top of page



Alle Plasings


’n Pastoor se vrou verskyn na verwagting in die hof oor ’n baba se dood
Die vrou van ’n pastoor wat verbind word met die dood van ’n baba van vier maande, sou na verwagting Vrydag in die Atteridgeville-landdroshof in Gauteng verskyn. Die polisie soek steeds na haar man in verband met die beweerde verkragting van die baba se ma en die moord op die kind. Die baba is ná ’n intensiewe soektog in ’n vlak graf gevind. Die ma beweer dat die pastoor en sy vrou haar baba tydens ’n ritueel by die Hennopsrivier geneem het. Die 24-jarige vrou beweer ook dat

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


‘n Reuse-skilpad van byna 200 jaar oud kan antwoorde oor langlewendheid gee
Wetenskaplikes wat 'n reuse-skilpad, genaamd Jonathan, bestudeer, wat glo die wêreld se oudste lewende landdier is met 'n geraamde ouderdom van 194 jaar, het 287 geenvariante geïdentifiseer wat moontlik kan help om sy buitengewone langlewendheid te verklaar. Die navorsing, gelei deur die niewinsgewende organisasie Kallel en gepubliseer in Science Advances, het sy epigenoom vir die eerste keer in 'n reuse-skilpad ondersoek. Navorsers het bevind dat geen-reguleerders wat betrok

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Watertekorte en rioolprobleme duur voort
Die parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê mislukkings in water- en sanitasiedienste bly 'n bron van kommer in sukkelende munisipaliteite. Die komitee het kommer uitgespreek oor langdurige watertekorte, verouderende infrastruktuur en rioolprobleme tydens 'n inligtingsessie van die Departement van Samewerkende Regering. Die inligtingsessie fokus op die departement se jaarverslag vir die 2025/26-boekjaar. Die komitee het die impak van

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Die menseregtekommissie waarsku teen die ondermyning van Konstitusionele Hof-uitsprake
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie waarsku dat die ondermyning van die Konstitusionele Hof die grondslag van Suid-Afrika se demokrasie bedreig. Dit volg op kommentaar van die Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, tydens 'n media-inligtingsessie oor 'n onlangse Konstitusionele Hof-uitspraak. Ntshavheni het gesê Suid-Afrikaners het die reg om wysigings aan die Grondwet te eis indien dit nie hulle regte prioritiseer nie. Die kommissie sê lede van die uitvoerend

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


OGGEND SPORT: Die Proteas bevestig hul aanval met twee draaiboulers, die Bulle staan reg en, die Wallabies mik na ‘n geskiedkundige oorwinning
Ons begin met krieket: Proteas-kaptein Temba Bavuma het die Suid-Afrikaanse span vir die eerste toetswedstryd teen Australië op Kingsmead in Durban bevestig, met Keshav Maharaj en Simon Harmer wat as die twee draaiboulers gekies is. Kagiso Rabada is uitgelaat omdat hy nie voldoende van sy dyspierbesering herstel het nie, terwyl Anrich Nortje en Marco Jansen die snelboulaanval sal lei, met Wiaan Mulder wat ook met die bal kan bydra. Bavuma het bevestig dat Aiden Markram en Rya

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Ramaphosa loods ‘n R100 miljard- projek om Vrystaatse nywerheid te bevorder
President Cyril Ramaphosa sal Vrydag 'n R100 miljard- beleggingsprojek in die Vrystaat loods, wat daarop gemik is om industrialisering en belegging te bevorder. Die Vrystaatse Katalitiese Beleggings- en Industrialiseringsprojek sal by die Phuthaditjhaba Multifunksionele Sentrum in Qwaqwa van stapel gestuur word. Die Presidensie sê die projek sal motormontering, elektriese mobiliteit, energiestelsels, logistiek, vaardigheidsontwikkeling en plaaslike verskaffers ondersteun. Daa

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Vrystaat Landbou verwelkom ‘n hofbevel oor bek-en-klouseer
Vrystaat Landbou (VL) verwelkom 'n bevel van die Hooggeregshof wat 'n skikking bevestig wat boere toelaat om onafhanklik bek-en-klouseer-entstowwe te bekom en toe te dien. Die organisasie sê die uitspraak verwyder beperkings op private ingryping in siektebeheer. Die VL se vise-president, Friedl von Maltitz, sê vertragings in die skikking het boere gekos deur handelsontwrigtings en veeverliese. Hy het ook gekritiseer wat hy beskryf as mislukkings in die staat se nasionale...

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Ramaphosa: 'Apartheid het swart SA'ners toegang tot boerdery-ondernemings ontneem'
President Cyril Ramaphosa sê apartheid het swart Suid-Afrikaners toegang ontneem tot die grond, finansiering, infrastruktuur, tegnologie en markte wat nodig is om suksesvolle boerdery-ondernemings te vestig. Ramaphosa het Donderdag by die Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap gepraat. Hy sê die uitsluiting het ook toegang tot die Landbank beïnvloed, wat boere ondersteun het, maar swart mense vir dekades grootliks uitgesluit het. Ramaphosa sê die uitsluiting onde

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Mashatile hervat sy pligte ná herstel
Die adjunkpresident, Paul Mashatile, het aan die begin van die week sy pligte hervat nadat hy ten volle herstel het. Die Presidensie het Suid-Afrikaners en ander belanghebbendes bedank vir hul boodskappe van ondersteuning tydens sy herstelproses. Mashatile het ook sy dank uitgespreek vir die goeie wense, gebede en oproepe wat hy ontvang het. Die waarnemende woordvoerder van die adjunkpresident, Keith Khoza, sê daar word verwag dat Mashatile kabinetskomitees sal voorsit, die v

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue vat ’n welverdiende blaaskans, SA se toetsreeks teen Australië slaan af en, De Silva bedank as Sri Lanka se toetskaptein
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbok-vroue kry nou ’n ruskans van twee weke voordat hulle hul seisoen met twee tuistoetse teen Ierland afsluit. Hulle is vol selfvertroue ná hul indrukwekkende 20-0-oorwinning oor Spanje in die WXV Global Series in Sevilla. World Rugby berig die oorwinning was veral indrukwekkend omdat die Springbok-vroue Spanje op hul tuisveld sonder enige punte gehou het. Intussen het die mans onlangs in Perth met 42-38 teen Australië verloor. In krieket

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


News24 stuur ‘n aanmaningsbrief aan die leier van March and March
News24 het ’n aanmaningsbrief aan die leier van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma, gestuur nadat sy ’n ondersoekende joernalis, Khaya Koko, se selfoonnommer op Facebook gepubliseer het. EWN berig dit het binne minute tot doodsdreigemente, teistering en beledigende boodskappe en oproepe aan hom gelei. Koko ondersoek die oorsprong van die March and March-beweging, asook die bron van finansiering vir Ngobese-Zuma en haar man se regeringskontrakte. News24 se prokureurs het ge

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


LekkeSlaap word deur ‘n konsortium oorgeneem
Die Suid-Afrikaanse aanlyn akkommodasieplatform LekkeSlaap is oorgeneem deur 'n konsortium wat Investec, Janic Capital, die Ferreira- en Moolman-familiekantore, en Bellair Road Investment Partners insluit. Die stigters, Jonathan Womersley en Marcel van de Ghinste, het hul volle aandelebelange verkoop. Die uitvoerende hoof, Frans Joubert, en die bestaande uitvoerende span sal in hul poste aanbly. Herman Bosman word voorsitter, terwyl Robert Paddock by die direksie aansluit. Ne

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Daar is ‘n tekort aan matriekvraestelmerkers
Daar is ’n tekort aan merkers vir Afrikaans Huistaal, Engels Huistaal en Geskiedenis vir vanjaar se matriekeksamen. Dit is volgens die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi). The Citizen berig Umalusi sê hy is egter tevrede dat daar oor die algemeen genoeg nasienkapasiteit is. Die Departement van Basiese Onderwys beplan om vroeg met die nasienwerk te begin en dit in fases te doen om die tekort te bestuur. Dieselfde probleem is in 2024 aangemeld. Umalusi sê die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Trump sê Iran en sy weermag is uitgewis
Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, sê Iran en sy weermag is uitgewis. Trump het aan verslaggewers gesê die oorlog in Iran sal binnekort eindig. Die oorlog het in Februarie begin toe die VSA en Israel Iran aangeval het. Iran het gereageer deur Amerikaanse teikens in die Golfstreek aan te val en die Straat van Hormuz te sluit. Trump sê wêreldwye oliepryse sal daal wanneer die oorlog eindig. Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Coca-Cola gaan ‘n vennootskap aan om miljoene in munisipale waterinfrastruktuur te belê
Coca-Cola en rolspelers in Suid-Afrika se watersektor het ’n vennootskap aangegaan om R500 miljoen in munisipale waterinfrastruktuur te belê. Die geld sal tussen 2026 en 2031 aangewend word om waterverliese weens lekkende pype, verouderde infrastruktuur en swak monitering te bekamp. Business Tech berig Suid-Afrika verloor tans sowat 47 % van sy behandelde water voordat dit betalende verbruikers bereik. Die eerste fase van die projek begin in die Stad Tshwane en sal onder meer

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Die MK-party gaan 'n klag van crimen injuria teen Helen Zille aanhangig maak
Die MK-party gaan 'n klag van crimen injuria teen Helen Zille aanhangig maak. Dit kom nadat die DA-burgemeesterskandidaat in Johannesburg glo in ’n debat ’n MKP-lid gevloek het. Netwerk24 berig die MK-party en ActionSA het Donderdagaand in ’n gesamentlike verklaring gesê die debat op 31 Augustus tydens die televisiekanaal Moja Love se politieke debat in Soweto het byna vier uur geduur. Tydens die debat het spanning tussen die paneellede en lede van die gehoor toegeneem. Namat

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Die departement sê hy is op koers met die instelling van ’n basiese inkomste-toelaag
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy is op koers om ’n opgedateerde konsepbeleid oor die instelling van ’n basiese inkomste-toelaag te lewer. Die departement het Donderdag sy jaarverslag aan die parlement se Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling voorgelê. Hy sê die opgedateerde konsepbeleid sal voor die einde van dié boekjaar aan die kabinet voorgelê word. Sommige politieke partye en burgerlike organisasies het gevra vir ’n permanente bestaansmiddelt

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Kubayi verduidelik die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielsoekers
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof oor asielsoekers hou verband met prosedurele kwessies. Kubayi het Donderdag die media ingelig ná ’n dringende vergadering van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, waarvan sy die voorsitter is. Sy sê die uitspraak verleen nie outomaties vlugtelingstatus nie en waarborg ook nie die reg om onbepaald in Suid-Afrika te bly nie. Kubayi verduidelik o

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8


Die polisie soek na ’n pastoor nadat ’n baba begrawe gevind is
Die polisie in Gauteng is op soek na ’n pastoor nadat ’n ma glo verkrag en haar vier maande oue baba in ’n vlak graf gevind is. Volgens voorlopige inligting het die ma saam met haar pastoor en sy vrou na die Hennopsrivier gegaan vir ’n ritueel. Die ma is toe glo verkrag en vasgebind, terwyl die pastoor en sy vrou glo met haar baba verdwyn het. Sy het daarin geslaag om haarself te bevry en het by ’n nabygeleë konstruksieterrein om hulp gaan vra. ’n Polisiewoordvoerder, kolonel

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


‘n VS ma is in hegtenis geneem ná haar dogtertjie se dood
Die Vrystaatse polisie het 'n 21-jarige vrou in hegtenis geneem ná die dood van haar driejarige dogter naby Bethlehem. Volgens die polisie is die kind na bewering gisteraand in 'n agterplaashut by die vrou se huis in Voggelfontein verwurg. Polisiebeamptes is na die toneel ontbied en het die ma in hegtenis geneem voordat sy vir mediese behandeling en evaluering geneem is. Sy sal na verwagting op 'n aanklag van moord in die Bethlehem-landdroshof verskyn. Die polisie sê die omst

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


Jacob Zuma is in goeie gesondheid
Die MK-party sê sy leier, Jacob Zuma, is in goeie gesondheid. Dit volg nadat berigte die rondte gedoen het dat Zuma siek is en in die hospitaal opgeneem is. Die party sê Zuma was in die hospitaal vir ’n roetine-mediese ondersoek. Die MK-party sê die voormalige president is in ’n goeie luim en gereed om die plaaslike regeringsverkiesingsveldtog te lei.

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


Die regering oorweeg die implikasies van ’n uitspraak oor asielsoekers
Die regering sê hy oorweeg die implikasies van ’n onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof wat asielsoekers en bepalings van die Vlugtelingewet raak. Die Interministeriële Komitee oor Migrasie sal na verwagting met die betrokke departemente, regskenners en ander belanghebbendes vergader om ’n praktiese pad vorentoe te bepaal. Intussen doen die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, ’n beroep op Suid-Afrikaners om kalm te bly en bespiegeling of verkeerde inligting te v

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


Munisipale skuld aan Eskom word aangespreek
Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering sal die miljarde rande wat munisipaliteite aan Eskom skuld, aanspreek. Ramokgopa sê die regering werk saam met die Nasionale Tesourie en die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake om skuldooreenkomste te versnel. Die minister sê Eskom wil nie kredietbeheer teen munisipaliteite implementeer nie, want kragonderbrekings sal die ekonomie beïnvloed.

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights is steeds sonder ‘n oorwinning, Wêreldbeker-lokale vir volgende jaar kry ‘n R65m hupstoot en, wette oor gevaarlike duikslae is verskerp
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights het Woensdagaand hul vierde agtereenvolgende nederlaag in die YesPlay Pro20 Cup gely. Die Flexbrand Knights het 151 vir ses in hul 20 beurte aangeteken nadat Wian Ruthven ’n belangrike 73 van 42 balle geslaan het, met vyf grenshoue en vier sesse. Die Tuskers het egter die teiken met gemak bereik en 155 vir drie in net 18.2 beurte aangeteken om met sewe paaltjies te wen. Gareth Dukes was die groot uitblinker met ’n onoorwonne 82 va

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 8
bottom of page

