top of page


Alle Plasings


Talle mense is oorlede toe 'n bus op die N1 omslaan
Elf mense, onder wie vyf kinders, is oorlede toe 'n bus Donderdagaand sowat 24km noord van Trompsburg op die N1 omgeslaan het. Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, het die ongeluk omstreeks 21:30 plaasgevind en is verskeie ander passasiers beseer. Nooddienste en die polisie het die hele nag op die toneel gewerk om beseerdes te behandel en mense uit die bus te bevry. Mvambi sê die opruimingswerk op die toneel kan langer as agt uur d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 31


Masemola se saak is onder NVG-hersiening
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is die saak rakende die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, onder verskeie sake wat hersien word. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andy Mothibi, het dit bevestig nadat hy die voorlopige terugtrekking van sake teen generaal Dumisani Khumalo aangekondig het. Masemola staan tereg op vier aanklagte van beweerde oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor ‘n kontrak wat toege

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 31


Die weermag help glo nie om misdaad te bekamp nie
Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, sê die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om die polisie in die stryd teen misdaad by te staan, lewer nie die gewenste resultate nie. Volgens hom is soldate na gebiede gestuur wat deur bendegeweld en onwettige mynbou geteister word, maar die probleme duur voort. Cameron se uitlatings volg nadat minstens 16 mense die afgelope naweek in massa-skietvoorvalle in die Wes-Kaap oorled

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 31


'n Skikking staak die verdere vervreemding van Naval Hill
Die verkoop of verhuring van 153 munisipale eiendome in die Mangaung Metro mag nie voortgaan nie, na ‘n skikking wat buite die hof bereik is. Volgens AfriForum is ‘n interdik nou van krag wat enige verdere vervreemding van geskiedkundige terreine soos Naval Hill in die Franklin-natuurreservaat verhoed. Luidens ‘n verklaring moet die munisipaliteit nou binne 15 dae bewyse lewer dat die regmatige proses wel gevolg is om dié eiendomme te vervreem. ‘n Raadgewer vir Plaaslikereger

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


Oudio onthul dat Johnson vir Ramsamy aangespoor het om SA te verlaat
Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac), advokaat Andrea Johnson, het na bewering die aanklaer, Drushantha Ramsamy, aangeraai om die land te verlaat indien sy geroep word om voor die Madlanga-kommissie te getuig. ’n Opname van ’n telefoonoproep wat na bewering Johnson betrek, is Donderdag voor die kommissie gespeel. Johnson het ook die kommissie gekritiseer en sy lede as onprofessioneel beskryf. Ramsamy sê dat sy aanvanklik beplan het om ’n besk

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


Twee is by Bethlehem vasgetrek rakende gesteelde skape
Die Vrystaatse polisie het nege gesteelde skape teruggevind en twee verdagtes in hegtenis geneem tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie naby Bethlehem. Beamptes het inligting opgevolg oor vee wat te koop aangebied word. Ondersoeke het hulle na twee huise in Vogelfontein gelei, waar hulle skaapkarkasse in die besit van twee mans gevind het. Die polisie het die teruggevonde skape positief geïdentifiseer as dié wat van ’n plaaslike plaas gesteel is en dit aan die eienaar terug

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


MIDDAG SPORT: Die HSBC SVNS-skedule is bevestig, Potgieter neem afskeid van die Rocket Classic en Pedro se driekuns besorg 'n wenbegin aan Alonso
Ons begin met rugby-nuus: Wêreld Rugby het die HSBC SVNS-kalender vir 2027 bevestig, met Dubai, Kaapstad, Singapoer, Perth, Vancouver en New York wat almal as gasheerstede terugkeer voordat die Wêreldkampioenskap in Hongkong, Valladolid en Bordeaux plaasvind. Meer as 530-duisend ondersteuners het wedstryde tydens die 2026-seisoen bygewoon, wat ‘n toename van 21 persent vergeleke met die vorige jaar is. Hongkong het ‘n nuwe bywoningsrekord vir ‘n enkele dag van 41-duisend-457

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


Talle bestuurslisensies gaan nou 10 jaar hou
Die kabinet het die verlenging van die geldigheidstydperk van sekere Suid-Afrikaanse bestuurslisensies van vyf jaar tot 10 jaar goedgekeur. minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het dié besluit aangekondig tydens ’n inligtingsessie oor die uitkomste van die jongste kabinetsvergadering. Die verandering sal na verwagting die frekwensie van lisensiehernuwings verminder, maar dit sal eers in werking tree sodra die nodige wetlike en administratiewe prosesse voltooi is

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


‘n Renosterkalf veg ná ‘n stropery vir sy lewe
'n Vier maande oue renosterkalf ontvang intensiewe behandeling nadat stropers sy ma doodgeskiet en hom ernstig gewond het. Volgens Nuusflits sê Baby Rhino Rescue die kalf, Elia, is in die bors geskiet nadat sy ma, Ella, vir haar horings gestroop is. Die koeël het sy longe beskadig, maar geen lewensbelangrike organe of bene getref nie. Elia word tans deur 'n toegewyde veeartsenykundige span behandel en toon volgens die organisasie geleidelik tekens van herstel. Baby Rhino Resc

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die tou by Beitbrug is nou net 8km lank
Die verkeersopeenhoping buite die Beitbrug-grenspos by Musina het begin afneem nadat die Grensbestuursowerheid met Zimbabwiese grensowerhede in gesprek getree het. Volgens Arrive Alive het 'n opeenhoping van vragmotors vroeër die week veroorsaak dat die tou sowat 20km lank was. Die Grensbestuursowerheid sê die lang wagtye was die gevolg van stadige verwerking en beperkte parkeerplek aan die Zimbabwiese kant van die grens. Die tou is intussen tot sowat 8km verkort. FOTO: Arriv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Vrystaatse boere word aan die brandverbod herinner
Boere en ander grondeienaars in die Vrystaat word gemaan om hul voorbereidings vir die veldbrandseisoen nou af te handel voordat die jaarlikse brandverbod op oop vure Saterdag, 1 Augustus, in werking tree. Volgens Nova News waarsku die Moqhaka-brandbeskermingsvereniging dat die huidige kurkdroë veldtoestande en strawwe winterkoue die gevaar van verwoestende veldbrande aansienlik verhoog. Die vereniging sê veldbrande veroorsaak jaarliks miljoene rande se skade aan weiding, oes

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Toyota herroep voertuie
Toyota het meer as tweeduisend Urban Cruiser-voertuie herroep weens ’n foutiewe brandstofmeter. Die Nasionale Verbruikerskommissie sê die fout kan daartoe lei dat eienaars dink daar is meer brandstof in die voertuig as wat daar werklik is. Die meerderheid van die voertuie is in Suid-Afrika verkoop terwyl ander na ander lande uitgevoer is. ʼn Woordvoerder van die kommissie, Phetho Ntaba, moedig kliënte aan om hul voertuie na die naaste Toyota-handelaar te neem vir ‘n inspeksie.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


KwaZulu-Natal wil nóg 'n sneeuramp voorkom
Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer sê alles word in gereedheid gebring om te keer dat swaar sneeuval weer motoriste op paaie vaskeer. Volgens SABC News het sneeu reeds op die R617 tussen Underberg en Swartberg begin uitsak, terwyl padspanne met skrapers ontplooi is om die sneeu te verwyder voordat dit meer as 30 sentimeter diep word. Verkeersbeamptes hou die situasie intussen fyn dop ingevolge die provinsie se Sneeureaksieplan. Die departement sê hy wil verhoed dat d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


'n Speaker moet pa staan vir 'n miljoene-rand se oorsese reis
'n Oorsese reis van byna R5,9 miljoen deur 'n afvaardiging na 'n vier dae lange toerismeskou in Venezuela het skerp kritiek uitgelok. Volgens IOL het die speaker van die Gautengse wetgewer, Morakane Mosupyoe, die afvaardiging van 12 mense gelei. Dokumente wat in die Gautengse wetgewer ter tafel gelê is, toon dat meer as R3,3 miljoen aan vlugte en sowat R900 000 aan verblyf bestee is. Volgens die mosie het elke lid van die afvaardiging sowat R125 000 aan daaglikse toelaes ontv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


‘n Inhoudskepper is van dieremishandeling aangekla
'n Inhoudskepper op sosiale media is van dieremishandeling aangekla nadat 'n video versprei is waarin die persoon glo 'n rot lewendig aan die brand steek. Volgens inligting wat die Bloemfonteinse DBV gedeel het, is 'n ondersoek ingestel nadat die video aan die lig gekom het. Die inhoudskepper is daarna in hegtenis geneem en van dieremishandeling aangekla. Die DBV beklemtoon dat geen dier verdien om mishandel te word nie, ongeag die spesie, en dat dieremishandeling 'n kriminel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


‘n Dokumentêr vier die prestasies van Spesiale Olimpiese atlete
'n Dokumentêre film wat die prestasies van Suid-Afrikaanse Spesiale Olimpiese atlete vier, word Donderdag bekendgestel. Catching the Wind beklemtoon die veerkragtigheid en vasberadenheid van atlete met intellektuele gestremdhede en wys hoe sport insluiting, waardigheid en gelyke geleenthede bevorder. Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, en die voorsitter van Spesiale Olimpiese Spele Suid-Afrika, Mathews Phosa, sal die première bywoon.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Werkers wend hulle tot dobbel om te vergoed vir begrotingstekorte
Baie werkers in Suid-Afrika gebruik aanlyn dobbelary en sportweddenskappe om hul begrotingstekorte aan te vul. Volgens ’n opname dobbel meer as die helfte van die land se werkers gereeld met die hoop dat hulle geld kan maak om uitgawes en skuld te dek. Die Old Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor 2026 sê tot 22% van werkers is in finansiële moeilikheid as gevolg van dobbelary. Die finansiële moeilikheid word die meeste gevoel onder die laerinkomsteverdieners in die land. Ter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die plaaslike suikerbedryf worstel met twee uitdagings
Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf vra dringende ingryping deur die regering namate goedkoop suikerinvoere plaaslike produsente onder druk plaas. eNCA berig die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê gesubsidieerde suiker uit onder meer Eswatini, Brasilië, Indië en Thailand maak dit vir plaaslike produsente moeilik om mee te ding. Die bedryf staar ook 'n tekort aan werkers in die gesig voor vanjaar se oes, met sowat 30% minder suikerrietsnyers as wat nodig is. Volgens d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Nie almal stem saam met die Afsettingskomitee se besluit nie
Nie alle politieke partye stem saam met die parlement se Afsettingskomitee se besluit om teen 'n Hooggeregshof-uitspraak te appelleer nie. Die Hooggeregshof-uitspraak verhoed die komitee om openbare verhore te hou. Die komiteevoorsitter, Makashule Gana, het aangekondig dat die komitee teen die uitspraak gaan appelleer. Die ANC, VF Plus, IVP en PA is onder die partye wat hulle teen die besluit uitgespreek het. Die komitee mag intussen nie getuienis aanhoor voordat die Hooggere

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die VSA loods nuwe aanvalle teen Iran
Die VSA het nuwe aanvalle op Iran geloods ná ’n poging deur Iran om Amerikaanse magte in die Midde-Ooste met missiele aan te val. Die Amerikaanse Sentrale Kommando sê tientalle teikens van Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps is aangeval, insluitend militêre bevelsentrums en missiel- en hommeltuigfasiliteite. Die aanvalle volg op Iran se aanvalle op Amerikaanse basisse in Jordanië en vaartuie in die Straat van Hormoes. Washington sê alle Iranse missiele is onderskep. Te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


OGGEND SPORT: SA lewer gemengde uitslae in Glasgow, De Minaur en Eala vorder in Washington en slim mondskerms help om kopbeserings beter te verstaan
Ons begin by die Statebondspele: Suid-Afrika het gemengde uitslae op die Statebondspele in Glasgow beleef, met Tshepo Tshite en gewigstoter, Aiden Smith, wat vir hul onderskeie eindrondes gekwalifiseer het. Pieter Coetzé het sy derde goue medalje gewen en Christian Sadie, Kaylene Corbett en Chad le Clos het ook tot die land se medalje-oes bygedra. Daar was egter teleurstelling vir atlete soos Prudence Sekgodiso, Sabelo Dhlamini, Ashley Erasmus en Mvuyo Moss, wat nie hul onder

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


Hoenders word glo ARV’s gevoer
Pluimveeboere in Zimbabwe voer glo antiretrovirale medisyne, oftewel ARV's, aan hoenders. Volgens Eyewitness News waarsku wetenskaplikes dat dié praktyk ernstige gevolge vir mense én diere se gesondheid kan inhou. Sommige boere glo die medikasie laat hoenders vinniger groei en help om siektes te oorleef, maar kenners sê dit is 'n mite. Volgens hulle veroorsaak die middels bloot vogretensie, wat die hoenders groter laat lyk sonder dat hulle werklik groei. Daar is ook kommer da

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Meer waterowerhede lewer onveilige drinkwater
Dit het tydens die FW de Klerk-stigting se Konstitusionele Regte-konferensie aan die lig gekom dat al hoe meer waterowerhede in Suid-Afrika onveilige drinkwater lewer. Volgens sprekers by die konferensie raak finansiële wanbestuur in munisipaliteite die voorsiening van skoon drinkwater. Hoewel die lewering van skoon drinkwater 'n grondwetlike verpligting is, het die persentasie waterowerhede wat besmette drinkwater lewer, van 5% in 2014 tot 46% toegeneem. Ter illustrasie. FOT

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


'n Vrystaatse sakeman is in hegtenis ná hy glo 'n tiener aanrand
'n Vrystaatse sakeman van Boshof is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 17-jarige seun aangerand het. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die voorval het vroeër die week plaasgevind toe die seun op pad huis toe was. Volgens die polisie het die sakeman glo die tiener met 'n voertuig gevolg voordat hy hom by 'n vulstasie aangerand het. Die motief vir die beweerde aanranding is in hierdie stadium nog onbekend en die polisie ondersoek die saak. Die verdagte sal na verw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30
bottom of page

