NALN sal glo einde Maart ten volle herstel wees
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 20
- 1 min read
Hoewel die kontrakteurs nog aangestel moet word, sál herstelwerk aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein teen einde Maart afgehandel wees. Dit is volgens die woordvoerder van die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, Tankiso Zola.
Netwerk24 berig die meer as R2,6 miljoen vir dié opknappingswerk moet teen 31 Maart bestee wees, anders moet dit aan die provinsiale tesourie teruggegee word.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Zola sê hulle verwag nie vertragings nie.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Zola sê die departement is besig met die aanstellingsproses en die kontrakteurs sal teen einde Februarie aangestel word. Die geïdentifiseerde werk sal deur twee verskillende kontrakteurs uitgevoer word en sal ongeveer drie weke neem om te voltooi, en sal gelyktydig uitgevoer word. Hy sê die herstel van die dak en vervanging van die pompe is as krities en dringend geïdentifiseer.
Die voorsitter van die Vriende van NALN, Paul Colditz, sê dit is ’n internasionaal unieke museum met ’n unieke versameling wat betref die bewaring van ’n taal se erfenis vanuit ’n letterkundige en musikale oogpunt.








Comments