top of page



Venezuela: opposisieleier gee haar Nobel-prys vir Trump
In 'n gebaar uit erkenning vir sy unieke ywer vir haar land se vryheid, het die opposisieleier van Venezuela, María Corina Machado, haar Nobelprys vir vrede-medalje aan Amerika se president Donald Trump oorhandig. Maroela Media berig Machado se gebaar kom nadat Trump in soveel woorde gesê het dat die Nobelprys vir vrede verlede jaar eerder aan hom toegeken moes gewees het vir sy pogings is om agt oorloë te beëindig. Dit is egter aan Machado toegeken vir onder andere haar stry

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 16


Venezuela: Die ANC eis Maduro se vrylating
Die ANC het die onmiddellike vrylating van die Venezolaanse president Nicolas Maduro geëis. Die ANC het amptelik sy standpunt oor die Verenigde State se inval in Venezuela tydens ‘n media-inligtingsessie in Gauteng aangekondig. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is deur die Amerikaanse weermag by hul kompleks in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met dwelmmisdrywe. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het verder ‘n beroep op vredeliewende mense gedoen om di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 7


Venezuela: Maduro hou vol hy is onskuldig
Die Venezolaanse president Nicolas Maduro hou vol hy is nie skuldig nie. Hy beklemtoon ook dat hy steeds die president van Venezuela is, nadat Amerikaanse magte hom en sy vrou, Cilia Flores, die naweek gevange geneem het. Maroela Media berig hy het Maandag vir die eerste keer in ʼn Amerikaanse hof op onder meer aanklagte van dwelmsmokkelary verskyn. Die egpaar gaan nie om borgtog aansoek doen nie. Hulle bly in aanhouding tot die nuwe verhoordatum van 17 Maart. Intussen verseke

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 6


Venezuela: Suid-Afrika is verdeeld
Die grootskaalse Amerikaanse militêre aanval op Venezuela, waarin president Nicholas Maduro en sy vrou, Cilia Flores, gevange geneem en uit die land gevlieg is, het ʼn hewige diplomatieke en politieke storm in Suid-Afrika ontketen. Maroela Media berig volgens die woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco), Chrispin Phiri, is dit ʼn duidelike skending van die Verenigde Nasies (VN) se handves. Die handves verplig lidlande om die territo

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 5


Trump neem die Venezolaanse presidentspaar gevangene
Amerika se president Donald Trump sê sy land het Venezuela se president Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Flores, gevangene geneem, nadat hulle ʼn “grootskaalse aanval” op die Suid-Amerikaanse land van stapel gestuur het. Maroela Media berig Trump se bewering dat Maduro gevange geneem is, kom twee dae nadat Maduro probeer het om met Trump in gesprek te tree en samewerking aangebied het in die stryd teen dwelmhandel en onwettige migrasie. Intussen berig Newskoop Maduro het ‘n na

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 4
bottom of page

