Kovsies wat glo ‘n bom slinger gaan eers vir Kersfees huis toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 2, 2025
- 1 min read
Die ses studente van die Universiteit van die Vrystaat wat glo tydens ‘n studente-onrus ‘n petrolbom na die hek van die universiteit geslinger het, sal eers vir Kersfees huis toe gaan voor hul saak weer verskyn.
Netwerk24 berig die ses het Maandag vlugtig in die Bloemfontein landdroshof verskyn.
Die staat het nie teen die uitstel beswaar gemaak nie en dus is die saak tot 3 Maart 2026 uitgestel.
Die studente is kort nadat hulle in Oktober in hegtenis geneem is op ‘n waarskuwing vrygelaat.
Intussen wag die staat steeds op die ondersoek span vir beeldmateriaal, ‘n kwotasie vir die skade van die wagkamer en aanvullende getuieverklarings.







Comments