Veediefstal dryf kommer oor BKS langs die grens
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 27
- 1 min read
Veediefstal en onbeheerste oorgrensbewegings verhoog die risiko vir verdere verspreiding van bek-en-klouseer (BKS) langs die Vrystaat-Lesotho-grens.
Volgens Bloemnuus het Vrystaat Landbou ernstige kommer uitgespreek oor ’n nuwe uitbraak van die siekte in Lesotho, sowat 15 kilometer van Clarens.
Die organisasie waarsku dat veediefstalsindikate en rondloperdiere wat uit Lesotho oor die grens beweeg, die gevaar vir grensboere aansienlik verhoog.
Vrystaat Landbou sê die gebrek aan voldoende skutgeriewe en ’n duidelike standaardprosedure vir die hantering van oorgrensvee bemoeilik pogings om die siekte te beheer.
Die organisasie doen ’n beroep op owerhede om oorgrensmisdaad as ’n prioriteit te hanteer, terwyl boere aangemoedig word om beweging van vee streng te monitor en verdagte aktiwiteit aan te meld.








Comments