top of page

Sportnuus


SOKKER: Orbit, AmaZulu en Arrows skitter in Premierliga-naweek
Orbit College het ‘n deurslaggewende 3-1 tuisoorwinning oor Magesi behaal, terwyl AmaZulu Chippa United met 3-0 geklop het om na die sesde plek op die Betway Premierliga-tabel te klim. Polokwane City is teen Richards Bay tot ‘n 1-1 gelykopuitslag beperk en Orlando Pirates het ‘n punt teen Mamelodi Sundowns verdien in ‘n 1-1 riller by Loftus Versfeld. TS Galaxy het teruggekeer na die wenpad met ‘n 2-0 oorwinning oor Stellenbosch, terwyl Golden Arrows die naweek afgesluit het m

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


NETBAL: Victor straal van trots as SUT Sportvrou van die Jaar
Die Baba Proteas netbalster, Karla Victor, sê dat die benoeming van die 2025 Sportvrou van die Jaar by die Sentrale Universiteit van Tegnologie, ‘n trotse oomblik is wat haar toewyding en harde werk erken. Die 21-jarige het die eerbewys by die universiteit se jaarlikse sporttoekennings in Bloemfontein ontvang. Victor het die verteenwoordiging van Suid-Afrika op die wêreldtoneel as een van haar grootste prestasies beskryf en gesê dit het haar daaraan herinner dat fokus en moei

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


RUGBY: Die Springbokke wen ‘n oortuigende wedstryd teen Japan
Die Springbokke het hul einde-van-die-seisoen-toer afgeskop met ‘n oortuigende 61-7 oorwinning teen Japan in Londen. Die Bokke het agt drieë en ‘n strafdrie oorgesteek, met debutant, Zachary Porthen en Sacha Feinberg-Mngomezulu, onder die sleutelpresteerders in nat toestande. Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het hierdie wedstryd buite die internasionale venster gereël as ‘n opwarming vir die kragmeting teen ‘n Franse span wat op wraak uit is vir hul Wêreldbeker-kwartei

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


KRIEKET: Proteas Vroue maak geskiedenis in Wêreldbeker-eindstryd
Krieket Suid-Afrika het die Proteas Vroue gelukgewens met hul merkwaardige lopie na die IKR Vroue Krieket Wêreldbeker-eindstryd, waar hulle as naaswenners teen die gasheer Indië geëindig het. Dit was Suid-Afrika se eerste verskyning ooit in ‘n Wêreldbeker-eindstryd, wat ‘n veldtog gevul met rekordbrekende vertonings en onwrikbare spangees afgesluit het. Kaptein, Laura Wolvaardt, het van voor af gelei met 169-lopies en as die toernooi se voorste lopiemaker geëindig, terwyl Mar

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


GHOLF: Oosthuizen blink uit in die Hongkong-Ope
Louis Oosthuizen het sy goeie gemoed ná die Bokke se oorwinning oor Japan voortgesit deur saam derde te eindig in die Hongkong-Ope. Hy het die rondes vir ’n totaal van 261 houe afgesluit, terwyl Noord-Ierland se jong, Tom McKibbin, met 253 houe die titel ingepalm het. Die Amerikaner, Peter Uihlein, was tweede op 260 houe, met Oosthuizen, Tomoyo Ikemura en MJ Maguire saam derde op 261. Onder die ander Suid-Afrikaners was Charl Schwartzel op 265 en Ian Snyman op 273, terwyl, As

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 3, 2025


KRIEKET: Indië sal teen Suid-Afrika in die Wêreldbeker-eindstryd te staan kom
Indië het Donderdag teen die gedugte Australië die geskiedenisboeke herskryf toe hulle die verdigende kampioen met 5 paatjies geklop het en hulle plek in die Wêreldbeker-eindstryd verseker het. Indië sal nou Sondag in die eindstryd teen Suid-Afrika te staan kom. Australië, wat Donderdag die loot gewen het, was in sy kolfbeurt almal terug op die paviljoen vir 338 lopies in 49.5 boulbeurte. Indië het dié teiken met nog nege aflewerings oor, verbygesteek. Indië se 341/5 is nou o

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31, 2025


SOKKER: Banyana Banyana-afrigter Desiree Ellis het ‘n nuwe vierjaarkontrak onderteken
Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), Danny Jordaan, het aangekondig dat Banyana Banyana-afrigter Desiree Ellis ‘n nuwe vierjaarkontrak onderteken het en nou kan voorberei vir die volgende Afrika-beker van Nasies vir Vroue. Jordaan het dit gedeel tydens die Amajimbos se afskeidsgeselligheid vir die FIFA onder 17-Wêreldbeker by OR Tambo-lughawe, waar Ellis ook teenwoordig was. Banyana het gekwalifiseer vir volgende jaar se Wafcon ten spyte van Ellis se

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31, 2025


RUGBY: Jesse Kriel berei hom voor vir ‘n taai toets teen Japan Saterdag
Springbok-senter Jesse Kriel berei hom voor vir ‘n taai toets teen Japan Saterdag in Londen se Wembley-stadion. Die toets teen Japan skop Suid-Afrika se vyf weke lange November-toer af. Kriel, wat vir Japan se Canon Eagles speel, sê dat gedeelde liga-ervaring tussen sommige Suid-Afrikaanse en Japannese spelers ekstra intensiteit tot die wedstryd voeg. Die Bokke sal dan teen Frankryk, Italië, Ierland en Wallis in vier verdere toetse tydens die Castle Lager-toer te staan kom.

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31, 2025


GIMNASTIEK: Suid-Afrika se senior vroue-artistiese gimnastiekspan skitter op die internasionale verhoog
Van Suid-Afrika tot Engeland het Span SA hul pad na 'n uitstekende resultaat gebaan. Suid-Afrika se senior vroue-artistiese gimnastiekspan het met trots silwer by die gesogte Rushmoor Rose Bowl International in Engeland gewen en hul talent op die internasionale verhoog ten toon gestel. Die Rushmoor Rose Bowl is een van Brittanje se bekendste gimnastiek-uitnodigings, wat elite-gimnaste van regoor die wêreld lok. Nou in sy 44ste jaar, ontwikkel die geleentheid steeds om aan die

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


SOKKER: Marumo Gallants deur na die Carling Knockout Cup-halfeindronde
Marumo Gallants het ‘n oortuigende 4-0 oorwinning oor Stellenbosch FC Woensdagaand by die Dokter Petrus Molemela-stadion behaal en vol selfvertroue na die Carling Knockout Cup-halfeindronde deurgedring. Ten spyte daarvan dat hulle onlangs vir die CAF Konfederasiebeker gekwalifiseer het, het Stellenbosch sterk begin met vroeë dreigemente van Devin Titus en Langelihle Phili, wat albei die doel net-net gemis het. Hul gemiste geleenthede het egter duur te staan gekom toe Gallants

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


TENNIS: Sinner vaar goed in die openingswedstryd van die Paryse Meesters-toernooi
Jannik Sinner het gister sy soeke na ‘n Paryse Meesters-titel en ‘n terugkeer na wêreldnommer een afgeskop met ‘n 6-4, 6-2 oorwinning oor Zizou Bergs. Die heersende kampioen Alexander Zverev het ook deurgedring na ‘n taai driestel-wedstryd. Na wêreldnommer een Carlos Alcaraz se verrassende uitskakeling in die rondte van 32, sou Sinner se eerste ATP 1000-titel in Parys hom terug na die top stoot. Jannik Sinner. FOTO: Sky Sports

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


KRIEKET: Die Proteas-vroue vir die eerste keer tot die eindstryd van ‘n wêreldbeker-toernooi
Laura Wolvaardt het gister uitsonderlike leierskap getoon met ‘n briljante 169 toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies verpletter het om hul eerste eendagwedstryd vir vroue se wêreldbeker-eindstryd te haal. Met ‘n totaal van 319-7 het Suid-Afrika se boulers Engeland vir 194 lopies in 42.3 boulbeurte uitgehaal. Marizanne Kapp het 42 lopies bygedra, en daarna vyf paaltjies geneem vir 20 lopies. Die 35-jarige Kapp is nou met 44 paaltjies agter haar naam die voorste paaltjievraat

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


RUGBY: Williams is opgewonde om Japan by die ikoniese Wembley-stadion te trotseer
Springbok-skrumskakel Grant Williams sien gretig uit na die wedstryd teen Japan by Londen se Wembley-stadion hierdie naweek. Williams, wat gekies is om op die bank te begin, beskryf dit as ‘n eer en ‘n voorreg om die Bok-groep te haal. Die afskop is Saterdagaand om 18:10. Terwyl hy opgewonde is om vir die eerste keer by Wembley te speel, bly Williams waaksaam oor Japan se vinnige skrumskakels. Grant Williams. FOTO: SA Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


TENNIS: Nicolas Mahut neem afskeid van professionele tennis
Die Fransman Nicolas Mahut het totsiens gesê aan professionele tennis na ‘n dubbelspelnederlaag by die Parys Meesters. Die 43-jarige, met vyf Grand Slam-dubbelspeltitels oor 25 jaar, word veral onthou vir die langste wedstryd in tennisgeskiedenis teen John Isner by Wimbledon 2010. Mahut se laaste wedstryd, wat tuis saam met Grigor Dimitrov gespeel is, het Dinsdag geëindig met ‘n 6-4, 5-7, 10-4 nederlaag teen Hugo Nys en Edouard Roger-Vasselin. Nicolas Mahut. FOTO: The Times

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025


KRIEKET: George Linde is tevrede met die Proteas se vertoning by T20I
George Linde het sy tevredenheid uitgespreek nadat die Proteas gister ‘n oortuigende oorwinning van 55 lopies oor Pakistan in die eerste T20I in Rawalpindi behaal het. Ten spyte daarvan dat hulle sleutelspelers soos Aiden Markram en Ryan Rickelton gemis het, het Suid-Afrika ‘n sterk telling van 194/9 behaal. Pakistan het gesukkel om tred te hou en is almal uit vir 139. Linde, wat 3/31 geneem het, het Suid-Afrika se diepte en opwindende jong talent geprys. George Linde. FOTO:

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


ATLETIEK: Marsha Muller word die eerste SA vrou om 200 km in 24 uur te breek
Die Suid-Afrikaanse ultra-atleet Marsha Muller het haar naam in die geskiedenisboeke geplaas nadat sy 'n onvergeetlike vertoning by die IAU 24-uur Wêreldkampioenskappe in Albi, Frankryk, gelewer het. Muller het 'n verstommende 202.196 kilometer in 24 uur afgelê het. Haar merkwaardige poging het nie net die nasionale rekord gebreek nie, maar haar ook die eerste Suid-Afrikaanse vrou gemaak wat die 200 km-kerf in die uitmergelende uithouvermoë-item oortref het. Wat die prestasie

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


TENNIS: Alcaraz verloor openingswedstryd by die Paryse Meesterstoernooi
Die wêreld nommer een Carlos Alcaraz het erken dat hy glad nie ‘n verbintenis met die bal gevoel het nadat hy Dinsdag sy openingswedstryd by die Parys Meesterstoernooi verloor het nie. Hy is met 4-6, 6-3, 6-4 verslaan deur Brittanje se Cameron Norrie, wat 31ste geplaas is. Ten spyte daarvan dat hy ‘n sesmalige Grand Slam-wenner is, kon Alcaraz nog nie daarin slaag om die Parys Meesters-titel in vyf probeerslae te wen nie. Hy loop die risiko om sy top-plek te verloor as Jannik

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


RUGBY: Rassie Erasmus maak ‘n paar veranderinge vir Saterdag se wedstryd teen Japan
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ‘n paar veranderinge aan sy groep vir Saterdag se toets teen Japan by Wembley aangebring, wat die meeste spelers van die Rugbykampioenskap-groep behou het. Vars talent Zachary Porthen sal as vaskopstut debuteer. Drie spelers keer terug na die span nadat hulle vroeëre wedstryde hierdie seisoen misgeloop het. Rassie Erasmus. FOTO: The Star

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


RUGBY: SA Rugby vier nuwe SASRA-leierskap
SA Rugby se president, Mark Alexander, het die uitgaande SA Skolerugbyvereniging-leierskap bedank en die nuutverkose Uitvoerende Komitee en keurders gelukgewens, na hul algemene jaarvergadering in Durbanville. Noël Ingle se dekade-lange ampstermyn as voorsitter het geëindig, met Kervin Grove van die Westelike Provinsie wat verkies is om hom op te volg. Alexander het Ingle se nalatenskap van integriteit, passie en toewyding aan die ontwikkeling van jong rugbytalent geprys en s

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


KRIEKET: Proteas behaal sterk oorwinning oor Pakistan
Reeza Hendricks het ‘n bestendige 60 lopies van 40 balle aangeteken, ondersteun deur debutant Tony de Zorzi (33) en George Linde (36), terwyl die Proteas 194-9 in hul T20-beurt aangeteken het. Corbin Bosch het vier paaltjies geneem om Pakistan vir 139 in Rawalpindi uit te boul, wat Suid-Afrika ‘n oorwinning van 55 lopies besorg het. Hendricks en Quinton de Kock het sterk begin met ‘n openingsvennootskap van 44 lopies voordat de Kock vir 23 lopies geval het. FOTO: Wix

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


ATLETIEK: ASA-president staar skorsing in die gesig na beweerde wanbesteding
President van Atletiek Suid-Afrika, James Moloi, het tot 31 Oktober om redes te gee waarom hy nie geskors moet word nie ASA se raad het Saterdag byna tien ure lank in Kemptonpark vergader om ‘n forensiese verslag oor beweerde kredietkaartwanbesteding te bespreek. Die verslag volg ná onthullings oor aankope met ‘n ASA-kredietkaart by kitskosplekke, tavernes en selfs Foschini. As Moloi nie voldoende verduidelikings gee nie, sal hy outomaties geskors word en adjunkpresident, Joh

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2025


SWEM: Suid-Afrika se oopwater-swemmers het as die algehele topspan geseëvier
Suid-Afrika se oopwater-swemmers het dit weer gedoen! Hierdie keer het hulle die Afrika-Akwatiese Kampioenskappe in Mombasa, Kenia behoorlik laat skitter en as die algehele topspan geseëvier. Van die oomblik dat die wedrenne begin het, was dit duidelik dat Suid-Afrika gereed was om golwe te maak. Die span het oorheers in beide die junior- en senior-aflositems. Goud het gegaan aan die Junior-aflosspan, terwyl die Senior-aflosspan silwer ingepalm het ná ’n opwindende eindstryd.

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2025


SOKKER: Messi is hoopvol om Argentinië by volgende jaar se Wêreldbeker te verteenwoordig
Lionel Messi sê hy droom daarvan om Argentinië by volgende jaar se Wêreldbeker te verteenwoordig, maar sal hom slegs verbind as hy fisies gereed voel. Die 38-jarige Inter Miami-ster, wat Argentinië in 2022 tot glorie gelei het, het aan NBC News gesê hy sal sy toestand tydens die voorseisoen beoordeel voordat hy ‘n finale besluit neem. Messi het gesê hy sal graag wil help om die titel te verdedig, maar slegs as hy ten volle tot die span kan bydra. Die agtmalige Ballon d’Or-wen

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2025


KRIEKET: Die Proteas sal die voorbereidings vir volgende jaar se T20-Wêreldbeker vandag reeds begin
Die Suid-Afrikaanse kaptein, Donovan Ferreira, sê sy span sal die voorbereidings vir volgende jaar se T20-Wêreldbeker vandag reeds begin wanneer hulle ‘n reeks van drie wedstryde teen Pakistan in Rawalpindi begin. Die Proteas kort verskeie sleutelspelers, insluitend David Miller, Gerald Coetzee en Kwena Maphaka, weens beserings, terwyl ander soos Aiden Markram en Kagiso Rabada gerus is. Ferreira glo die reeks is ‘n belangrike tree na die Wêreldbeker en wil hê sy span moet ‘n

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2025
bottom of page

