top of page



Twee mans sit lank vir die moord op 'n Parys-boer
Twee mans is in die Parys-streekhof in die Vrystaat tot onderskeidelik 18 en 23 tronkstraf gevonnis vir die plaasmoord op 'n boer. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die boer, Themba Motha, en sy lewensmaat is op hul plaas aangeval, en Motha is dood geslaan. Die mans het die toneel gevlug met koperkabels, tuingereedskap en 'n motorbattery. Hulle is twee dae later in hegtenis geneem, en die gesteelde goedere terug gevind. Ter illustrasie. FOTO:

Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago


Die vermeende aanvallers van ‘n Vrystaatse boer verskyn in die hof
Ses verdagtes het in die Warden-landdroshof in die Vrystaat verskyn na ‘n huisroof op ‘n plaas naby Warden. ‘n 74-jarige boer is verlede week na bewering deur ‘n groep onbekende mans genader terwyl hy op ‘n grondpad op sy plaas gery het nadat hy ‘n trekker met diesel gevul het. Die ses verdagtes het hom aangerand en sy vuurwapen en Toyota Hilux-bakkie gesteel. Hulle staan tereg op aanklagte van huisroof, poging tot moord en diefstal van ‘n motorvoertuig. ‘n Polisiewoord

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Verdagtes is vinnig na ‘n plaasaanval in die Vrystaat opgespoor
Nie net is ses verdagtes vinnig opgespoor na ‘n plaasaanval in Warden, in die Vrystaat, nie – die boer se gesteelde bakkie en vuurwapens is ook teruggevind. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring ‘n 74-jarige man het glo gesien hoe sy bakkie uit die omgewing van sy plaashuis gery word. Kort daarna het vyf verdagtes hom genader en glo met die agterkant van ‘n vuurwapen oor sy kop geslaan. Met die slagoffer se aankoms by sy huis het hy sy 76-jar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 7, 2025


'n Rower gee homself oor nadat hy ‘n egpaar met ‘n sekel aanrand
'n Man is deur die Buffelshoek-polisie inhegtenis geneem vir die aanval op ‘n egpaar op hul plaas net buite Parys. Polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, sê die man het homself by die Parys-polisiestasie oorgegee. Hy het voorheen op die plaas gewerk. The Citizen berig die man word van huisroof aangekla. Rosestad-nuus het vroeër berig die verdagte het die vrou en haar dogter in die skuur op hul plaas met 'n sekel-agtige implement aangerand. Daarna het hy die man in die hu

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


'n Vrystaatse egpaar is met 'n sekel aangerand
'n Egpaar op 'n plaas naby Parys in die Vrystaat is met ’n sekel-agtige implement aangerand. Volgens 'n vriendin, Annika Liebenberg, is die man steeds in die hospitaal, maar is sy vrou ontslaan nadat haar wonde met steke geheg is. Netwerk24 berig die vrou is Sondagoggend na die stoor om ’n seil te gaan soek, toe 'n rower agter 'n kwadfiets opspring. Hul een dogter, wat by hulle woon, het daar ingekom, en nadat hy hulle met die sekel bygekom het, het hy hulle in die skuur toeg

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025
bottom of page

