad het. Die MK-party se woordvoerder het nie kommentaar gelewer nie. Intussen be

Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago


Simelane beantwoord moeilike vrae
Die voormalige hoof van vervolging, Menzi Simelane, het aan ’n onderhoudspaneel erken hy het vroeër geweier om Bosasa-verwante vervolgings goed te keur. Simelane is byna vier uur lank ondervra in sy poging om as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag terug te keer. Hy is uitgevra oor sy bykans drie jaar lange termyn wat in 2012 geëindig het toe die Konstitusionele Hof sy aanstelling deur oud-president Jacob Zuma ongeldig verklaar het. Simelane is ook oor die ontbinding van d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


'n Franse wapenmaatskappy en Zuma wil weer appèlleer
Die Franse wapenmaatskappy, Thales, en voormalige president Jacob Zuma gaan weer aansoek doen om verlof tot appèl. Hierdie stap is teen die Pietermaritzburgse hooggeregshof se verwerping van hul aansoek om korrupsie-aanklagte teen hulle te laat vaar. Die aanklagte hou verband met Suid-Afrika se wapenaankope in 1999. SABC News berig twee direkteure, Alain Thetard en Pierre Moynot, is intussen dood, wat inbreuk op 'n billike verhoor kan maak. In sy uitspraak in Junie het regter

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Prasa-bestuurders word van onreëlmatige kontrakte beskuldig
Voormalige bestuurders van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) word van onreëlmatige kontrakte ter waarde van R2.8 miljardtussen 2010 en 2019 beskuldig. Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die ondersoek in Desember 2023 voltooi, maar die verslag het vertroulik gebly tot die publikasie daarvan hierdie naweek. Die ses senior bestuurders het toesig gehou oor ‘n lang tydperk van verkrygingsonreëlmatighede. Hulle het ook kontrakte toegeken sonder om behoorlike

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


Zuma gaan met sy regspan vergader oor die hofbesluit oor sy regskostes
Die voormalige president, Jacob Zuma, sê hy sal eers met sy regspan vergader voordat hy besluit hoe om te reageer op die hofbevel wat hom beveel het om byna R29 miljoen aan die staat terug te betaal. Die Gauteng-hooggeregshof het Zuma hierdie week beveel om R28,9 miljoen terug te betaal wat deur die staatsprokureur vir sy korrupsieverhoor betaal is. Die saak hou verband met die langdurige wapentransaksie-saak. Zuma sê hy was oorsee toe die besluit geneem is en sal met sy prok

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 24, 2025


Zuma moet miljoene rande terugbetaal
Oudpresident Jacob Zuma moet miljoene rande in regskoste, wat die staat destyds in sy korrupsieverhoor bestee het, terugbetaal. Maroela Media berig die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag beslis Zuma moet binne 60 dae ’n bedrag van amper R30 000 000 aan die staatsprokureur terugbetaal en dat daar op sy bates beslag gelê mag word indien hy die spertyd misloop. Regter Anthony Millar het gelas dat die staatsprokureur ’n bevel uitreik vir die beslaglegging op en verkoop van Z

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Die hof vra hoe Zuma sal leef as hy sy skuld betaal
Die Gauteng-hooggeregshof bevraagteken hoe die voormalige president, sal leef as sy pensioenvoordeel aangeheg word om miljoene terug te betaal wat gebruik is om sy verdediging in die korrupsieverhoor te finansier. Zuma het eise teengestaan dat hy die meer as R28 miljoen wat die staat aan sy regskoste bestee het, terugbetaal. Die staatsadvokaat en die Presidensie sê Zuma het versuim om die geld te betaal nadat hulle ‘n aanmaningsbrief aan hom gestuur het. Intussen beweer Zum

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025
bottom of page

