top of page



Jonathan Jansen ontstel matrieks by 'n skoolpraatjie
Die Hoërskool Stellenberg in Durbanville in die Wes-Kaap het hul matrieks bymekaargeroep en op ouers se klagtes gereageer ná ’n omstrede praatjie deur die oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, by dié skool. Netwerk24 berig Jansen se praatjie het ouers van matriekleerlinge ontstoke gelaat weens sommige uitlatings. Een ouer sê Jansen het oënskynlik te kenne gegee dat leerlinge van die Stellenberg nie uitdagende persoonlike omstandighede ervaar nie en

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 25


Matriekuitslae sal gepubliseer word
Die departement van basiese onderwys sê die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat- uitslae sal op 13 Januarie in geakkrediteerde koerante gepubliseer word. Die uitslae sal met slegs eksamennommers en uitslae, sonder name of ID-nommers wees. Die departement sê dit voldoen aan ‘n hofbevel van 2022 en balanseer toeganklikheid met die beskerming van leerders se persoonlike inligting. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die departement het ook bevestig dat dit die Inlig

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 8


Die onderwysdepartement moedig onsuksesvolle matrieks aan om gratis te herskryf
Die Departement van Basiese Onderwys moedig onsuksesvolle matriekkandidate aan om aansoek te doen vir sy amptelike Tweede Kans-program. Dié program laat kwalifiserende kandidate toe om vakke gratis te herskryf of by te voeg gedurende die Mei/Junie-eksamensiklus. Die departement waarsku dat hy nie private of kommersiële dienste ondersteun wat fooie hef vir toegang tot die program nie. Die departement sê die inisiatief help leerders om aan die vereistes van die Nasionale Senior

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 6


Die publikasie van matriekuitslae is steeds onder die loep
Die inligringreguleerder het aangedui dat dit die appèlhof wil nader oor die uitspraak wat verband hou met die publisering van die matriektuitslae in die media. Die hof het bevind dat die uitslae met eksamennommer gepubliseer mag word en dat dit nie die privaatheid van kandidate skend nie. Die uitspraak was in guns van die Departement van Basiese Onderwys en AfriForum. Die reguleerder hou vol dat die publikasie van uitslae, selfs met net eksamennommers, die Wet op die Beskerm

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 30, 2025


Die Inligtingsreguleerder sal die uitspraak oor matriekuitslae se publikasie bestudeer
Die Inligtingsreguleerder gaan die uitspraak, wat sy aansoek om die publikasie van matriekuitslae blokkeer, bestudeer. Die reguleerder is verlede week ‘n knou toegedien toe die Gauteng-hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die publikasie van matriekuitslae op openbare platforms met slegs eksamennommers, eerder as name, matrikulante se privaatheid beskerm. Die uitspraak is die jongste in ‘n voortdurende stryd oor die vraag of die Nasionale Senior Sertifikaat- uitslae in koe

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 16, 2025


Die DBO verwelkom die afhandeling van die nasien van die matriek-eksamen
Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom die suksesvolle voltooiing van die nasien van die matriekeksamen. Die departement bedank die nasieners en sê hul toewyding aan akkuraatheid en etiese gedrag verseker die geloofwaardigheid en betroubaarheid van die eksamenstelsel. Die woordvoerder van die Departement van Basiese Onderwys, Terrence Khala, sê post-nasienprosesse sal nou voortduur. LUISTER: Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025


Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly
Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly. LP’s het Dinsdag teen Bosa se voorgestelde resolusie gestem om die slaagsyfer van 30% na 50% te verhoog. Die MK-party, EFF, IVP, ActionSA, Rise Mazansi, Bosa en die ATM het almal ten gunste van die voorstel gestem, maar hulle stemme was nie genoeg nie. 'n Totaal van 190 LP’s het teen die voorstel gestem met 87 ten gunste daarvan. Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, het in sy motivering vir die voorstel gesê die land moet hoër verwagt

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Bosa sê die matriekslaagsyfer is te laag
'n Hewige debat is in die parlement ontketen toe parlementslede oor Suid-Afrika se 30% matriekslaagsyfer en die stand van basiese onderwys gestry het. Die debat is deur Bosa se leier, Mmusi Maimane, begin en het gefokus op die vraag of die Departement van Basiese Onderwys die 30% vakminimum moet afskaf, standaarde moet verhoog en strukturele swakhede in die skoolstelsel moet hersien. Maimane het aangevoer dat die toekoms van werk sterk afhanklik sal wees van wiskunde en weten

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Uitspraak oor die saak oor die publikasie van matriekuitslae is voorbehou
Uitspraak is in die Pretoria-hooggeregshof voorbehou in die saak tussen die Inligtingsreguleerder en die Departement van Basiese Onderwys, met AfriForum en Maroela Media as respondente. Die dispuut handel oor of die publikasie van matriekuitslae deur die gebruik van eksamennommers die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) oortree. Die Reguleerder meen dit skend leerders se privaatheid, terwyl die departement en mediagroepe aanvoer dat dit in die openbare bel

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025


Duisende kandidate skryf hierdie jaar matriek-eindeksamen
Die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi) het bekend gemaak dat altesaam 790 144 matrieks geregistreer is om hierdie jaar die Nasionale Seniorsertifikaateksamen af te lê. Net minder as 17 500 van hierdie kandidate is deur die onafhanklike eksamenraad geregistreer. Daar is ook ʼn groot aantal kandidate wat ouer is of weer skryf om hul punte te verbeter, wat die totale aantal kandidate op 903 561 bring wat die eindeksamen aflê. Umalusi het van 11 Augustus tot die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025
bottom of page

