top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisie verwyder dwelms van Heidedal se strate

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 4, 2025
  • 1 min read

Terwyl die Vrystaatse polisie met hul veiliger feesseisoen-aktiwiteite besig is, het hulle inligting oor dwelmsmokkelary in Morrisonstraat, Ashbury, ontvang.


Die polisie het tydens hul soektog op verskeie dwelms beslag gelê insluitend dagga, mandrax-tablette en kristalmetamfetamien.


Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covan, sê in ‘n mediaverklaring kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is, is ook gekonfiskeer.


‘n 33-jarige man is dadelik in hegtenis geneem, en ‘n saak van dwelmhandel is by die Heidedal-polisiekantoor geopen.


Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page