Twee rowers is vasgetrek na 'n reeks gewapende rooftogte
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
'n Gesamentlike operasie deur die Bloemfonteinse polisie en private sekuriteit het gelei tot die inhegtenisname van twee verdagtes wat verbind word met 'n reeks gewelddadige rooftogte in die stad.
Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat is die verdagtes, onderskeidelik 26 en 37 jaar oud, deel van 'n groep wat slagoffers geteiken het terwyl hulle 'n donkergrys of swart BMW gery het.
Die voorvalle het vroeg Woensdagoggend in JB Mafora begin, waar 'n 56-jarige man met 'n vuurwapen beroof is. Later, in die Caleb Motshabi area, is 'n 38-jarige voetganger ook beroof.
Die polisie sê in 'n aparte voorval op die N6 is twee susters onder die voorwendsel van 'n saamry geleenrheid in die voertuig gelok en met 'n mes en 'n vuurwapen beroof.
Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat beamptes die voertuig op die N1-snelweg opgemerk het. Dwelms, wapens en die vermoedelik gesteelde items is teruggevind.
Die polisie glo die verdagtes kan gekoppel word aan bykomende sake in die metro en doen 'n beroep op ander slagoffers om na vore te kom.
Die verdagtes sal go binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.








Comments