top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nóg ’n Vrystaatse stad begin dienste afsny

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 19
  • 1 min read

Dis nie net in Bloemfontein waar beweerde wanbetalers se elektrisiteit afgesny word nie.


In ’n mediaverklaring sê Welkom se plaaslike munisipaliteit besighede, instellings en staatsdepartemente skuld die munisipaliteit meer as R1 miljard aan uitstaande diensrekeninge.


Dié agterstallige bedrae raak volgens dié Vrystaatse munisipaliteit sy vermoë om infrastruktuur te onderhou en noodsaaklike dienste te lewer.


As deel van ’n finansiële herstelplan sal water- en kragdienste ontkoppel word waar geen betalings gemaak of reëlings getref is nie.


Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig dat Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ook besig is met ’n oudit van groot wanbetalers.


In sekere gevalle is elektrisiteit reeds ontkoppel terwyl skuld ingevorder word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page