top of page



BKS: Die VF Plus eis gratis behandeling
Die VF Plus dring daarop aan dat alle behandeling vir die staatsbeheerde siekte, bek-en-klouseer, gratis moet wees. Die party eis ook vinniger toetsing, onmiddellike inenting by bevestigde terreine en streng beperkings op die beweging van vee. Newskoop berig die VF Plus se provinsiale leier, Jan van Niekerk, het met die Vrystaatse LUR vir Landbou, Elzabé Rockman, en belangrike landboubelanghebbendes, insluitend staatsveeartsenykundige dienste, vergader om die krisis te bespre

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 24


BKS: VL sê 'n staatsmonopolie op inenting kan die vleisbredryf breek
Die president van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, sê die staatsmonopolie oor die bek-en-klouseerkrisis moet gebreek word sodat entstof onmiddellik in boere se hande geplaas kan word. VL se vise-president, Friedl von Maltitz, voeg in 'n verklaring by die veebedryf se ekonomiese volhoubaarheid en voortbestaan is onder beleg. Die verklaring lui voorts dat die staat se huidige hantering van die saak dui op hul tekortkominge wat betref kapasiteite en sisteme wat heeltemal

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 22


BKS: 'n Afdeling van Bloemskou word geskrap
Die Bloemskou se beeste- en kleinveeskou is vanjaar afgestel in die lig van die bek-en-klouseer-uitbraak. Maroela Media berig alle ander afdelings van die skou tussen 23 April en 2 Mei 2026 gaan voort. Bloemskou se uitvoerende hoof, Elmarie Prinsloo, sê die besluit kom nie ligtelik nie, maar dat dit na aanleiding van die huidige omstandighede van groot belang is dat die risiko van verspreiding sover moontlik beperk word. Sy sê die situasie herinner sterk aan die Covid-19-pand

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 19


BKS: Steenhuisen wil Suid-Afrika binne tien jaar skoon hê
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê hy wil hê dat die land binne tien jaar vry van bek-en-klouseer moet wees. Boere regoor die land sukkel om die verspreiding van die siekte te beperk. Die siekte het ook gelei tot ‘n styging in die pryse van beesvleisprodukte. Steenhuisen het boere verseker dat die regering ‘n plan het om die siekte te bestry. Hy sê die plan is ‘n langtermynverbintenis tot die gesondheid van die land se ekonomie en voedselsekerheid. Die DA se lid v

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 15


BKS: 'n Vrystaatse dorp sluit sy paaie vir veevervoer
Geen lewende hawe mag voorts deur of in die dorp Senekal in die Vrystaat beweeg nie. Die verbod geld ook ʼn radius van 10 km rondom die dorp. Maroela Media berig hierdie stap volg nadat die Rooivleis-aksiegroep (RAG) bevestig het dat formele aanmanings onlangs aan die polisie en provinsiale verkeersowerhede gestuur is om hul statutêre pligte na te kom en bioveiligheidsmaatreëls dringend af te dwing. Die direkteur van RAG, Jaco de Villiers, verduidelik dat die gemeenskap nie la

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 13


BKS: Miljoene beeste word vanjaar ingeënt
Meer as 12 miljoen beeste sal vanjaar landwyd teen bek-en-klouseer ingeënt word. Plase in ten minste ses provinsies is gedwing om beeste onder kwarantyn te plaas nadat die siekte opgespoor is. Ekonoom Wandile Sihlobo het aan Eyewitness News gesê dat daar lig aan die einde van die tonnel in die beesvleissektor is, ná ‘n styging in beesvleispryse as gevolg van die huidige uitbreking. Hy sê hoewel die siekte steeds ‘n uitdaging is, dat slagting teen ‘n robuuste tempo sal terugke

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 2


Goeie landbouproduksie bring uitdagings
Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê hoewel 'n onlangse Agbiz-verslag akkuraat is en die vooruitsigte beduidend verbeter het, bring die goeie produksie ook uitdagings mee. Die verslag handel oor produksietoestande in Suid-Afrika se landboubedryf vir 2025 en die vooruitsigte vir 2026. Netwerk24 berig volgens Agbiz kan 2025 as ’n jaar van gemengde welslae beskryf word. Aan die positiewe kant het veldgewasse, tuinbou en die wynbedryf goed gevaar, terwyl die ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025


Dieresiektes in die Vrystaat moet geprioritiseer word
Die Vrystaatse departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake moet die stryd teen die uitbrekings en verspreiding van dieresiektes in die provinsie prioritiseer. Die DA sê bek-en-klouseer het verwoestende gevolge vir boerderybedrywighede en plaaslike ekonomieë. Boere in die Vrystaat is bekommerd oor die nuwe uitbrekings van die siekte ‘n paar weke gelede as gevolg van die vervoer van vee uit ander provinsies. Die DA se Roy Jankielsohn sê die departement het d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Daar is geen planne om rondlopervee in te ent nie
Die Vrystaatse departement van landbou sê daar is geen plan om die duisende rondlopervee in townships in die provinsie teen siektes in te ent nie. 'n Veearts van die departement, Jurgens Barnard, sê rondloperbeeste word net ingeënt as hulle tekens van ’n siekte toon. Volksblad berig die landbougemeenskap is egter baie bekommerd dat rondlopervee nooit teen enige siektes ingeënt word nie en dat dit bydra tot die verspreiding van siektes soos bek-en-klouseer. Die visepresident v

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 29, 2025


BKS: Boere omseil glo kwarantynprosesse
Een van die redes waarom bek-en-klouseer so drasties versprei het, is glo dat boere dikwels vee skuif sodra hul plaas of ‘n buurplaas tekens van die siekte toon. Vrystaat Landboou se visipresident, Friedl von Maltitz, sê aan Netwerk24 , mense vind ‘n manier om die kwarantynproses te omseil. Die Vrystaat Departement van Landbou het bekend bemaak dat die aantal bek-en-klouseer gevalle toegeneem het, en nou op 106 staan. I ntussen is Vrystaatse boere ook bekommerd oor slenkdalko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025
bottom of page

