top of page



Kovsies wat glo ‘n bom slinger gaan eers vir Kersfees huis toe
Die ses studente van die Universiteit van die Vrystaat wat glo tydens ‘n studente-onrus ‘n petrolbom na die hek van die universiteit geslinger het, sal eers vir Kersfees huis toe gaan voor hul saak weer verskyn. Netwerk24 berig die ses het Maandag vlugtig in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Die staat het nie teen die uitstel beswaar gemaak nie en dus is die saak tot 3 Maart 2026 uitgestel. Die studente is kort nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is op ‘n waarskuwi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Daar is geen heksejag, sê 'n Bloemfonteinse skoolhoof
Bewerings dat die hoof van die Rosenhof Spesiale Skool in Bloemfontein ’n “heksejag” van stapel gestuur het of privaatspeurders aangestel het ná die petrolbomaanval op haar huis vroeër dié maand is vals. Volksblad berig die Vrystaatse onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, het meer as twee weke nadat ’n petrolbom na die huis van die skoolhoof, Nthuseng Davids, gegooi is, gesê die bewerings oor 'n heksejag is vals. Bronne het vroeër aangevoer dat Davids glo privaat

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


'n Bloemfonteinse skoolhoof se huis is met 'n petrolbom bestook
’n Petrolbom is na die huis van die hoof van die Rosenhof Special School in Bloemfontein, Nthuseng Davids, gegooi. Dit is een van ’n reeks voorvalle by dié skool. ’n Bron wat bekend is met die gebeure, het Vrydag aand Netwerk24 gesê Davids glo iemand wat by die skool betrokke is – moontlik ’n leerling of personeellid – is verantwoordelik vir die voorval. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, is niemand beseer nie, en 'n saak van poging tot brandstigting is by die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


UV-studente is weer in die hof
Die ses manstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat glo ‘n petrolbom na ‘n kampusingang gegooi het, het weer in die Bloemfontein landdroshof verskyn. Dit op aanklag van openbare geweld. Volgens Netwerk24 is hulle almal vroeër op eie verantwoordelikheid vrygelaat nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is. Vier van die studente mag tydelik na die manskoshuis op kampus waar hulle tuisgaan terugkeer om hul eksamen af te lê. Daar was ook versoek dat die saak tot

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Studente word op waarskuwing vrygelaat
Manstudente wat die naweek in hegtenis geneem is vir die die gooi van ‘n petrolbom na ‘n sekuriteitswagkamer op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, het in die stad se landdroshof verskyn. Die ses studente is op waarskuwing vrygelaat, en sal volgens polisiewoordvoerder Lt Col Thabo Covane saam met die nege studente wat vroeër in hegtenis geneem is, weer op 4 November in die hof veskyn. Die ses staan tereg op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging en p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025
bottom of page

