Die polisie verwyder dwelms van Heidedal se strate
- Nadia Pieters

- Nov 4
- 1 min read
Terwyl die Vrystaatse polisie met hul veiliger feesseisoen-aktiwiteite besig is, het hulle inligting oor dwelmsmokkelary in Morrisonstraat, Ashbury, ontvang.
Die polisie het tydens hul soektog op verskeie dwelms beslag gelê insluitend dagga, mandrax-tablette en kristalmetamfetamien.
Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covan, sê in ‘n mediaverklaring kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is, is ook gekonfiskeer.
‘n 33-jarige man is dadelik in hegtenis geneem, en ‘n saak van dwelmhandel is by die Heidedal-polisiekantoor geopen.
Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.






Comments