top of page


Sportnuus


OGGEND SPORT: Maharaj se weglating is 'n moeilike besluit, Sabbatini en Germishuys blink uit en, Kane beëindig Engeland se 25-jarige wag vir die Ballon d’Or
Ons begin met krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, sê dat die weglating van Keshav Maharaj uit die derde toets teen Australië op Nuweland een van sy moeilikste keusebesluite was, met Simon Harmer wat weer bo hom verkies is as die hoofdraaibouler. Harmer se vermoë om die bal weg te laat draai van Australië se talle linker-kolwers, sy waardevolle bydrae met die kolf en sy glipveldwerk het in sy guns getel. Bavuma het Maharaj se gesindheid om die span eerste te stel geprys

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 27


MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue moet terugslaan, die Boland klop die Titans ná twee Super Overs en, Antonelli is nader aan ‘n geskiedkundige F1-titel
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-vroue sal volgende Saterdag opnuut teen Ierland moet uithaal nadat hulle Saterdag met 40–27 in die eerste toets van hul WXV Global Series-reeks in Kaapstad verloor het. Ierland het ses drieë teen Suid-Afrika se vyf gedruk en rustyd met 21–17 voorgeloop. Die Suid-Afrikaners het goeie aanvalle opgelewer, maar foute op kritieke oomblikke en verdedigingsgapings het hulle duur te staan gekom. Volgens SA Rugby het Ierland se ervaring en ver

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 26


OGGEND SPORT: Die Proteas en Australië se reeksbeslissing is eersdaags op Nuweland, die Knights sluit hul groepfase met ‘n oorwinning af en, Man City verloor maar bly boaan die Premierliga-punteleer
Ons begin met krieket: Die Proteas en Australië se toetsreeks word Dinsdag op Nuweland in Kaapstad beslis, met die reeks tans op een oorwinning elk. Suid-Afrika het verlede Donderdag ’n merkwaardige terugvegpoging beklink toe hulle Australië in die tweede toets in Gqeberha met ’n beurt en 31 lopies geklop het. Kaptein Temba Bavuma was die groot uitblinker met 179 lopies nadat Suid-Afrika op ’n stadium tot 110 vir ses paaltjies beperk was. Marco Jansen het 85 lopies bygedra, t

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 26


MIDDAG SPORT: Die Sharks en die Lions staan voor deurslaggewende wegwedstryde, die Flexbrands Knights hoop om momentum te hou en, Hamilton se droom van 'n Afrika-Grand Prix kan sy loopbaan verleng
Ons skop af met rugby-nuus: Vier Suid-Afrikaanse spanne beklee tans plekke in die top-sewe van die Vodacom Verenigde Rugby Kampioenskap, met die dat al vier vir die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis die uitspeelplekke in die top-agt kan haal. Die Hollywoodbets Sharks het ’n uitdagende taak teen Cardiff, terwyl die 10Bet Lions wat tans boaan die punteleer staan na Edinburgh reis. Die Vodacom Bulls en DHL Stormers geniet intussen tuisvoordeel in die volgende twee r

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 23


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights hoop om tuis momentum te hou, die Proteas skakel vir Australië uit en, die Springbokvroue is gereed vir ‘n onbekende uitdaging
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights hoop om hul onlangse oorwinning in die Pro20-bekerkompetisie in verdere sukses om te skakel wanneer hulle Saterdag in Bloemfontein teen die Mpumalanga Rhinos speel. Die Flexbrands Knights het hul eerste oorwinning van die seisoen behaal toe hulle Suid-Afrika Emerging met 54 lopies geklop het. Die span het 206 vir ses aangeteken, voordat hulle hul teenstanders tot 152 vir ses beperk het. Die aanvangskolwer Jonathan Bird was die uit

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 23


MIDDAG SPORT: Die Bok-vroue is gereed vir ‘n geskiedkundige kragmeting met Ierland, die Vrystaat-stoeispan presteer uitstekend en, tennis stel strenger reëls oor verbode middels
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbok-vroue wil hul goeie vorm voortsit wanneer hulle Saterdag in Kaapstad teen Ierland te staan kom in die eerste toets van ’n geskiedkundige reeks tussen die twee lande. Die wedstryd op Athlone-stadion begin om 15:00 en vorm deel van die WXV Global Series. Die spanne ontmoet dan weer op 31 Oktober. Volgens Daily Maverick het Suid-Afrika se span egter ’n paar belangrike beseringsprobleme. Die ervare slotvoorspeler Babalwa Latsha is weens ’n

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 22


OGGEND SPORT: Die Proteas is op die drumpel van ’n gelykmakende oorwinning, die oorsaak van 'n Lions-speler se dood is bevestig en, ‘n reguleerder kan Man City se eienaars dwing om te verkoop
Ons begin met krieket: Die Proteas is ses paaltjies weg van ’n oorwinning teen Australië in die tweede toets op St. Georgepark in Gqeberha, nadat Marco Jansen met 5-33 die besoekers se eerste beurt tot net 99 lopies beperk het. Suid-Afrika het 425-9 in sy eerste beurt aangeteken, danksy Temba Bavuma se 100, Jansen se 85 en Simon Harmer se 82, waarna Australië gedwing is om weer te kolf en die dag op 156-4 afgesluit het, steeds 170 lopies agter. Travis Head is onoorwonne op 87

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 22


MIDDAG SPORT: Malherbe kom nader aan ’n terugkeer, ’n belowende slot verbind hom tot 2030 en, Swiatek se WTA-Finals-hoop is geknou deur ‘n besering
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbok-stut, Frans Malherbe, het ’n bemoedigende opdatering gegee oor sy herstel van chroniese nek- en rugprobleme wat hom vir meer as 18 maande van die veld gehou het, met sy laaste wedstryd wat vir die Stormers teen die Scarlets in Maart 2025 was. Die tweemalige Rugbywêreldbeker-wenner was op die punt om uit te tree, maar Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het hom aangemoedig om met sy rehabilitasie voort te gaan, terwyl hy intussen weer be

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 21


OGGEND SPORT: Bavuma en Harmer plaas die Proteas in beheer, die Cheetahs wag vir die uitslag van Faf se skandering en, PSG en Liverpool behou perfekte rekords
Ons begin met krieket: Kaptein Temba Bavuma het 'n loopbaanbeste telling van 179 behaal, terwyl Simon Harmer 'n persoonlike beste van 82 in toetskrieket aangeteken het, om Suid-Afrika te help om hul beurt op 425-9 te verklaar, op die derde dag van die tweede toets teen Australië. Bavuma het saam met Harmer 'n Protea-rekordvennootskap van 183 lopies vir die agtste paaltjie opgestel, na hy 132 lopies met Marco Jansen, wat 85 lopies van 100 balle gemoker het, gedeel het. Kagiso

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 21


MIDDAG SPORT: Strauss verseker ‘n derde termyn as die president van die Blue Bulls, Groenewald maak haar merk en Ronaldo is geskors
Ons begin met rugby-nuus: Willem Strauss sal vir 'n derde opeenvolgende termyn as president van die Blou Bulle Rugbyunie dien, wat sy ampstermyn - wat reeds agt jaar in die professionele era duur -verleng. Sy leierskap word toegeskryf aan die versterking van die unie se rugbystrukture, die ontwikkeling van maniere vir talentontwikkeling en sukses op verskeie vlakke van die spel, insluitend verskeie Curriebeker-titels, vier Vodacom VRK-eindstryde in vyf jaar, en vier nasionale

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 20


MIDDAG SPORT: Reën-geteisterde Proteas staar ‘n moeilike stryd in die gesig, die Bulls, Stormers en Sharks begin met oorwinnings en die All Blacks bou momentum
Ons begin met krieket-nuus: Die Proteas staan voor ’n moeilike taak in die tweede toetswedstryd teen Australië, nadat reën die openingsdag by St George’s Park in Gqeberha tot net meer as 12 boulbeurte beperk het. Die tuisspan is tans in die knyp op 20-2, nadat Scott Boland vir Aiden Markram op 11 lopies uitgehaal en met die daaropvolgende aflewering ook vir David Bedingham uitgeboul het. Kaptein Temba Bavuma is onoorwonne op vier lopies, saam met die debutant Marques Ackerm

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 19


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights breek deur met ‘n eerste oorwinning, die Cheetahs verloor naelskraap en, reën ontwrig die Proteas se toets teen Australië
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights het’n belangrike eerste oorwinning in die YesPlay Pro20-beker behaal toe hulle die CSA High Performance-span met 54 lopies geklop het. Die Flexbrands Knights het Sondag in Pretoria teen die High Performance-span kragte gemeet en met ’n stewige oorwinning hul veldtog in die T20-kompetisie voortgesit. Die Flexbrands Knights sal nou daarop fokus om dié momentum in hul volgende wedstryd te behou. In rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 19


Die Lions se Hyron Andrews is skielik in Frankryk dood
Die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Hyron Andrews van die Lions is Vrydag dood in ’n hotel in Frankryk aangetref. Die 31-jarige slot was saam met sy span op toer, op die vooraand van hul Champions Cup-wedstryd teen La Rochelle. RTL Today berig volgens ’n bron na aan die ondersoek is Andrews in die stort aangetref, wat van binne gesluit was, nadat hy glo 'n hartstilstand gehad het. Die oorsaak van sy dood word ondersoek, en ’n lykskouing sal gedoen word. Andrews het voorheen vir d

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17


MIDDAG SPORT: Rabada kan ‘n hupstoot vir die Proteas wees, die Bulls gee vir Giliomee ‘n eerste begin en, Roos is terug vir die Europese uitdaging
Ons slaan af met krieket: Die Proteas kan Sondag se tweede toets teen Australië in Gqeberha met ’n sterker snelboul-aanval aanpak, met Kagiso Rabada wat moontlik sy terugkeer maak. Volgens Reuters het Rabada die eerste toets weens ’n dyspierbesering misgeloop, maar hy is nou in aanmerking vir die tweede kragmeting by St George’s Park. Australië se hulpafrigter, Matthew Wade, sê Rabada se mededingende ingesteldheid en vermoë om druk op kolwers te plaas, kan ’n groot uitdaging

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 16


OGGEND SPORT: Die Cheetahs maak gereed, Breetzke kry ‘n oproep na die toetsgroep en, die SA legendes storm onoorwonne na die halfeindronde
Ons begin met rugby: Die Toyota Cheetahs begin Sondag hul 2026/27-veldtog in die EPCR Challenge Cup met ’n wegwedstryd teen die Franse klub Aviron Bayonnais in Bayonne. Die Vrystaters sal op ’n moeilike toets in Frankryk voorbereid moet wees wanneer hulle teen die Top 14-span op Stade Jean Dauger uitdraf. Volgens die Cheetahs se amptelike webwerf is ’n toerspan aangekondig vir die eerste wedstryd van die veldtog. Die Cheetahs se Europese veldtog volg nadat hulle hul Toyota Ch

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 16


MIDDAG SPORT: Conrad sê die Proteas moet leer uit hul nederlaag, SA spanne begin hul Europese veldtogte en, PSG verras vir City
Ons slaan af met krieket: Die Proteas-afrigter, Shukri Conrad, het erken dat ’n onderbreking van agt maande van rooibal-krieket moontlik bygedra het tot Suid-Afrika se nederlaag in die eerste toets teen Australië, maar hy beklemtoon dat daar geen verskonings kan wees nie. Conrad het ook verwys na onlangse beserings, veral die afwesigheid van die ervare snelbouler Kagiso Rabada.Aiden Markram se vasberadenheid in die tweede beurt was ’n positiewe aspek, alhoewel Conrad verwag d

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 15


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights is steeds sonder ‘n oorwinning, McKenzie bly optimisties dat SA F1 sal aanbied en, Sabalenka en Pegula ly skokke in Wuhan
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights sal steeds moet wag vir hul eerste oorwinning in die YesPlay Pro20-beker nadat hulle gisteraand op Mangaung Oval met 18 lopies teen die World Sports Betting Eastern Storm verloor het. Die besoekers het eerste gekolf en 186 vir ses in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Jurie Snyman was die groot uitblinker met 95 lopies van net 45 balle, insluitend agt sesse. Die Flexbrands Knights se antwoord het op 168 vir agt geëindig. Jona

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 15


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs maak gereed vir ’n Europese uitdaging, ‘n wêreldwye simposium oor atlete se breingesondheid word aangebied en, die Flexbrands knights soek ’n oorwinning
Ons skop af met rugby: Die Toyota Cheetahs maak gereed vir hul eerste wedstryd in die nuwe EPCR Challenge Cup-seisoen wanneer hulle Sondag die Franse span Aviron Bayonnais in Bayonne pak. Die Vrystaters het hul groep vir die Europese veldtog aangekondig. Die span sluit onder meer die ervare skrumskakel Faf de Klerk, asook Michael Annies, Cohen Jasper en Henry Immelman in. Die Cheetahs is saam met Ulster Rugby, die Franse spanne USAP en Aviron Bayonnais, Walliese span Dragons

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 14


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights soek ’n eerste oorwinning, Banyana wen met gemak in Bloemfontein en Minnaar en Levy sluit by die Springbok-vroue aan
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights kry Woensdagaand nog ’n kans om hul eerste oorwinning in die nuwe YesPlay Pro20-beker te behaal wanneer hulle World Sports Betting Eastern Storm op die Mangaung Oval in Bloemfontein pak. Die Knights het tot dusver swaar gekry in die T20-kompetisie. Hulle het hul vorige wedstryd teen die Kaneez Tuskers met sewe paaltjies verloor, nadat hulle tot 151 vir ses in hul toegelate 20 boulbeurte beperk is. Die Tuskers het die teiken met ti

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 14


MIDDAG SPORT: Australië neem die voorsprong teen die Proteas, White neem die leisels by Fidji oor en, Ellis eis beter afronding van Banyana in Bfn
Ons slaan af met krieket: Die Proteas het die eerste toets teen Australië met 214 lopies verloor en loop nou met een-nul agter in die reeks van drie wedstryde. Volgens Reuters is Suid-Afrika op die vyfde en laaste dag by Kingsmead in Durban vir 206 lopies uitgeboul, nadat Australië ’n teiken van 421 gestel het. Aiden Markram het met 75 lopies die beste weerstand gebied, maar die Australiese snelbouler Josh Hazlewood het die Suid-Afrikaners se kolfbeurt met ses paaltjies vir 4

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 13


OGGEND SPORT: Die Proteas staar ‘n moeilike stryd in die gesig, Alcaraz is deur Bergs uitgeskakel en, Russell kan nog ’n wegspringstraf in Las Vegas kry
Ons begin met krieket: Australië het die Proteas teen die einde van die vierde dag in Durban tot 102-4 laat sak, terwyl Suid-Afrika 319 lopies benodig vir 'n oorwinning nadat 'n wêreldrekordteiken van 421 aan hulle gestel is. Australië het hul beurt op 314-6 gesluit nadat hulle meer as vyf lopies per boulbeurt aangeteken het. Josh Hazlewood het twee paaltjies geneem, terwyl Temba Bavuma en Tristan Stubbs ook hul paaltjies verloor het, tydens 'n rampspoedige fase waarin Suid-A

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 13


MIDDAG SPORT: Die Bulls reken op Springbok-krag, City se oorwinning kom te midde van finansiële onsekerheid en, Verstappen vier ‘n oorwinning in Singapoer
Ons begin met rugby: Die Vodacom Bulls het 'n groep van 42 spelers vir hul komende Investec Kampioenebeker-veldtog aangekondig, met 14 Springbokke ingesluit in 'n groep wat uit 24 voorspelers en 18 agterspelers bestaan. Handré Pollard, Curwin Bosch en die nuweling Luan Giliomee sal om die losskakelposisie meeding, terwyl Giliomee ook dekking as heelagter kan bied saam met Willie le Roux en Hakeem Kunene. Ten spyte van die verlies van Ruan Nortje, beskik die Bulls oor vyf opsi

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


OGGEND SPORT: Die Proteas se kolfwerk wankel, die Bulls en die Stormers oorheers SA derbies en, Zheng vier haar eerste Chinese Ope-titel
Ons begin met krieket: Australië het 'n oorheersende posisie in die eerste toets teen Suid-Afrika op Kingsmead ingeneem en teen die einde van die derde dag 'n voorsprong van 139 lopies opgebou. Dít nadat die Proteas vir 284 lopies in hul eerste beurt uitgehaal is, wat 106 lopies minder as Australië se totaal van 390 is. Aiden Markram het 37 lopies aangeteken en David Bedingham was die beste kolwer met 49. Suid-Afrika se kolwers het egter herhaaldelik weens swak houe uitgeval,

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


OGGEND SPORT: Die Proteas bevestig hul aanval met twee draaiboulers, die Bulle staan reg en, die Wallabies mik na ‘n geskiedkundige oorwinning
Ons begin met krieket: Proteas-kaptein Temba Bavuma het die Suid-Afrikaanse span vir die eerste toetswedstryd teen Australië op Kingsmead in Durban bevestig, met Keshav Maharaj en Simon Harmer wat as die twee draaiboulers gekies is. Kagiso Rabada is uitgelaat omdat hy nie voldoende van sy dyspierbesering herstel het nie, terwyl Anrich Nortje en Marco Jansen die snelboulaanval sal lei, met Wiaan Mulder wat ook met die bal kan bydra. Bavuma het bevestig dat Aiden Markram en Rya

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9
bottom of page



