top of page



AfriForum verwelkom Afr TV-nuus terug op sy oorspronklike tyd
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, verwelkom die SABC se besluit om Afrikaanse televisienuus terug te skuif na sy oorspronklike tydgleuf op SABC2 om 18:30 elke aand. Die organisasie sê die skuif, na twee jaar van skeduleveranderinge en kansellasies, bevestig dat vroeëre waarskuwings oor die verlies aan kykers en advertensie-inkomste geregverdig was. AfriForum se Alana Bailey sê baie kykers het hulle reeds elders vir nuus en vermaak gewend, en bevraagteken waarom niemand a

Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago


AfriForum vra oor beweerde joernalistieke inmenging
Die burgerregteorganisasie AfriForum versoek toegang tot inligting by die Staatsveiligheidsagentskap en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking. Dit volg nadat twee bekende Suid-Afrikaanse joernaliste na bewering tans deur dié twee entiteite betaal word om mediadekking teen die organisasie te beïnvloed. AfriForum wil besonderhede hê van enige joernaliste, akademici of kommentators wat na bewering betaal is om die openbare mening teen die organisasie te v

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025


Die media vra om verskoning vir sy uitlatings oor Solidariteit
News24 moes vir die soveelste keer vanjaar om verskoning vra, nadat een van sy susterpublikasies valslik berig het dat Solidariteit bewerings oor ʼn wit volksmoord in Suid-Afrika aan president Donald Trump propageer. Maroela Media berig die joernalis Fred Khumalo het in 'n meningstuk oor Solidariteit se omstrede rassebanier in City Press gesê Solidariteit buig feite om sy ideologiese agenda te pas. News24 het gevolglik Vrydag ʼn inskrywing op sy webwerf geplaas waarin City Pres

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


AfriForum se nuwe verslag toon die erns van rassebeleide
Die burgerorganisasie AfriForum sê sy nuwe sogenaamde “Die wêreld moet weet”- verslag toon die erns van rassebeleide in Suid-Afrika en hoe minderheidsgroepe se regte geskend word. Die organisasie het ook ’n internasionale skakelveldtog aangekondig om die verslag met invloedryke leiers in die Europese Unie en later by die Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidskwessies te deel. Volgens AfriForum se Ernst van Zyl dokumenteer die verslag diskriminasie, die bedreiging van eiend

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


AfriForum vat die Mangaung Metro Munisipaliteit hof toe
AfriForum se Bloemfontein-tak het hofstukke op die Mangaung Metro Munisipaliteit beteken. Dit aangesien die metro volgens hulle versuim om behoorlike vullisverwydering aan inwoners te lewer. Asook dat hulle glo weier om aansoeke vir kwytskelding van die dié diens te oorweeg. Luidens ‘n mediaverklaring volg die regstappe nadat talle inwoners aansoek gedoen het om hul munisipale vullisverwyderingsdiens te kanselleer en eerder van privaat diensverskaffers gebruik te maak. Afri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 1, 2025


Die ANC kritiseer AfriForum oor hul standpunt teenoor terreurdade tydens apartheid
Die ANC kritiseer die burgerregteorganisasie AfriForum oor die organisasie se onlangse versoek dat die Khampepe-kommissie ook ANC-lede wat by sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie betrek is, moet ondersoek. Die ANC sê AfriForum wil die geskiedenis herskryf. Die party is van mening dat daar ʼn verskil is tussen dade wat gepleeg is as deel van die bevrydingstryd en misdade van apartheid. AfriForum het versoek dat die kommissie ondersoek moet instel na politieke inmengi

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Die Good-party vra vir inligting oor misdade uit die apartheid-era
Die Good-party sê die burgerregteorganisasie AfriForum moet vorendag kom met enige inligting oor terreurdade wat na bewering tydens apartheid uitgevoer is. Die organisasie het gedreig om inligting vry te stel oor terreurdade wat na bewering deur die ANC gepleeg is. AfriForum het die Khampepe-kommissie van ondersoek gevra waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie. Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê AfriForum wil nie die ongeregtighede van die verlede erke

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 13, 2025


AfriForum hou Bloemfontein skoon en veilig
AfriForum se Bloemfontein-tak het die afgelope maand bewys waarom samewerking en betrokkenheid deur die gemeenskap, die sleutel tot ’n...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 13, 2025


AfriForum stuit 'n geheime ooreenkoms tussen Nersa en Eskom
Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) en Eskom se plan om ’n geheime skikking in die...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 8, 2025


Fikile Mbalula sê AfriForum wil sy korrupsiesaak met ‘misleidende mediaverhore’ heropen
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het AfriForum se poging om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te oorreed om sy...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 7, 2025
bottom of page

