top of page



'n Tuinwerker pleit hy het 'n oud-landdros van Bfn vermoor
Die tuinwerker wat daarvan beskuldig word dat hy 'n voormalige Vrystaat- en Griekwas-rugbyspeler en afgetrede landdros, Piet Bester, vermoor het, het in die hof in Bloemfontein skuldig gepleit. Netwerk24 berig aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg teen Jan Bangile Dael is teruggetrek, terwyl die aanklagte van moord, diefstal en dwarsboming van die gereg teen sy medebeskuldigde, Leticia Adams, laat vaar is. Bester is op 11 Januarie verlede jaar op sy kleinhoewe n

Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago


'n Luiperd het naby Bfn ontsnap
Inwoners van Glen naby Bloemfontein word gewaarsku dat 'n luiperd Vrydag in dié area ontsnap het. Die dier is glo tussen die Glen Landboukollege en die N1 op die R30. Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme waarsku inwoners van dié en omliggende areas om versigtig en op die uitkyk te wees. Kenners is tans besig met 'n soektog om die dier te vang en na veiligheid te bring. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 16


Bejaardes se moordenaars is die ‘verpersoonliking van boosheid’
Die twee mans wat ‘n swaar vonnis vir die moord en roof van ‘n bejaarde paartjie op ‘n plaas in die Glen-distrik, buite Bloemfontein, opgelê is – is deur die regter as ‘die verpersoonliking van boosheid’ beskryf. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring Mahau Lebeko en Motlalentoa Wolf is elk in die Bloemfonteinse Hooggeregshof tot twee lewenslange én 35 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Die twee is in 2024 jaar vir die moord op Christo e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025


Die Glen neem afskeid van ‘n vermoorde Bloemfonteinertjie
Die Glen-gemeenskap het in groot getalle by die begraafplaas byeen gekom om afskeid te neem van die vermoorde 5-jarige Bloemfonteinertjie, Onkarabetse Leeuw. Hy is die tweede kleuter in net een maand wat in die area vermoor is. Netwerk24 berig verder terwyl Onkarabetse ter ruste gelê is, het sy pa se niggie, Vuyiswa Leeuw, in die Bloemfontein landdroshof op aanklag van sy moord verskyn. Haar driejarige dogtertjie, Katleho Leeuw, was die eerste slagoffer van wat inwoners nou ‘

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


Glen-kinders: 'n Swanger vrou verskyn vir moord
'n Vrou wat vyf maande swanger is, het in die hof verskyn op aanklag van die moord op en die ontvoering van haar kleinneef, die vyfjarige Onkarabetse Leeuw. Dit kom nadat Vuyiswa Joyce Leeuw se dogtertjie, die driejarige Katleho Joy Leeuw, twee weke gelede wreed vermoor is. Netwerk24 berig Vuyiswa het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die saak is tot 20 November uitgestel, en sy bly intussen in aanhouding. Buite die hof het sy aan 'n joernalis gesê

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


Glen-kinders: Klein Onkarabetse se liggaam is gevind
Die lewelose liggaam van die vyfjarige Onkarabetse Leeu is gevind. Rosestad-nuus het vroeër berig die seuntjie is Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld. Volgens 'n polisieverklaring van luitenant-kolonel Thabo Covane is hy Woensdag onder 'n kartondoos in digte bosse by die suidelike wyke van die Glen-lokasie gekry. 'n Saak van moord en ontvoering is by die Glen-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het ook Onkarabetse se 29-jarige tannie in hegtenis geneem, en sy sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


Die vermiste Glen-seuntjie se ma glo die ontvoering is uit wraak
Die ma van die vermiste vyfjarige seuntjie van Glen buite Bloemfontein glo haar kind is deur ’n familielid uit wraak ontvoer. Dit kom nadat haar man, Kholisiwe Jonas, na bewering die driejarige Katleho Joy Leeuw verkrag en vermoor het. Die vermiste seuntjie, Onkarabetse Leeuw, is Saterdag omstreeks 16:00 laas gesien. Netwerk24 berig sy ma, Rethabile Leeuw, sê voor haar seun se verdwyning het iemand in die familie aan haar gesê dit is onregverdig dat sy nog haar twee kinders h

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025
bottom of page

