top of page

‘n Seun van Bloem verdrink byna by ‘n gastehuis

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 31
  • 1 min read

‘n 10-jarige seun het byna by ‘n gastehuis in Bloemfontein verdrink.


Hy sterk tans aan in ‘n waakeenheid in die stad.


Volgens Netwerk24 het die seun en sy gesin glo in die gastehuis tuisgegaan.


Die eienaars van die gastehuis in Universitas het op ‘n WhatsApp-groep om hulp gevra, waarna verskeie nooddienste na die toneel gestuur is.


Een van die mense op die toneel het gesê dat die kind vir omtrent twee minute onder die water was.


Bystanders het dadelik KPR begin toepas, die kind het op daardie stadium geen polsslag gehad nie.


Mediclinic Bloemfontein se woordvoerder, Valencia Swarts, bevestig dat die kind by hulle opgeneem is, en voeg by dat sy ouers nie nou met die media praat nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page