top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaat-boere versuim glo om BKS-gevalle aan te meld

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Dit wil voorkom asof sommige Vrystaat-boere versuim om vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld, wat volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling die beheer van die siekte bemoeilik.


Die departement het intussen 25 nuwe bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, wat die totaal op 370 te staan bring.


Volgens ‘n mediaverklaring bly beperkings op die beweging van diere in plek, terwyl ingeënte dosisse reeds in verskeie staatsveeartseny-gebiede toegedien is om die verspreiding van die siekte te help beperk.


Die departement waarsku dat die versuim om gevalle aan te meld ’n kriminele oortreding is en die risiko van verdere verspreiding verhoog.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page