top of page



Die ANC sê hulle werknemers is betaal
Die ANC se tesourie-generaal, Gwen Ramokgopa, sê alle werknemers is suksesvol betaal. Ramokgopa het met die media gepraat tydens die Presidensiële Gholfdag by die Sun City-oord in die Noordwes. Werknemers en sekere vakbonde het die ANC sedert verlede maand daarvan beskuldig dat hulle nie salarisse, voorsorgfondse en mediesefondsbydraes betaal nie. Ramokgopa sê wat haar betref, het almal hul salarisse ontvang. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: ANC

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 7


Venezuela: Die ANC eis Maduro se vrylating
Die ANC het die onmiddellike vrylating van die Venezolaanse president Nicolas Maduro geëis. Die ANC het amptelik sy standpunt oor die Verenigde State se inval in Venezuela tydens ‘n media-inligtingsessie in Gauteng aangekondig. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is deur die Amerikaanse weermag by hul kompleks in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met dwelmmisdrywe. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het verder ‘n beroep op vredeliewende mense gedoen om di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 7


Kritiek laat die ANC dink
Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê volgehoue kritiek op die land se rasgebaseerde wette laat sommiges binne die ANC daaroor dink. Die wetgewing oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging het onlangs onder toenemende kritiek van sakeleiers, belangegroepe en politieke partye deurgeloop. Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het sedertdien aangekondig dat die regering beplan om die wetgewing te hersien. Daar word verwag dat sy departement die eerste fase van die he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Die ANC ontken bewerings dat hulle beplan om Ramaphosa terug te roep
Die ANC het bewerings dat hulle die verwydering van Cyril Ramaphosa as president hierdie week sal bespreek, ontken. Die gerugte volg op bewerings dat sommige leiers in die party wil hê dat hy verwyder word. Die ANC sê dat hul Nasionale Algemene Raad wel sal vergader om die implementering van hul resolusies sedert hul laaste konferensie te hersien. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê dat Ramphosa tot en met die volgende formele leiersverkiesing die leier van die

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Mbalula sê niemand het Ramaphosa gevra om uit te tree nie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê niemand het president Cyril Ramaphosa by die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) versoek om uit te tree nie. Dit volg nadat Ramaphosa die afgelope naweek aan die NUK gesê het dat as hy gevra word om te bedank, hy dit onmiddellik sal doen. Mbalula sê die president het net van die gerugte wat in die openbaar versprei is, aangespreek. LUISTER: FOTO: Instagram

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 19, 2025


Die ANC se MK-handelsmerk-appèl word in Bloemfontein aangehoor
Nadat die ANC hul aansoek verloor het om die gebruik van die MK-party se naam en logo te stop, sal die hulle nou in die Hooggeregshof van Appèl in Bloemfontein appeleer. SABC News berig voor die 2024 Algemene Verkiesing het die ANC onsuksesvol handelsmerkwetgewing in die Durban Hooggeregshof ingeroep. Regter Mahendra Chetty het die aansoek van die hand gewys, maar later die ANC verlof tot appèl toegestaan. In 'n verklaring sê die ANC dat hierdie saak oor die beskerming van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Mashatile sê die ANC doen nie genoeg nie
Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC het nie genoeg gedoen om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter nie. Hy het Maandagaand tydens die gedenklesing ter ere van voormalige ANC-president-generaal Oliver Reginald Tambo gepraat, en ‘n beroep op ANC-lede gedoen om verantwoordelikheid te neem vir hul mislukkings en wyses te vind om dit reg te stel. Mashatile voeg by daar is ‘n behoefte vir die party om hulself weer aan Tambo se leringe toe te wy en hulself te herbou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Die ANC kritiseer AfriForum oor hul standpunt teenoor terreurdade tydens apartheid
Die ANC kritiseer die burgerregteorganisasie AfriForum oor die organisasie se onlangse versoek dat die Khampepe-kommissie ook ANC-lede wat by sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie betrek is, moet ondersoek. Die ANC sê AfriForum wil die geskiedenis herskryf. Die party is van mening dat daar ʼn verskil is tussen dade wat gepleeg is as deel van die bevrydingstryd en misdade van apartheid. AfriForum het versoek dat die kommissie ondersoek moet instel na politieke inmengi

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Die balju konfiskeer toerusting by die ANC se hoofkwartier
Die Luthuli-huis is hierdie naweek effens leër nadat die balju op die ANC se hoofkwartier toegeslaan het. The Citizen berig lessenaars,...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 5, 2025


McKenzie gaan nog nie as minister bedank nie
Die leier van die PA, Gayton McKenzie, het aangekondig dat hy sy bedanking as minister van Sport, Kuns en Kultuur met ʼn paar uur uitstel....

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30, 2025
bottom of page

