top of page


Sportnuus


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights is steeds sonder ‘n oorwinning, Wêreldbeker-lokale vir volgende jaar kry ‘n R65m hupstoot en, wette oor gevaarlike duikslae is verskerp
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights het Woensdagaand hul vierde agtereenvolgende nederlaag in die YesPlay Pro20 Cup gely. Die Flexbrand Knights het 151 vir ses in hul 20 beurte aangeteken nadat Wian Ruthven ’n belangrike 73 van 42 balle geslaan het, met vyf grenshoue en vier sesse. Die Tuskers het egter die teiken met gemak bereik en 155 vir drie in net 18.2 beurte aangeteken om met sewe paaltjies te wen. Gareth Dukes was die groot uitblinker met ’n onoorwonne 82 va

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs kry ‘n Europese tuiste, Prince steun vir Verreynne vir ‘n terugkeer en, Sinner beëindig sy seisoen vroeg
Ons begin met rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs sal St Helen’s in Swansea as hul Europese tuiste gebruik vir hul twee tuiswedstryde in die 2026/27-EPCR Challenge Cup. Die Cheetahs pak die Walliese span Dragons op Sondag 13 Desember, voordat hulle op 17 Januarie die Franse Top 14-span USAP te staan kom. Die wedstryde word gespeel as deel van twee naweke van Europese rugby by St Helen’s. Die Ospreys speel die vorige dag op dieselfde stadion teen Harlequins en RC Vannes onderskeid

Saamgestel deur Leah du Preez
Oct 7


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights mik na ‘n eerste Pro20-oorwinning, SA stel belang in die 2036-Spele en, Djokovic wen ‘n rekord- sewende China Ope-tite
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights is vanaand weer in aksie in die YesPlay Pro20 Cup: Hulle pak die Tuskers om sesuur by die Mangaung Oval in Bloemfontein. Die Flexbrands Knights sal vasberade wees om hul eerste oorwinning van die kompetisie te behaal nadat hulle al drie hul vorige wedstryde verloor het. Hul laaste wedstryd het in ’n swaar nederlaag geëindig toe die Titans hulle verlede Vrydag met 124 lopies geklop het. Die Titans het 267 vir drie aangeteken, met L

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 7


MIDDAG SPORT: ClearScore gaan 'n vennootskap met KSA aan, Medvedev is gediskwalifiseer en, Zidane begin sy bewind as Frankryk-afrigter onoorwonne
Ons begin met krieket: Krieket Suid-Afrika (KSA) het ClearScore verwelkom as sy amptelike vennoot vir 'n markplein vir kredietprodukte, ingevolge 'n meerjarige ooreenkoms wat beide die Protea-mans- en -vrouespanne insluit. ClearScore se handelsmerk sal op die mou van die Proteas se Toetshemp verskyn, en die vennootskap sal die spel se langste formaat ondersteun. KSA sê die ooreenkoms sal ook voorsiening maak vir belegging in sy Black Batters-program, met die uitvoerende hoof,

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 6


OGGEND SPORT: Green se toetsdeelname teen die Proteas is onseker, Messi maak sy laaste verskyning vir Argentinië en, Djokovic behou sy wenreek
Ons begin met krieket: Australië se veelsydige speler Cameron Green kan die eerste toets teen die Proteas misloop nadat hy ’n abdominale besering opgedoen het. Green het nie aan Australië se tweedaagse opwarmingswedstryd in Potchefstroom deelgeneem nie nadat hy tydens die derde eendagwedstryd teen Suid-Afrika beseer is. Die Daily Telegraph berig Cooper Connolly en die nuut-opgeroepte Nic Maddinson is moontlike plaasvervangers indien Green nie betyds herstel nie. Marnus Labusc

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 6


OGGEND SPORT: Green se toetsdeelname teen die Proteas is onseker, Messi maak sy laaste verskyning vir Argentinië en, Djokovic behou sy wenreek
Ons begin met krieket: Australië se veelsydige speler Cameron Green kan die eerste toets teen die Proteas misloop nadat hy ’n abdominale besering opgedoen het. Green het nie aan Australië se tweedaagse opwarmingswedstryd in Potchefstroom deelgeneem nie nadat hy tydens die derde eendagwedstryd teen Suid-Afrika beseer is. Die Daily Telegraph berig Cooper Connolly en die nuut-opgeroepte Nic Maddinson is moontlike plaasvervangers indien Green nie betyds herstel nie. Marnus Labusc

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 6


MIDDAG SPORT: Nortjé mik weer na ‘n Proteas toets, die Sharks klop vir Leinster en, Ronaldo kan na Portugal terugkeer
Ons begin met krieket: Anrich Nortjé kan Vrydag vir die eerste keer in meer as drie jaar weer in ’n toetswedstryd vir die Proteas uitdraf. Nortjé is in Suid-Afrika se voorlopige 18-man-groep vir die eerste toets teen Australië ingesluit en het sedert 2023 nie weer toetskrieket gespeel nie. Die 32-jarige snelbouler het die afgelope paar jaar hoofsaaklik in T20-krieket gespeel nadat hy met rug- en heupbeserings gesukkel het. Nortjé sê hy het doelbewus daaraan gewerk om sy rooi-

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 5


OGGEND SPORT: Black Lion klop die Cheetahs in Tbilisi, die Springbokvroue sluit hul toer onoorwonne af en Australië slyp hul spel in Potchefstroom
Ons begin met rugby: Die Toyota Cheetahs het hul Toyota Challenge-veldtog in Tbilisi met ’n 36-25-nederlaag teen Black Lion afgesluit. Volgens die Toyota Cheetahs se amptelike wedstrydblad het Black Lion die wedstryd Sondag in Tbilisi met 36-25 gewen. Die Cheetahs het hul toer met ’n 38-26-oorwinning oor Lusitanos begin, maar daarna met 22-19 teen die Iberians verloor. Die nederlaag teen Black Lion beteken dus dat die Vrystaters die Tbilisi-been van die Toyota Challenge met e

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 5


KRIEKET: Die Flexbrands Knights is swaar geklop nadat ‘n wêreldrekord opgestel is
Die Flexbrands Knights is Vrydagaand met 124 lopies deur die Momentum Multiply Titans in die YesPlay Pro20-beker op die Mangaung Oval in Bloemfontein geklop. Die Titans het eerste gekolf en 267 vir drie in hul 20 beurte aangeteken, met Lhuan-dre Pretorius wat ’n wêreldrekord van 188 onoorwonne lopies van net 79 balle gemoker het. Volgens SuperSport het Pretorius daarmee Chris Gayle se vorige rekord van 175 lopies vir die hoogste individuele telling in T20-krieket verbeter. Hy

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


MIDDAG SPORT: Rabada is ‘n sleutelfiguur in die Proteas se snelboul-aanval, die Flexbrands Knights pak die Titans en, die Cheetahs berei voor vir hul slotwedstryd in Georgia
Ons begin met krieket: Die Proteas en Australië begin volgende Vrydag hul toetsreeks in Durban, waar verwag word dat snelboulwerk 'n groot rol sal speel, ten spyte van die fokus op die toestande en die moontlike invloed van draaiboulwerk. Rabada het die onlangse eendagreeks misgeloop nadat hy een van vier boulers was wat deur dyspierbeserings geraak is, maar hy werk hard daaraan om betyds fiks te wees vir die openingstoets op Kingsmead. Kaptein, Temba Bavuma, sê Rabada se tee

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 2


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights pak die Titans, die Proteas speel in die openingswedstryd van die Wêreldbeker en, Portugal skitter sonder Ronaldo
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights soek Vrydagaand in Bloemfontein hul eerste oorwinning in die Pro20-beker wanneer hulle die Momentum Multiply Titans op die Mangaung Oval pak. Die wedstryd begin om 18:00. Die Flexbrands Knights het hul eerste twee wedstryde verloor, teen die Cobras en Boland, en is tans onderaan Poel A sonder ’n punt. Die Titans is bo-aan die poel met twee oorwinnings uit twee wedstryde en nege punte. Volgens Cricket World is George van Heerden ta

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 2


MIDDAG SPORT: De Zorzi se besering oorskadu die Proteas se voorbereiding, die Lions behou vir Smith en, Ronaldo verlaat Portugal se kamp
Ons begin met krieket: Die moontlikheid dat Tony de Zorzi se dyspierbesering hom uit die eerste toets teen Australië kan hou, is ’n groter bekommernis vir die Proteas as hul nederlaag in die derde eendagwedstryd in Potchefstroom. Australië het met 45 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode gewen nadat hulle 322-9 aangeteken het, terwyl Suid-Afrika op 145-4 was toe reën die spel ná 28 beurte beëindig het. Mitchell Marsh en Alex Carey het met belangrike bydraes die Aust

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 1


OGGEND SPORT: Australië klop vir SA in ‘n reëngeteisterde derde ODI, Die Flexbrands Knights mik na ‘n eerste Pro20-oorwinning en, die Sharks is gereed vir ‘n groot toets
Ons begin met krieket: Australië het Suid-Afrika se kans om skoonskip te maak in die eendag-reeks beëindig nadat die besoekers die derde en laaste wedstryd in Potchefstroom met 45 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode gewen het. The Guardian berig Australië het 322 vir nege aangeteken, met Alex Carey wat 74 lopies geslaan het en Mitch Marsh 56. Suid-Afrika se jaagtog is weens reën tot 28 boulbeurte beperk, met die Proteas op 145 vir vier toe die wedstryd beëindig is

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 1


MIDDAG SPORT: Faf De Klerk kry ‘n Springbok-herroep, Eala verkies Asiatiese Spele-goud bo die China-ope en, Man City is skuldig bevind aan finansiële oortredings
Ons begin met rugby-nuus: Springbok-skrumskakel Faf de Klerk, wat nou vir die Toyota Cheetahs in Bloemfontein speel, is terug in Rassie Erasmus se Springbokgroep. Die 34-jarige De Klerk het in Junie vanjaar ná vier seisoene in Japan na Suid-Afrika teruggekeer en ’n tweejaarkontrak met die Cheetahs onderteken. Die tweemalige Wêreldbekerwenner het hom vinnig by die Cheetahs onderskei en was onder meer man van die wedstryd in sy Curriebeker-debuut teen die Leeus. Hy het ook ’n b

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 30


OGGEND SPORT: Boland klop die Flexbrands Knights, die Protea Warriors behou die Afrika Beker-titel en, Alonso verbind hom tot Aston Martin vir 2027
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Flexbrands Knights het Dinsdagaand met vyf paaltjies teen Boland verloor in die Pro20-beker by Boland Park in die Paarl. Sports24 berig die Knights het eerste gekolf en 160 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. Cole Abrahams was hul voorste kolwer met 66 lopies van 50 balle, terwyl George van Heerden 53 van 42 balle bygedra het. Boland het die teiken egter met die laaste bal van hul beurt bereik en op 161 vir vyf geëindig. Gavin Kaplan he

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 30


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs verloor teen die Iberians in Tbilisi, Miller se Pienkdag-honderd is spesiaal vir sy ma en, Manchester City wag op ‘n uitspraak in die Premierliga-saak
In ruby-nuus: Die Toyota Cheetahs het Dinsdag teen die Iberians van Spanje met ‘n telling van 22-19 verloor in hul tweede wedstryd van die Toyota Challenge se Tbilisi-beker. Rugby Mag berig die Iberians het rustyd met 19-7 voorgeloop, maar die Cheetahs het sterk teruggeveg. Ntokozo Makhaza het twee drieë gedruk, met sy tweede drie se doelskop wat die telling sewe minute voor die einde op 19-19 gebring het. Die Iberians het egter in die laaste minuut ’n strafskop gekry, wat Ag

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 29


OGGEND SPORT: Davis maak ‘n emosionele terugkeer vir die Cheetahs, Ackerman is vir die eerste keer gekies en, Zverev beklink ‘n rekord-sesde Laver-beker
Ons skop af met rugby-nuus: Die veelsydige Cheetahs-voorspeler, Aidon Davis, maak Dinsdag in Tbilisi sy terugkeer teen Iberians nadat hy weens twee kankerdiagnoses die afgelope twee jaar nie vir die span gespeel het nie. Davis, wat Hodgkin-B-sel-limfoom en later nie-Hodgkin-limfoom gehad het en bestraling en chemoterapie ondergaan het, sê hy is dankbaar teenoor God dat hy weer kan speel. Daniel Maartens skuif na binnesenter vir die Cheetahs, met Ethan Wentzel en Erich Visser

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 29


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs mik op nog ’n oorwinning in Tbilisi, Bavuma en Miller help die Proteas en, Agassi vra vir ‘n behoorlike buiteseisoen
Ons begin met rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs pak Dinsdag die Iberians van Spanje in die tweede wedstryd van hul Tbilisi-beker-veldtog in die Toyota Challenge. Die wedstryd begin om 12:00 Suid-Afrikaanse tyd in Tbilisi. Die Cheetahs sal met heelwat selfvertroue die wedstryd aanpak nadat hulle Donderdag hul eerste wedstryd in Georgia met 38-26 teen die Lusitanos van Portugal gewen het. Die spanne was rustyd 21-21 gelykop voordat die Cheetahs in die tweede helfte beheer oorgene

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 28


OGGEND SPORT: Erasmus en Esterhuizen aanvaar skuld vir die Springbokke se nederlaag, die Springbok-vroue herstel met ‘n historiese oorwinning en, die Pro20-beker lewer drie opwindende wedstryde op
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus en kaptein Andre Esterhuizen, het volle verantwoordelikheid aanvaar nadat die Bokke met 42-38 teen Australië by die Optus-stadion in Perth verloor het. Erasmus sê tegniese probleme met die stadionhorlosie het nie die uitslag beïnvloed nie, maar erken dat sy span nie goed genoeg gespeel het om die sterker span op die aand te klop nie. Esterhuizen sê die Springbokke moes nooit met 25 punte agtergeraak het nie, h

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 28


MIDDAG SPORT: Mallett beskryf die Springbokspan as ’n ‘ongewone keuse’, Die Knights pak die Cobras in die Pro20-beker, en Rodrigues mik vir ‘n Olimpiese skaatsplank-kwalifikasie
In rugby: Die voormalige Springbok-afrigter Nick Mallett het die Springbokke se beginspan vir Sondag se toets teen Australië in Perth as ’n “ongewone keuse” beskryf, nadat Rassie Erasmus 13 veranderinge aan sy span aangebring het. Planet Rugby berig Erasmus het die veranderinge gemaak aan die beginspan wat twee weke gelede teen die All Blacks in Baltimore in die laaste toets van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks gespeel het. Ervare slot Eben Etzebeth en die jong linker-vleue

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 25


OGGEND SPORT: Die Protea-draaiers lei ‘n herlewing teen Australië, die Knights pak die Cobras en, die Cheetahs klop vir die Lusitanos
Ons slaan af met krieket-nuus: Suid-Afrika het teruggeveg ná Australië se blitsige begin in hul jaagtog na die teiken en die eerste eendagwedstryd op Kingsmead met 67 lopies gewen, nadat Matthew Breetzke se 112 en Marco Jansen se 75 lopies die Proteas gehelp het om ‘n totaal van 297-8 aan te teken. Australië het vinnig tot 129-1 gevorder nadat kaptein Mitch Marsh 60 lopies van 36 balle geslaan het, maar Keshav Maharaj en Bjorn Fortuin het die wedstryd laat kantel toe die bes

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 25


OGGEND SPORT: Esterhuizen lei vernude Bokke as die kaptein, Malinga sê die Springbok-vroue mik na herstel en, Rabada is op koers
In rugby-nuus: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het 13 veranderinge aan sy beginspan aangebring vir Saterdag se eenmalige toetswedstryd teen Australië in Perth, met slegs Eben Etzebeth en Ethan Hooker wat hul plekke behou na die oorwinning oor Nieu-Seeland. Andre Esterhuizen sal Suid-Afrika vir die eerste keer as kaptein lei, terwyl Jasper Wiese sy 50ste toetswedstryd vanaf die plaasvervangersbank sal speel en Handré Pollard keer terug na ‘n besering en vorm ‘n nuwe skakelpa

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 23


RUGBY: VRK-skeidsregters plaas groter fokus op veiligheid en kommunikasie
Die Verenigde Rugby Kampioenskap se hoof van wedstrydbeamptes, Tappe Henning, sê skeidsregters sal hierdie seisoen Wêreldrugby se vier spelfilosofieë ten volle ondersteun, met spelersveiligheid wat die topprioriteit bly, tesame met die omarming van die wedstryd, die bevordering van kontinuïteit en die verbetering van die ervaring vir ondersteuners. Henning sê die ondersteuner-gefokusde benadering sal nie skeidsregters insluit wat persoonlike interaksie soek nie, maar eerder d

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 22


RUGBY: Vroueklubkampioenskap sorg vir opwindende openingsdag
Die tweede jaarlikse Betway-vroueklubkampioenskap het in Ekurhuleni afgeskop, met die verdedigende kampioene KWARU, asook Walker Babes, Pirates en Harlequins, wat ná agt wedstryde op die openingsdag deurgedring het na môre se halfeindstryde in die Premierafdeling. In die Premierafdeling het KWARU vir DUT met 29-5 geklop, Walker Babes het Mqanduli Sharks met 38-5 verslaan, Pirates het Busy Bees met 24-10 uitoorlê en Harlequins het Collegians Valkyries met 29-20 geklop. In die

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 22
bottom of page



