top of page



Nog ‘n kindjie verdrink in die Bainsvlei-omgewing
Die 16 maande oue Timothy-John du Plessis wat ook in die Bainsvlei-omgewing verdrink het, word Saterdag vanuit die NG Kerk Bainsvlei, in Bloemfontein, begrawe. Netwerk24 berig Timothy-John is die tweede kindjie wat onlangs in die omgewing verdrink het. Die eenjarige Hanru David Venter het twee dae voor Kersfees verdrink. Volgens Timothy-John se pa, Jacques, het hulle by familielede gebraai toe sy vrou Zelda na hom gevra het. Hulle het onmiddellik begin soek en een van die ou

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10


Parlementêre komitees besoek binnekort Heidedal se steengroef
Twee parlementêre portefeuljekomitees sal binnekort ’n toesigbesoek aan Heidedal in Bloemfontein se Witherowdam-steengroef bring. Netwerk24 berig die portefeuljekomitee oor minerale en petroleumhulpbronne sowel as die portefeuljekomitee oor polisie is geskok dat, ondanks meer as ’n dekade se gemeenskapsversoeke en talle verdrinkings, geen stappe gedoen is om die terrein te beveilig of die verantwoordelike partye tot verantwoording te roep nie. Die voorgenome besoek kom ná ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025


'n Jong Vrystaatse seun verdrink in 'n rivier
'n Jong seun het in in Qwaqwa in die Oos-Vrystaat verdrink. 'n Gemeenskapsleier in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, Sello Moeti, sê die agt-jarige Rapelang Mabote het saam met vriende in die Kgoptjane-rivier gaan swem. Netwerk24 berig hy het onder die troebel water verdwyn en sy vriende het weggehardloop omdat hulle geglo het ’n "waterslang het hul maatjie ingesluk". Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê die polisie het beklemtoon dat die lewe van el

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 5, 2025


‘n Seun van Bloem verdrink byna by ‘n gastehuis
‘n 10-jarige seun het byna by ‘n gastehuis in Bloemfontein verdrink. Hy sterk tans aan in ‘n waakeenheid in die stad. Volgens Netwerk24 het die seun en sy gesin glo in die gastehuis tuisgegaan. Die eienaars van die gastehuis in Universitas het op ‘n WhatsApp-groep om hulp gevra, waarna verskeie nooddienste na die toneel gestuur is. Een van die mense op die toneel het gesê dat die kind vir omtrent twee minute onder die water was. Bystanders het dadelik KPR begin toepas, die k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


Steengroef-verdrinking: Heidedallers blameer die munisipaliteit
Die gemeenskap van Heidedal in Bloemfontein sê die sluiting van die swembad in dié woonbuurt is 'n groot bydraende faktor in die verdrinking van die 20-jarige Benjamin van Wyk in 'n nabygeleë steengroef-dam verlede week. Volksblad berig werknemers by die Heidedal-swembad blameer die Mangaung-munisipaliteit, aangesien Van Wyk en sy vriende noodgedwonge by die steengroef-dam moes gaan swem omdat die swembad weens die swak toestand waarin dit is, gesluit is. 'n Werknemer wat ano

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 23, 2025


Die soektog na die steengroef-verdrinkte se liggaam is gestaak
Die soektog na die liggaam van 'n 20-jarige man wat in die steengroef by die Twin City-winkelsentrum in Heidedal verdrink het, is gestaak. Die provinsiale woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, sersant Mahlomola Kareli, het dit bevestig, maar sê die polisie moniteer nog ontwikkelinge by die steengroef. Nova News berig die oorledene se identiteit is nog onbekend. Rosestad-nuus het vroeër berig die vermoede bestaan dat die liggaam deur sterk strome na 'n dieper area van die s

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 20, 2025


Polisie soek na 'n liggaam in 'n steengroef in Heidedal
Die polisie in Heidedal in Bloemfontein ondersoek die moontlike verdrinking van 'n man by 'n steengroef agter die Twin City-inkopiesentrum. Volgens 'n polisieverklaring het die insident Donderdag gebeur toe die slagoffer en twee vriende daar gaan swem het. Die slagoffer het ingespring, maar was vinnig oorweldig en het toe na bewering verdrink. Die Heidedal-polisie en die Bloemfonteinse duik-eenheid is ontbied, en 'n soektog is begin. Teen laat die aand moes die ondersoek gest

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025
bottom of page

