top of page



'n Tegniese mediasessie oor die matriekuitslae is op die nippertjie gekanselleer
'n Tegniese mediasessie oor die 2025-matriekuitslae is op die nippertjie gekanselleer. Dié sessie van die Vrystaatse onderwysdepartement, wat Dinsdag sou plaasvind, sou mediaverteenwoordigers ’n tegniese uiteensetting van die provinsie se matriekuitslae gee. Die woordvoerder van die departement, Howard Ndaba, het in 'n verklaring op sosiale media gesê die sessie is weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer. Die verklaring lui voorts dat die media die geleentheid sal hê om

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 13


Matriekuitslae sal gepubliseer word
Die departement van basiese onderwys sê die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat- uitslae sal op 13 Januarie in geakkrediteerde koerante gepubliseer word. Die uitslae sal met slegs eksamennommers en uitslae, sonder name of ID-nommers wees. Die departement sê dit voldoen aan ‘n hofbevel van 2022 en balanseer toeganklikheid met die beskerming van leerders se persoonlike inligting. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die departement het ook bevestig dat dit die Inlig

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 8


Sommige skoolverlaters kan nie basiese sinne skryf nie
Daar is kommer dat te veel jong Suid-Afrikaners hoërskool verlaat sonder om basiese sinne te skryf of hulself duidelik uit te druk. Dit kom terwyl die 2025 matriekuitslae volgende week vrygestel sal word. Volgens die geestesgesondheidspraktisyn Muhammad Coovadia is die onderwysstelsel gebreek en hou dit gemotiveerde leerders terug. Hy sê die leerders wat druip se selfbeeld, kan nie onderskat word nie. Coovadia verduidelik dat baie van hierdie leerders met eenvoudige geskrewe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 6


'Kinders moenie grondslagfase-grade kan herhaal nie'
Suid-Afrika oorweeg dit om skole te keer om leerlinge in graad 1 tot 3 terug te hou. Die Departement van Basiese Onderwys se aksieplan vir 2029 toon dat die aantal leerlinge wat dié grade herhaal, tot net meer as 8% gedaal het. Die vermindering tot 0% sal glo help om klasgroottes te verminder. Die Raad van Onderwysministers het in 2019 besluit om nie leerlinge in graad 1 tot 3 toe te laat om te herhaal nie, maar die besluit moet nog geïmplementeer word. Op hoërskoolvlak heers

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 6


Die publikasie van matriekuitslae is steeds onder die loep
Die inligringreguleerder het aangedui dat dit die appèlhof wil nader oor die uitspraak wat verband hou met die publisering van die matriektuitslae in die media. Die hof het bevind dat die uitslae met eksamennommer gepubliseer mag word en dat dit nie die privaatheid van kandidate skend nie. Die uitspraak was in guns van die Departement van Basiese Onderwys en AfriForum. Die reguleerder hou vol dat die publikasie van uitslae, selfs met net eksamennommers, die Wet op die Beskerm

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 30, 2025


Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly
Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly. LP’s het Dinsdag teen Bosa se voorgestelde resolusie gestem om die slaagsyfer van 30% na 50% te verhoog. Die MK-party, EFF, IVP, ActionSA, Rise Mazansi, Bosa en die ATM het almal ten gunste van die voorstel gestem, maar hulle stemme was nie genoeg nie. 'n Totaal van 190 LP’s het teen die voorstel gestem met 87 ten gunste daarvan. Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, het in sy motivering vir die voorstel gesê die land moet hoër verwagt

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Bosa sê die matriekslaagsyfer is te laag
'n Hewige debat is in die parlement ontketen toe parlementslede oor Suid-Afrika se 30% matriekslaagsyfer en die stand van basiese onderwys gestry het. Die debat is deur Bosa se leier, Mmusi Maimane, begin en het gefokus op die vraag of die Departement van Basiese Onderwys die 30% vakminimum moet afskaf, standaarde moet verhoog en strukturele swakhede in die skoolstelsel moet hersien. Maimane het aangevoer dat die toekoms van werk sterk afhanklik sal wees van wiskunde en weten

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025


Uitspraak oor die saak oor die publikasie van matriekuitslae is voorbehou
Uitspraak is in die Pretoria-hooggeregshof voorbehou in die saak tussen die Inligtingsreguleerder en die Departement van Basiese Onderwys, met AfriForum en Maroela Media as respondente. Die dispuut handel oor of die publikasie van matriekuitslae deur die gebruik van eksamennommers die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) oortree. Die Reguleerder meen dit skend leerders se privaatheid, terwyl die departement en mediagroepe aanvoer dat dit in die openbare bel

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 29, 2025
bottom of page

