top of page



Die Heidedalse steengroef is uiteindelik besoek
'n Toesigbesoek aan die Witherow-steengroefdam in Heidedal in Bloemfontein is onderneem nadat die Menseregtekommissie (MRK) ’n omvattende verslag, wat oor vier jaar opgestel is, aan die parlement voorgelê het. Netwerk24 berig die om en by 50 sterftes, gebrekkige owerheidsoptrede en die omvang van protes vanuit die gemeenskap oor hierdie gevaarlike steengroef word in die verslag vervat. Die groef, waar daar dekades gelede grond vir bakstene uitgehaal is, is steeds nie omhein n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Parlementêre komitees besoek binnekort Heidedal se steengroef
Twee parlementêre portefeuljekomitees sal binnekort ’n toesigbesoek aan Heidedal in Bloemfontein se Witherowdam-steengroef bring. Netwerk24 berig die portefeuljekomitee oor minerale en petroleumhulpbronne sowel as die portefeuljekomitee oor polisie is geskok dat, ondanks meer as ’n dekade se gemeenskapsversoeke en talle verdrinkings, geen stappe gedoen is om die terrein te beveilig of die verantwoordelike partye tot verantwoording te roep nie. Die voorgenome besoek kom ná ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


Die polisie verwyder dwelms van Heidedal se strate
Terwyl die Vrystaatse polisie met hul veiliger feesseisoen-aktiwiteite besig is, het hulle inligting oor dwelmsmokkelary in Morrisonstraat, Ashbury, ontvang. Die polisie het tydens hul soektog op verskeie dwelms beslag gelê insluitend dagga, mandrax-tablette en kristalmetamfetamien. Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covan, sê in ‘n mediaverklaring kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmverkope is, is ook gekonfiskeer. ‘n 33-jarige man is dadelik in hegtenis geneem, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025


Steengroef-verdrinking: Benjamin se liggaam is gevind
Die liggaam van Benjamin van Wyk, wat verlede week in die berugte Witherow-steengroef buite Heidedal, verdrink het, is gevind. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sal ‘n nadoodse ondersoek bepaal wat die presiese oorsaak van sy dood was. Van Wyk het saam met vriende in die groef geswem toe hy onder die water verdwyn het. Sy vriende het hom probeer red maar kom nie by hom uitkom nie. Die soektog het verlede week begin en is met die hulp van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


Steengroef-verdrinking: Heidedallers blameer die munisipaliteit
Die gemeenskap van Heidedal in Bloemfontein sê die sluiting van die swembad in dié woonbuurt is 'n groot bydraende faktor in die verdrinking van die 20-jarige Benjamin van Wyk in 'n nabygeleë steengroef-dam verlede week. Volksblad berig werknemers by die Heidedal-swembad blameer die Mangaung-munisipaliteit, aangesien Van Wyk en sy vriende noodgedwonge by die steengroef-dam moes gaan swem omdat die swembad weens die swak toestand waarin dit is, gesluit is. 'n Werknemer wat ano

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Polisie soek na 'n liggaam in 'n steengroef in Heidedal
Die polisie in Heidedal in Bloemfontein ondersoek die moontlike verdrinking van 'n man by 'n steengroef agter die Twin City-inkopiesentrum. Volgens 'n polisieverklaring het die insident Donderdag gebeur toe die slagoffer en twee vriende daar gaan swem het. Die slagoffer het ingespring, maar was vinnig oorweldig en het toe na bewering verdrink. Die Heidedal-polisie en die Bloemfonteinse duik-eenheid is ontbied, en 'n soektog is begin. Teen laat die aand moes die ondersoek gest

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025
bottom of page

