top of page


Sportnuus


MIDDAG SPORT: Reinach keer terug na die Bokke, SA o.19-vroue neem ‘n vroeë voorsprong en Engeland jaag hul eerste eindstryd in 60 jaar
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-skrumskakel, Cobus Reinach, is gereed vir sy eerste begin sedert hy herstel het van ‘n liesoperasie en ‘n ernstige kniebesering wanneer Suid-Afrika teen Wallis in Saterdag se Nasieskampioenskap-wedstryd te staan kom. Die 36-jarige het kommer oor sy ouderdom wat sy pas beïnvloed, van die hand gewys en sê dat die heropbou van selfvertroue na sy beserings sy hoofprioriteit was, terwyl hy ook waardevolle ervaring saam met die debutant-lossk

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 15


OGGEND SPORT: De Klerk is gereed vir sy Curriebeker-buiging, Pogacar versterk sy greep op die Tour de France en Spanje behaal die sokker Wêreldbeker-eindstryd
Ons skop af met rugby-nuus: Faf de Klerk sal Sondag sy Curriebeker-buiging vir die Cheetahs teen die Leeus in Bloemfontein maak nadat hy met ’n ligte heupbesering gesukkel het, met die span wat Woensdag aangekondig word. Frans Steyn sê die Cheetahs beskik oor verskeie opsies op losskakel, terwyl Tiaan Swanepoel weens ’n besering nie vir die openingswedstryd oorweeg sal word nie. Steyn verwag ’n uiters mededingende Curriebeker-reeks en meen al die spanne het deeglik beplan, te

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 15


MIDDAG SPORT: Hoë-intensiteit-oefening stoot die Springbok-standaarde op, Oosthuizen se onttrekking skep nuwe geleentheid en Spanje en Frankryk speel in die 'eindstryd-voor-die-eindstryd'
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê die span se oefensessies word nou teen ‘n intensiteit uitgevoer wat dié van ‘n toetswedstryd nader, om ervare spelers te evalueer en nuwelinge vir die eise van internasionale rugby voor te berei. Hy glo dat die intensiteitsvlak sal bepaal of senior spelers steeds op die vereiste standaard kan presteer, terwyl dit jonger spelers die beste moontlike voorbereiding bied voordat hulle hul toetsdebuut maak. Erasmus

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 14


OGGEND SPORT: Die Juniorbokke dring deur tot nog ‘n wêreldkampioenskap-eindstryd, nuwelinge kry Springbok-oproepe en Wimbledon sorg vir ranglysskommelinge
# Ons skop af met rugby-nuus: Die Junior Springbokke het hul tweede agtereenvolgende eindstryd van die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap gehaal, nadat hulle ná ‘n agterstand van agt punte teen rustyd teruggeveg het om Engeland met 53-37 in hul halfeindstryd in Tbilisi te klop. Afrigter Kevin Foote het sy span se volwassenheid, veerkragtigheid en kalmte geprys en sê die spelers het ná rustyd by hul strukture gebly, hul balbesit beter behou en ‘n uitstekende vertoning in die tw

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 14


MIDDAG SPORT: Die Junior Bokke maak veranderinge, Buttler skitter terwyl Engeland skoonskip maak en dit is Frankryk en Spanje se beurt in Wêreldbeker sokker
In rugby-nuus: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het vier veranderinge aan sy beginspan aangebring vir Maandagaand se halfeindstryd in die Onder-20 Wêreldrugby-kampioenskap teen Engeland in Tbilisi. Kebotile Maake, Luke Cannon, Markus Muller en Luan Giliomee word almal in die beginspan ingesluit, terwyl Foote ’n ses-twee-verdeling op die bank gekies het om die verwagte fisieke stryd die hoof te bied. Foote sê die ekstra rusdag ná die groepfase het die span in staat

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 13


OGGEND SPORT: Erasmus is verlig dat die Springbokke tydens hul oorwinning kon leer, Sinner en Nosková seevier by Wimbledon en Argentinië pak vir Engeland in die Wêrledbeker sokker halfeindronde
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hy is verlig dat sy span kon leer tydens hul oorwinning, nadat ‘n aansienlik gewysigde Springbokspan Skotland met 42-28 op Loftus Versfeld geklop het. Erasmus sê die wedstryd was ‘n waardevolle toets vir ‘n groep wat 12 spelers met minder as 10 toetswedstryde agter die blad ingesluit het. Intussen glo die Springbokvroue-afrigter, Swys de Bruin, dat sy span beduidende vordering gemaak het nadat hulle die re

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 13


MIDDAG SPORT: Die stryd om halfeindplekke in die Curriebeker kom tot ‘n ontknoping, vriendinne is gereed vir die Wimbledon-eindstryd en Spanje en België kom teen mekaar te staan
In rugby-nuus: Die stryd om die vier plekke in die halfeindronde van die Carling Curriebeker-eersteafdeling word Saterdag beslis, met vyf van die ses spanne wat nog in die wedloop is. Intussen het die onoorwonne Dotsure SWD Eagles reeds ‘n plek in die uitspeelwedstryde én die eerste plek op die punteleer verseker. In die tweede plek benodig die Oostelike Provinsie slegs een ligapunt om hul plek in die halfeindronde te beklink, terwyl die Griffons teen die Valke te staan kom

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 10


OGGEND SPORT: Erasmus bereik ‘n historiese afrigtingsmylpaal, Brook en Salt help vir Engeland na ‘n reeks-oorwinning en Mbappe inspireer vir Frankryk tot ‘n halfeindronde
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, maak Saterdag geskiedenis wanneer hy vir die rekord-55ste keer as hoofafrigter aan die stuur van die Springbokke staan en sodoende Jake White se vorige rekord van 54 wedstryde verbeter. Erasmus was reeds in verskeie hoedanighede by 94 Springbok-wedstryde betrokke en het Suid-Afrika na ‘n wenpersentasie van 85-komma-sewe persent gelei. SA Rugby se president, Mark Alexander en uitvoerende hoof Rian Oberholzer

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 10


MIDDAG SPORT: Die Bokke is gereed vir hul Skotland-uitdaging, Williams mik na beter voorbereiding vir die Amerikaanse Ope en die laaste agt in die sokker Wêreldbeker spook dinge nou uit
In rugby-nuus: Die Springbokke het ’n jong en minder ervare span aangewys vir Saterdag se Nasieskampioenskap-toetswedstryd teen Skotland op Loftus Versfeld. Afrigter, Rassie Erasmus, sê die keuse is lank vooruit beplan en daarop gemik om minder-ervare spelers die geleentheid te gee om te bewys dat hulle kan presteer wanneer dit saak maak, terwyl hy aandring dat hulle die taak kan uitvoer. Vleuel, Canan Moodie, glo die span se deeglike voorbereiding en vertroue in die afrigtin

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 9


OGGEND SPORT: Die Junior Bokke is gereed vir hul Engeland-kragmeting, Zverev haal sy eerste Wimbledon-halfeindstryd en die oorblywende Wêreldbeker-spanne vat ‘n rusdag
In rugby-nuus: Die Junior Springbok-hulpafrigter, Lumumba Currie, sê daar is nog baie om te verbeter voor Maandag se halfeindstryd teen Engeland in Tbilisi, nadat die span onoorwonne bo-aan Groep A by die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap geëindig het. Die verdedigende kampioene het maksimum punte behaal met oorwinnings oor Uruguay, Georgië en Wallis, terwyl Currie die oorheersing van die voorspelers, verbeterde verdediging en die span se veerkragtigheid geprys het. Engeland

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 9


MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue is vol vertroue, MacGill se appèl teen sy skuldigbevinding het misluk en Switserland haal hul eerste kwarteindstryd sedert 1954
In rugby-nuus: Die Springbok-vroue se hulpafrigter, Laurian Johannes-Haupt, glo dat die ervaring wat by Loftus Versfeld opgedoen is die span ekstra vertroue sal gee vir Saterdag se tweede toets teen die VSA. Sy sê baie spelers is vertroud met Loftus danksy hul betrokkenheid by die Bulls Daisies, en waardevolle lesse is geleer uit verlede jaar se toets teen Kanada op dié veld. Johannes-Haupt het ook bevestig dat die veelsydige agterspeler, Byrhandré Dolf, die wedstryd sal mis

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 8


OGGEND SPORT: Die Juniorbokke dring deur na die halfeindronde, Djokovic reël ‘n reuse-halfeindstryd en Messi lei vir Argentinië na ‘n naelbyt-oorwinning
In rugby-nuus: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het sy span se karakter geprys nadat hulle van ‘n agterstand van 14-0 teruggeveg het, om Wallis met 52-33 te klop in hul laaste groepwedstryd van die Onder-20 Wêreldrugby-kampioenskap in Georgië. Suid-Afrika het boaan Groep A geëindig met ‘n maksimum van 15 punte ná drie oorwinnings met bonuspunte, terwyl Wallis tweede geëindig het en Nieu-Seeland, Engeland en Frankryk ook tot die laaste vier deurgedring het. Foote sê

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 8


MIDDAG SPORT: Kapp blink uit in die Wêreldbeker krieket-span, bekendes dring deur in Wimbledon en België beindig die VS se sokker-veldtog
In krieket-nuus: Marizanne Kapp is die enigste Protea wat in die Internasionale Krieketraad se T20-Wêreldbeker-span van die toernooi opgeneem is. Kapp se veelsydige vertonings het Suid-Afrika gehelp om vir ’n vierde agtereenvolgende T20-Wêreldbeker-halfeindstryd te kwalifiseer, voordat Engeland hulle op The Oval uitgeskakel het. Die 36-jarige het ’n onoorwonne 81 teen Indië aangeteken en agt paaltjies in die toernooi geneem, insluitend syfers van 3-23 teen Pakistan. Vier Aust

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 7


OGGEND SPORT: Daar is ‘n hupstoot vir die Springbokke se beseringsituasie voor hul All Blacks-toer, Ngarava lei vir Zimbabwe na ‘n wenbegin en Ronaldo se Wêreldbeker-drome is aan’t skerwe
In rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het bevestig dat daar verwag word dat Ox Nche fiks sal wees vir die Greatest Rivalry-toer teen Nieu-Seeland, nadat vrese oor ‘n ernstige kniebesering besweer is. Nche sal na verwagting betyds herstel, tesame met Sacha Feinberg-Mngomezulu en Morne van den Berg, terwyl Siya Kolisi ook op koers is om van ‘n dyspierbesering te herstel vir volgende week se kragmeting teen Wallis. Eben Etzebeth sal bykomende tyd gegun word om v

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 7


MIDDAG SPORT: Die Eagles versterk hul aanspraak op ‘n halfeindstrydplek, dramatiese gholf-eindstryde lewer drie kampioene op en Marokko se sokkerspan is deur na die kwarteindronde
In rugby-nuus: Die Dotsure SWD Eagles het hul greep op die eerste plek in die Carling Currie-beker se Eerste Divisie verstewig met ‘n oortuigende oorwinning van 87-17 oor die Border Bulldogs in George, terwyl Oostelike Provinsie hul hoop op ‘n halfeindstrydplek laat opflikker het, met ‘n sege van 22-12 oor die Griffons in Gqeberha. Die Luiperds het hul skraal hoop op uitspeelwedstryde lewend gehou deur die Valke met 48-45 te klop in ‘n opwindende wedstryd in Potchefstroom, me

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 6


OGGEND SPORT: Die Springbokke en die Springbokvroue bou voort op ‘n wenbegin, Australië wen hul sewende T20-wêreldbekertitel en, Sinner en Djokovic is op koers
In rugby-nuus: Die Springbokke het ‘n oortuigende oorwinning van 45-21 teen Engeland behaal, terwyl afrigter, Rassie Erasmus, die span se reaksie op die laat onttrekkings van Siya Kolisi en Eben Etzebeth geprys het. Erasmus sê die noodgedwonge veranderinge het die groep se diepte met die oog op volgende jaar se Rugbywêreldbeker beklemtoon, met Pieter-Steph du Toit wat uitstekend gevaar het as kaptein en slot. Na verwagting sal Ox Nche die naweek se kragmeting teen Skotland mi

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 6


MIDDAG SPORT: SA gholfers deel die voorsprong in Duitsland, Swiatek dring deur tot Wimbledon se derde ronde en Portugal seevier soos Ronaldo verder geskiedenis maak
In gholf-nuus: Suid-Afrika se Jayden Schaper en Hennie du Plessis deel die voorsprong nadat albei foutlose openingsrondes van agt onder syfer 64, by die BMW Internasionale Ope in Duitsland gelewer het. Du Plessis het Schaper se telling geëwenaar met ‘n ronde wat ses voëltjies en ‘n arend ingesluit het, wat die goeie vorm voortsit wat hom op koers geplaas het vir sy beste DP Wêreldtoer-seisoen. Albei Suid-Afrikaners het hul tevredenheid met hul vertonings uitgespreek, met Scha

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 3


OGGEND SPORT: Engeland beëindig die Proteas se Wêreldbeker-hoop, die Junior-Bokke bly nederig en Bafana Bafana keer as helde huis toe
Ons begin met krieket-nuus: Die Protea-vroue het ‘n nederlaag van 40 lopies teen die gasheer, Engeland, in hul IKR-T20-wêreldbeker-halfeindstryd by The Oval gely, nadat hulle nie daarin kon slaag om die teiken van 170 lopies te bereik nie. Suid-Afrika het uitstekend begin nadat hulle besluit het om eerste te boul, met Marizanne Kapp en Shabnim Ismail wat Engeland tot 23-3 laat wankel het, maar Nat Sciver-Brunt se 75 lopies en Heather Knight se 58 het die tuisspan gehelp om ‘n

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 3


MIDDAG SPORT: Sciver-Brunt is gereed vir hul Proteas-halfeindstryd, Erasmus bly kalm oor sy slot en Engeland haal in teen die DRK
In krieket-nuus: Engeland se kaptein, Nat Sciver-Brunt, sê sy het elke moontlike herstelmetode gebruik om ‘n kuitbesering te oorkom en is vol vertroue dat sy ten volle fiks is om teen Suid-Afrika in Donderdag se T20-wêreldbekerhalfeindstryd te speel. Die veelsydige speler sê die keuse van die span sal moeilik wees, aangesien Sophia Dunkley beïndruk het tydens haar tyd in die span, maar sy voeg by dat Engeland se diepte van talent die span se gehalte weerspieël, selfs al sou i

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 2


OGGEND SPORT: Die Proteas-vroue aanvaar die rol as buiteperde, Djokovic skitter en vier sterf tydens vieringe in Meksikostad
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Protea-vroue kaptein, Laura Wolvaardt, glo die druk sal op die gasheerland, Engeland, rus wanneer die spanne in die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd kragte meet, by ‘n uitverkoopte skare by The Oval wat die tuisspan sal steun. Wolvaardt is vol vertroue dat Suid-Afrika weer vir Engeland kan verras, aangesien hulle die span reeds in die halfeindstryde van die 2023 T20-Wêreldbeker en die 2025 Eendag Internasionale Wedstryd-Wêreldbeker geklop het.

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 2


MIDDAG SPORT: Die Junior Bokke fokus op kliniese spel, Zverev oorleef terwyl Wimbledon drama lewer, en Frankryk het die besit beheer in hul kragmeting teen Swede
In rugby-nuus: Met die Junior Springbokke se tweede wedstryd van die Wêreldkampioenskap om die draai, is die Suid-Afrikaners oorgehaal om selfs meer kliniese spel op te dis as in hul vorige wedstryd teen Uruguay. Die jong Bokke speel Donderdag om 18:30 teen die gasheerland Georgia in Tbilisi. Maroela Media berig die o. 20’s se hoofafrigter, Kevin Foote, sê die spelers van Georgia is altyd fisieke teenstanders. Hy sê die span het al ʼn paar keer vanjaar teen hulle gespeel en we

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 1


OGGEND SPORT: Kapp is vol vertroue oor die Proteas, die Bok-vroue mik na sterk verdediging en Broos heroorweeg sy toekoms by Bafana
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Protea-vroue se veelsydige speler, Marizanne Kapp, glo dat Suid-Afrika slegs teen ongeveer 60 persent van hul potensiaal by die T20-Wêreldbeker presteer het en hoop dat die span hul beste krieket in môre se halfeindstryd teen Engeland sal lewer. Kapp sê die groep het hard gewerk dwarsdeur die toernooi en is bemoedig dat verskeie spelers steeds in staat is om ‘n beduidende impak in die uitklopfases te maak. Sy het bygevoeg dat hoewel Suid-Afr

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 1


MIDDAG SPORT: Louw verdien sy Springbok-oproep, die Bok-vroue is gereed vir hul VSA-uitdaging en Japan se afrigter staan bankvas agter sy span
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-losvoorspeler, Elrigh Louw, is opgeroep vir die nasionale groep vir die Nasieskampioenskap om addisionele voorspeler-dekking te bied en sal by die span in Johannesburg aansluit. Louw het nie vir die Springbokke gespeel sedert hulle Wallis in November 2024 teëgekom het nie, nadat hy ‘n groot deel van die 2025-seisoen van ‘n ernstige kniebesering herstel het. Sy indrukwekkende terugkeer vir die Vodacom Bulls het hom ‘n plek by die...

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 30


OGGEND SPORT: Ervare Bokke keer terug vir hul Engeland-toets, Sinner sukkel deur ‘n besering en Marokko behaal 'n strafdoel-oorwinning oor Nederland
Ons begin met rugby-nuus: Afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n sterk Springbok-span vir Saterdag se openingstoets van die Nasieskampioenskap teen Engeland by Ellis Park aangewys, terwyl hy ‘n tradisionele vyf-drie-verdeling op die bank gekies het eerder as die ses-twee-kombinasie wat voorheen gebruik is. Verskeie ervare spelers soos Damian Willemse, Damian de Allende, Eben Etzebeth, Malcolm Marx en Kurt-Lee Arendse is by die beginspan gevoeg. Grant Williams en Ruan Nortje keer oo

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 30
bottom of page
