top of page



Godongwana spoel sy mond uit oor geskille oor die Nasionale Gesondheidsversekering
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê regsgedinge teen die Nasionale Gesondheidsversekering behoort buite die hof geskik te word. Tydens die mediumtermynbegrotingsdebat in die parlement het hy mediese verenigings gekritiseer wat die wet betwis, en gesê dit vertraag universele toegang tot gesondheidsorg. Godongwana het ook die Zuma-administrasie blameer vir die herleiding van miljarde rand van gesondheid en onderwys na mislukte staatsentiteite. Hy sê die huidige reg

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 14


Suid-Afrika sal Wêreldbankvergaderings bywoon
Suid-Afrika sal volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana, volgende jaar se Internasionale Monetêre en Wêreldbankvergaderings bywoon. Suid-Afrika sal egter nie aan die G20 Finansiële vergadering wat aan die kantlyn van hierdie geleenthede gehou sal word deelneem nie. Dit aangesien Amerika Suid-Afrika nie na die G20-vergaderings genooi het nie. Godongwana het bevestig dat hy nie geakkrediteer is om die G20-vergaderings by te woon nie. Enoch Godongwana. FOTO: Bloomb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Onderhandelinge met Amerika duur voort
Ten spyte van die onlangse toename in spanning tussen Suid-Afrika en Amerika duur handelsonderhandelinge voort. Dit volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana. Amerika het geweier om die onlangse G20-vergadering in Suid-Afrika by te woon en sê ook dat hulle die land nie na volgende jaar se geleentheid sal nooi nie. Godongwana sê Suid-Afrika is besig om sy nuwe ambassadeur in Amerika aan te stel. Hy voeg by Suid-Afrika sal sy G20-deelname in 2027 hervat nadat Amerika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


Die regering kan miljarde bespaar
Die regering kan R6.7 miljard bespaar deur lae-prioriteit of onderpresterende programme oor die mediumtermyn te verwyder. Dit volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana sê die Gerigte en Verantwoordelike Besparingsinisiatief identifiseer sistematies duplisering, elimineer vermorsing én herorganiseer programme om waarde vir geld te lewer. Volgens die minister is die uitskakeling van vermorsing en ondoeltreffendheid in die regering ononderhandelbaar as hul

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Die regering moet duidelikheid gee oor belastingkrediete
Die Raad van Gesondheidsfinansiers sê hulle hoop dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, duidelikheid sal gee oor die regering se plan vir mediesefondsbelastingkrediete. Die groep vrees dat die krediete verwyder sal word om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te finansier. Godongwana sal Woensdag die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring lewer. Die Raad van Gesondheidsfinansiers vra vir duidelikheid oor die Nasionale Tesourie se planne om mediese belasting

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 12, 2025


Statistieke Suid-Afrika trek swaar
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, kan moontlik later hierdie maand onder druk wees om Statistieke Suid-Afrika uit ’n ernstige geldkrisis te red. Dit wanneer hy die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring voorlê. Statistieke Suid-Afrika se jongste jaarverslag toon dat ’n tekort aan befondsing en hoë vakaturekoerse die gehalte van nasionale data bedreig. Die organisasie sê dit sukkel met verouderde IT-stelsels, personeeltekorte en vertragings in opnames soos dié oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Immigrante is nie verantwoordelik vir SA se ekonomiese krisis nie
Immigrante is nie verantwoordelik vir Suid-Afrika se ekonomiese krisis, swak dienslewering, werkloosheid en die ineenstortende...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2, 2025
bottom of page

