top of page


Sportnuus


NETBAL: Kovsie Sport kondig sy nuwe hoof-netbalafrigter aan
Kovsie Sport het Dinsdag die nuwe hoof-netbalafrigter vir die Universiteit van die Vrystaat aangewys. Die oud-Protea netbalspeler Karla Pretorius, wat nog vanjaar aan die Statebondspele deelgeneem het, gaan aan die einde van die seisoen by Burta de Kock oorneem. De Kock, wat ná vanjaar se Varsity beker aftree het Kovsies netbal sedert 2002 afgerig. Pretorius, ‘n oud-Kovsie wat 125 toetse vir die Proteas gespeel het, sê sy volg in die voetspore van ‘n legende. LUISTER HIER: K

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


MIDDAG SPORT: Die Protea-vroue is gereed vir ‘n historiese reeks, Zungu eis dat Bafana se bonusse uitbetaal word en, Kane en Mbappe bepleit hul saak vir die Ballon d’Or
Ons begin met krieket-nuus: ’n Jong Protea-vrouespan sal geskiedenis maak wanneer hulle na Bulawayo reis vir die eerste T20-internasionale reeks ooit tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, met vyf wedstryde wat geskeduleer is vir 11 tot 19 September by die Queen’s Sports Club. Laura Wolvaardt sal die nuut-saamgestelde span lei, met Annerie Dercksen, Karabo Meso en Kayla Reyneke as die enigste ander spelers wat by die onlangse 2026 T20-wêreldbeker betrokke was, terwyl vier jong spele

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 8


OGGEND SPORT: Erasmus behou sy vertroue in ‘n gevestigde Springbokspan, die Proteas het ‘n sterk groep vir die eendagreeks teen Australië en, Zheng verras vir Swiatek
Ons skop af met rugby-nuus: Rassie Erasmus het slegs twee veranderinge aan die Springbokspan aangebring vir Saterdag se vierde en laaste toets in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks in Baltimore. Damian Willemse keer terug op heelagter en Morne van den Berg word bevorder tot skrumskakel, terwyl Cobus Reinach na die bank skuif, terwyl Erasmus verder geen veranderinge aangebring het nie. Erasmus sê die span is gevestig en gereed vir ‘n vasberade All Blacks-sp

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 8


MIDDAG SPORT: Die Bokke weier om reeds ‘n reeks oorwinning op te eis, Tiafoe dring deur na die kwarteindronde van die VSA-Ope en, Antonelli skryf geskiedenis op Monza
Ons skop af met rugby: Rassie Erasmus en die Springbokke weier om hulself te laat meevoer nadat hulle Nieu-Seeland met 29-24 in ‘n stampvol FNB-stadion geklop en ‘n 2-1-voorsprong in die reeks geneem het. Die spanne het reeds saam na Baltimore gereis, waar Saterdag se toetswedstryd in die M&T Bank-stadion oor die reeks sal beslis, wat beteken dat ‘n oorwinning vir die Bokke die sal titel beklink, terwyl ‘n oorwinning vir die All Blacks tot ‘n gelykopuitslag van 2-2 sal lei. R

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 7


OGGEND SPORT: SA-krieket wen die driereeks-titel met gemak, die Griekwas en die Pumas bespreek ‘n plek in die eindstryd en, Lawrence deel die Ballesteros rekord
Ons slaan af met krieket-nuus: Suid-Afrika het die T20 internasionale-driereekstitel gewen met ‘n oortuigende oorwinning van 48 lopies teen Zimbabwe in Windhoek, deur 205-5 aan te teken voordat hulle die gasheerspan vir 157 lopies uitgeboul het. Jordan Hermann het die Proteas se kolfwerk gelei met sy eerste T20 internasionale-vyftigtal van 53 lopies van 29 balle, terwyl Duan Jansen, Eathan Bosch en Bjorn Fortuin die paaltjies onder mekaar gedeel het toe Zimbabwe tot 83-8 teru

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 7


RUGBY: Die Curriebeker-reeks se halfeindstryd is hier
Die halfeindstryd van die Curriebeker-reeks vind Sondag plaas met die verdedigende kampioen, die Griekwas, wat teen die Leeus in Kimberley te staan kom. Die Cheetahs pak die Pumas in die ander uitspeelwedstryd in Bloemfontein. Die Pumas moes die Cheetahs in die laaste ronde klop om tot die halfeindstryd deur te dring. SABC-sport berig die Griekwas en Leeus het in verlede jaar se eindstryd kragte gemeet en die Leeus het nou 'n appeltjie te skil. Wind en reën kan 'n rol speel.

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


RUGBY: Die All Blacks se kaptein moet die volgende Springbok-wedstryd misloop
Nieu-Seeland se rugbykaptein, Ardie Savea, sal die laaste toetswedstryd teen Suid-Afrika volgende naweek misloop nadat hy Saterdag 'n skouerbesering opgedoen het in die All Blacks se nederlaag van 29-24 teen die Springbokke. SABC-nuus berig die 32-jarige Savea moes nege minute voor rustyd die veld verlaat. Dit is 'n groot terugslag vir die All Blacks, wat nou met 2-1 agter is in die reeks van vier toetse. Die vierde toets word volgende Saterdag in Baltimore gespeel. Die All B

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


RUGBY: Gure weer kan die Bokke en All Blacks se kragmeting bemoeilik
Donderstorms, swaar reën en weerlig kan Saterdag se beslissende Springbok-All Blacks- kragmeting by die FNB-stadion bemoeilik. Erge weer sal na verwagting oor Johannesburg beweeg omtrent dieselfde tyd as wat die Rugby’s Greatest Rivalry-kragmeting begin. Airlink het vroeër vandeesweek aangekondig dat hulle ook die voorwedstryd-verbyvlug gekanselleer het weens die verwagte weerstoestande. Die wedstryd begin kort ná 17:00, wat duisende toeskouers en albei spanne by die stadion

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


MIDDAG SPORT: Latsha lei die Bok-vroue teen die Swart Varings, die Westelike Provinsie en die Kobras verenig en, Hamilton mik na ‘n Monza-rekord
Ons skop af met rugby: Babalwa Latsha sal Saterdag in die FNB-stadion in Johannesburg as kaptein van die Springbok-vroue teen Nieu-Seeland optree, en sluit ses voorspelers in van verlede jaar se kwarteindstryd van die Wêreldbeker vir Vroue teen die Swart Varings in die beginspan. Onder die agterspelers behou Byrhandré Dolf, Zintle Mpupha, Aphiwe Ngwevu, Ayanda Malinga en Libbie Janse van Rensburg hul plekke. Unam Tose, Maceala Samboya en Alichia Arries is ook deel van die spa

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 4


OGGEND SPORT: Die Springbokke en die All Blacks is reg vir ‘n beslissende toets, die Griekwas en die Cheetahs mik na 'n Curriebeker-eindstryd en, Alcaraz dring kragtig deur na die derde ronde
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbokke en die All Blacks pak mekaar Saterdag in Soweto in die derde toets van hul Rugby’s Greatest Rivalry-reeks. Die reeks staan tans gelykop op een elk. Nieu-Seeland het die eerste toets met 33-16 gewen, waarna die Springbokke verlede naweek in Kaapstad met 33-26 geseëvier het. Die kragmeting vind by die FNB-stadion plaas en skop om 15:10 Saterdagmiddag af. Meer as 94-duisend ondersteuners kan die wedstryd in Soweto bywoon. Rassie Erasmus

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 4


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs bly tuis in die Curriebeker-halfeindronde, Kapp kritiseer die byvoeging van ‘n transgender Australiese speler en, Woods verloor sy lisensie
Ons skop af met rugby: Die Suzuki Griquas speel die naweek tuis teen die Fidelity ADT Lions, terwyl die Toyota Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom in die halfeindstryd van die Carling Curriebeker se Premierafdeling. Albei halfeindstryde vind Sondag plaas. Die wedstryd in Kimberley begin om 13:00, waarna die kragmeting in Bloemfontein om 15:30 afskop. Die Griquas en Cheetahs het reeds voor verlede naweek se vier wedstryde hul plekke in die uitspeelrondes verse

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 3


MIDDAG SPORT: Die Springbokke kry ‘n welkome hupstoot, die Springbokvroue is gereed vir die Swart Varings en bekende name begin sterk by die Amerikaanse Ope
Ons skop af met rugby: Die Springbokke het ‘n groot hupstoot gekry wat beserings betref voor hul vierde en laaste toets teen die All Blacks in Baltimore, aangesien daar verwag word dat Damian Willemse, Handré Pollard, Grant Williams en Canan Moodie almal vir keuring beskikbaar sal wees. Willemse sal Saterdag se derde toets misloop nadat hy ‘n graad-een-dyspierbesering opgedoen het, maar Rassie Erasmus sê die veelsydige agterspeler behoort Sondag na Baltimore te reis. Pollard

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 2


OGGEND SPORT: Human staan vas by sy Bok-skrumplan, Pretorius en Fortuin lei die Proteas na oorwinning, en Zheng skenk aan vloedverligting terwyl Wawrinka uitval
Ons begin met rugby-nuus: Springbok-skrumafrigter, Daan Human, het die All Blacks afrigter, Dave Rennie, se bewerings dat Suid-Afrika doelbewus om die skrum beweeg, sterk verwerp en gesê hy het nog nooit so ’n taktiek afgerig nie. Human sê die Bokke se skrumbenadering is al ses jaar lank deel van hul spel en hoewel hulle soms moet aanpas by skeidsregters se interpretasie, sal hulle nie hul tegniek verander sonder ’n opdrag van Rassie Erasmus nie. Hy beklemtoon dat die skrum s

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 2


MIDDAG SPORT: Die Springbokvroue is gereed vir ‘n historiese toets teen die Swart Varings, Pakistan bring ingrypende veranderinge aan, en Saka besorg ‘n perfekte begin aan Arsenal
Ons skop af met rugby: Die Springbokvroue het in Sandton bymekaargekom, met 32 spelers wat begin voorberei vir Saterdag se historiese toets teen die Swart Varings in die FNB-stadion. Dit sal die eerste toets tussen die twee spanne op Suid-Afrikaanse bodem wees en vorm deel van ‘n dubbele wedstrydgeleentheid in die Castle Double Malt Rugby’s Greatest Rivalry, waartydens die Springbokke later die dag teen die All Blacks te staan kom. Sestien spelers van verlede jaar se Wêre

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 1


OGGEND SPORT: Erasmus behou sy wenformule, Alcaraz keer met ‘n oorwinning terug, en Messi beëindig sy loopbaan vir Argentinië
Ons begin met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het vir kontinuïteit gekies vir Saterdag se derde Castle Lager Double Malt Rugby’s Greatest Rivalry-toets teen Nieu-Seeland in die FNB-stadion. Erasmus het vier veranderinge en een posisiewisseling aan sy beginspan aangebring, met Ox Nche, Wilco Louw en Malcolm Marx wat terugkeer na die voorry, terwyl Gerhard Steenekamp, Thomas du Toit en Deon Fourie na die plaasvervangersbank skuif. Cheslin Kolbe skuif na heelag

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 1


MIDDAG SPORT: Sipamla is uitgesluit namate die Proteas se beseringslys groei, Stransky word in die Heldesaal opgeneem en Djokovic en Venus Williams is uit die Amerikaanse Ope
Ons slaan af met krieket: Die Proteas het nog ‘n terugslag weens beserings ervaar, met snelbouler Lutho Sipamla wat uitgesluit is vir die res van die T20 Internasionale driehoekreeks in Namibië nadat hy ‘n besering aan sy bobeen teen die gasheerspan opgedoen het. Andile Simelane is as sy plaasvervanger opgeroep, terwyl Sipamla nou by Jason Smith en Kagiso Rabada op die beseringslys aansluit, hoewel Rabada se beskikbaarheid vir die toetsreeks teen Australië eers nader aan die

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 31


OGGEND SPORT: Die Kovsies skakel oor na ‘n hoër rat en klop vir Wits, die Griekwas en die Cheetahs verseker tuis-halfeindstryde, en Fernandes se driekuns besorg ‘n oorwinning aan United
Ons begin met plaaslike netbal-nuus: Die Kovsies se netbalspan het Wits Sondagmiddag in Bloemfontein tydens die derde rondte van die Varsity beker kompetisie met 50-42 geklop. Die Kovsies het eers laat in die tweede helfte na die hoogste rat oorgeskakel. Die Kovsies speel Maandagaand om 19:00 teen verlede jaar se wenners, die Noord Wes Universiteit, ook in die Callie Human sentrum. In rugby: Die Suzuki Griekwas sal as gasheer vir die Fidelity ADT Lions in Kimberley optree,

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 31


MIDDAG SPORT: Kolbe en Feinberg-Mngomezulu keer terug na die beginspan, KSA stel ‘n vernude plaaslike seisoen bekend, en Arsenal trek ‘n moeilike loting
Ons begin met rugby: Cheslin Kolbe en Sacha Feinberg-Mngomezulu is ingesluit by die Springbokke se beginspan vir Saterdag se tweede toets in die Castle Double Malt Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Kolbe het herstel van die besering wat hom verlede week tydens die toets in Johannesburg van die veld gedwing het, terwyl Handré Pollard onttrek is nadat hy tydens oefening ‘n ligte besering opgedoen het, met Feinberg-Mngomezulu wat die plek as losskakel inneem. M

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 28


OGGEND SPORT: Hierdie naweek is ‘n beslissende ronde vir Curriebeker-drama, Dinusha se honderdtal red vir Sri Lanka, en Barcelona behou ‘n perfekte begin by Camp Nou
Ons skop af met rugby: Die 2026 Carling Curriebeker-premierafdeling bereik hierdie naweek sy beslissende laaste ronde, met Suzuki Griekwas en die Toyota Cheetahs wat reeds deurgedring na die halfeindronde, terwyl vyf spanne om die oorblywende twee plekke meeding. Vrydag huisves die Lions vir Stormers XXIII op Ellis Park, voordat Sharks XV teen Bulls XV in Durban te staan kom, terwyl die Pumas Saterdag teen die Cheetahs in Nelspruit speel en Boland Sondag teen die Griekwas i

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 28


MIDDAG SPORT: Brevis weier om sy aanvallende styl te verander, Segner word vir die res van die All Blacks-toer uitgesluit en Wawrinka kry Amerikaanse Ope-promotorsuitnodiging
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Proteas-kolwer, Dewald Brevis, sê hy voel ten volle ondersteun deur afrigter, Shukri Conrad, en is nie van plan om sy natuurlike aanvallende styl te verander in sy strewe na groter bestendigheid nie. Die 23-jarige, wat reeds dertig T20-internasionale wedstryde agter die blad het, lei ‘n jong Suid-Afrikaanse span wat Namibië besoek vir ‘n T20 Internasionale-driehoekreeks teen Namibië en Zimbabwe, gevolg deur ‘n eendagwedstryd-reeks van drie w

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 27


OGGEND SPORT: De Klerk bly by die Cheetahs, bekommernis oor Djokovic se fiksheid neem toe, en die Spurs dring maklik deur terwyl Barnes vir Newcastle red
Ons skop af met rugby: Die Cheetahs het die Stormers se versoek om Faf de Klerk ná die Curriebeker-reeks vir die Verenigde Rugbykampioenskap te leen, van die hand gewys, met afrigter, Frans Steyn, wat sê die Bok-skrumskakel bly in die Vrystaat. Steyn sê De Klerk is belangrik vir die span en hul borge, en bring ’n besondere intensiteit na die oefeninge, terwyl hy reeds in drie van sy vyf wedstryde as Speler van die Wedstryd aangewys is. Die Cheetahs en Griekwas het albei 26 pu

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 27


MIDDAG SPORT: Die Springbokke wend hulself na ervaring, die Leeus gee die All Blacks ‘n nagmerrie en Fernandes wen ‘n gesogte PFA-toekenning
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad se Rugby’s Greatest Rivalry-Toets op ervaring staatgemaak, met die 39-jarige Deon Fourie wat teruggeroep is na die plaasvervangersbank, nadat hy vir die Stormers teen die All Blacks beïndruk het. Hierdie stap volg op verlede naweek se swaar nederlaag in Johannesburg, wat Erasmus genoop het om te steun op spelers wat die span voorheen uit moeilike situasies gehelp het.

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 26


OGGEND SPORT: Kolisi is gereed om die Bokke aan te voer, SA A verpletter vir Bangladesj A en, SA20 lewer ‘n rekord ekonomiese impak
Ons skop af met rugby: Siya Kolisi is die groen lig gegee om na ‘n dyspierbesering terug te keer en sal Saterdag as kaptein van die Springbokke teen die All Blacks by die DHL-stadion in Kaapstad optree. Hy vorm deel van die lostrio saam met Jasper Wiese en Pieter-Steph du Toit, wat sy 100ste toetswedstryd sal speel, terwyl Paul de Villiers uit die wedstrydgroep gelaat word. Intussen het afrigter, Rassie Erasmus, verantwoordelikheid aanvaar vir sommige van die besluite wat tot

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 26


MIDDAG SPORT: Jason Smith is uitgesluit van die Namibië-driehoekreeks, Carse is aan Engeland se toetsgroep onttrek en, die Lions word die 10bet Lions in ‘n groot vennootskap
Ons slaan af met krieket-nuus: Suid-Afrika se voorbereiding vir die T20 internasionale-driehoekreeks in Namibië het ‘n vroeë terugslag beleef, nadat die veelsydige speler, Jason Smith, uitgesluit is weens ‘n besering. Smith sal die toernooi in Windhoek, waar die Proteas van 28 Augustus tot 6 September teen Namibië en Zimbabwe te staan kom, misloop, maar sal verdere evaluering ondergaan voor die reeks van drie eendagwedstryde teen Namibië. Krieket Suid-Afrika het besluit om

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 25
bottom of page



