top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lourierpark: Die Metro moet ontwikkeling staak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 10
  • 1 min read

Die Mangaung Metro moet alle voorbereidings van werk op die grondgebied wat deel vorm van die Brandkop-plaas en in die omgewing van Lourierpark staak.


Dit is volgens 'n tussentydse bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein ná die DA en die Geluksdam-plaasvereniging se skrywes.


Bloemnuus berig werknemers is die afgelope tyd waargeneem waar hulle paaie skraap en voorbereidings tref om dienste te installeer in die grondgebied tussen Lourierpark, Bloemdal en Ferreira.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder VF Plus-raadslid Henry Denner sê die metro het glo goedgekeurde planne vir die ontwikkeling van ‘n woonbuurt ontdek wat uit die jare 1990 kom. Dié planne vir laekostebehuising is deur die destydse stadsraad goedgekeur.


LUISTER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Denner sê die kontrakteurs het bevestig dat hulle werk aan waterpunte en die aanlê van puttoilette werk, en ook paaie skraap soos op die planne aangedui. Hy sê hulle het ook glo druk van die Menseregtekommissie om water en toilette aan te lê vir die mense wat sedert 2024 onwettig op dié grondgebied strukture opgerig het en nou daar woon. In sy brief sê die Geluksdam-vereniging die metro se aanmoediging van informele en onwettige ontikkeling dra by tot ernstige waardeverlies vir aangrensende formele ontwikkelde gebiede, plase en hoewes.


FOTO: Bloemnuus
FOTO: Bloemnuus



Recent Posts

See All

Comments


bottom of page