Die Metro het ‘n nuwe polisiestasie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 7, 2025
- 1 min read
Die Sonskyn-polisiestasie, in Fase 5, in die Mangaung Metro Munisipaliteit, is amptelik Dinsdag deur die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, en die Vrystaatse premier geopen.
Luidens ‘n plasing op die Vrystaatse Provinsiale Regering se sosiale media sê premier MaQueen Letsoha-Mathae dit is deur die samekoms van beide die regering en die mense dat die stryd teen misdaad in die Vrystaat gewen sal word.
Intussen het Cachalia lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens herinner aan die eed wat hulle afgelê het toe hulle by die diens aangesluit het naamlik dat hulle die gemeenskap moet dien, en die gedragskode waaraan hulle lojaliteit gesweer het moet eerbiedig.







Comments