top of page



‘n Watertekort wag vir Bfn tydens beplande instandhoudingswerk
Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik oor beplande onderhoudwerk aan die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg. Volgens die kennisgewing behels dit grootskaalse onderhoud, wat insluit die inspeksie, skoonmaak en onderhoud van verwante tenks. Die onderbreking sal na verwagting 36 uur duur, en is geskeduleer vir 8 en 9 Januarie. Die areas wat moontlik geaffekteer kan word, is Noordhoek, Hilton en Raymond Mhlaba-straat. Inwoners word aangeraai o

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 6


SA word gemaan om water spaarsamig hierdie feestyd te gebruik
Die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, vra dat Suid-Afrikaners hierdie feestyd water spaarsamig gebruik. Sy het huishoudings aangemoedig om krane toe te draai, die onnodige gebruik van swembadpompe te vermy en slegs vroegoggend of saans hul tuine te besproei. Majodina het ook reënwateropvang en die beskerming van natuurlike fonteine, veral in landelike gebiede, beklemtoon. Sy waarsku verder dat lekkasies en onwettige aansluitings waterbesparing kan ondermyn. Ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 18, 2025


Bloem se water is veilig om te drink
Die Magaung Metro Munisipaliteit stel Bloemfonteiners gerus dat die munisipale watervoorraad veilig is vir huishoudelike gebruik én om te drink. Volgens 'n kennisgewing is tydelike waterverkleuring in sommige gebiede aangemeld. Dit na die onlangse herstelwerk aan pype en lekkasies. Hierdie verandering in kleur is slegs esteties en hou geen gesondheidsrisiko's in nie. Die metro voeg by dat die probleem tans deur beheerde spoeling en chlooroptimalisering aangespreek word. Norma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


Bloemfonteiners moet genoeg water stoor
Bloemfonteiners in die Suide word aangeraai om genoeg water te stoor. Dit aangesien die Mangaung Metro Munisipaliteit ‘n kennisgewing oor ‘n 12-uur lange wateronderbreking vir die Vrydag uitgereik het. Hierdie onderbreking sal van 6:00 die oggend wees, en is vir noodsaaklike onderhoudswerk. Onder andere is onderhoud nodig om die betroubaarheid van die stelsel te verseker, voortdurende lekkasies te verminder en die netwerk teen toekomstige mislukkings te beskerm. Die Manguang

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 2, 2025


Water moet 'n nasionale prioriteit wees
Adjunkpresident Paul Mashatile het ’n veelvlakkige plan bekendgestel om Suid-Afrika se munisipale waterkrisis aan te spreek. Hy het ’n afname in munisipale waterkapasiteit genoem, met nasionale betroubaarheid van 68% en verswakkende waterkwaliteit in 60% van stelsels. Die regering belê in infrastruktuur, openbare-private vennootskappe soos die Olifantsrivier-model en gemengde finansieringsprojekte om grootmaatwater te verseker. Mashatile het ook gemeenskappe opgeroep om korru

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


Brandfort is weer sonder water
Brandfort in die Vrystaat is al ongeveer twee weke sonder water. Dit kom nadat 'n motor by ’n pompstasie onklaar geraak het. Netwerk24...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8, 2025
bottom of page

