Die Lengau-toetssentrum sluit weer sonder verduideliking
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 25
- 1 min read
Die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein is sonder enige verduideliking gesluit vir die publiek.
Rosestad-nuus het vertroulik van 'n betroubare bron verneem dat die afdeling vir die hernuwing van bestuurslisensies Maandagmiddag deur die Departement van Arbeid gesluit is, vermoedelik weens 'n lekkende plafon.
Voorts vertel die bron dat alle voertuie sedert Dinsdagoggend toegang geweier is. Die bron sê dit wil voorkom asof die sekuriteitsbeamptes ook nie seker is oor die aangeleentheid nie.
Die ander afdelings van die toetssentrum is wel oop, alhoewel dit blyk daar niemand daar is nie. Werkers wat wel toegang tot die gebou mag kry, moes deur die keldervlak beweeg om hul werk by die beamptes in te dien.
Die toetssentrum kon nie vir kommentaar bereik word nie. 'n Woordvoerder van die Departement van Arbeid, Tshegofatso Mogape, het beloof om terugvoer binne 24 uur te verskaf.







Comments