top of page


Alle Plasings


Thabo Bester gaan homself verteenwoordig
Die veroordeelde verkragter, Thabo Bester, het sy regsverteenwoordigers afgedank en sal homself verteenwoordig wanneer sy verhoor oor sy ontsnapping uit die tronk in April volgende jaar begin. Intussen sal Bester op 16 Oktober in die hooggeregshof in Bloemfontein beswaar maak teen die wyse waarop hy in die tronk behandel word. Hy beweer dat tronkbeperkings sy toegang tot regsgeleerdes, regshulpbronne en kommunikasie aan bande gelê het. Bester staan tereg op aanklagte saam met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 7


Mbeki en Zuma moet verskyn oor sake rakende die WVK
Die voormalige presidente Thabo Mbeki en Jacob Zuma sal later vandeesmaand voor die ondersoek na sake rakende die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) verskyn. Dit is geskeduleer dat Mbeki op 19 en 20 Oktober getuig, terwyl Zuma op 22 Oktober sal verskyn. Die ondersoek is verlede jaar ingestel om beweerde vertragings en politieke inmenging by die vervolging van misdade uit die apartheidsera te ondersoek. Daar word verwag dat dit sy werk sal afhandel en bevindinge op 18 Dese

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


MIDDAG SPORT: ClearScore gaan 'n vennootskap met KSA aan, Medvedev is gediskwalifiseer en, Zidane begin sy bewind as Frankryk-afrigter onoorwonne
Ons begin met krieket: Krieket Suid-Afrika (KSA) het ClearScore verwelkom as sy amptelike vennoot vir 'n markplein vir kredietprodukte, ingevolge 'n meerjarige ooreenkoms wat beide die Protea-mans- en -vrouespanne insluit. ClearScore se handelsmerk sal op die mou van die Proteas se Toetshemp verskyn, en die vennootskap sal die spel se langste formaat ondersteun. KSA sê die ooreenkoms sal ook voorsiening maak vir belegging in sy Black Batters-program, met die uitvoerende hoof,

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 6


Ramaphosa sê sy besoek aan Egipte het betrekkinge versterk
President Cyril Ramaphosa sê sy besoek aan Egipte het die betrekkinge tussen die twee lande versterk en ooreenkomste tydens die Afrika-Unie se Midjaarlikse Koördineringsvergadering tot gevolg gehad. Ramaphosa het ook sy bilaterale ontmoeting met die Egiptiese president Abdel Fattah El-Sisi en besoeke aan die Piramides en Sfinks uitgelig, wat volgens hom waardevolle insig in Afrika se geskiedenis en beskawing gebied het. Hy het ook Bafana Bafana se oorwinning in 'n vriendskapl

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


Die beweerde ontvoerder van ‘n Bfn leerder se saak is binnekort voor
Die geskorsde polisielid wat daarvan aangekla word dat hy 'n Bloemfonteinse leerder ontvoer het, se saak is tot 26 November vir verhoor uitgestel. Nova News berig Nzima Philemon Adoons staan tereg op aanklagte van ontvoering en afpersing. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat, met streng voorwaardes. Die saak spruit voort uit die raaiselagtige ontvoering van ’n leerder aan die Martie du Plessis Skool in Bloemfontein, Kamogelo Baukudi, in Junie verlede jaar. Sy ontvoerders het

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


Khan se getuienis word weer uitgestel ná die moord op sy oom
Die Madlanga-kommissie van Ondersoek het die getuienis van die voormalige adjunkhoof van misdaadintelligensie, Feroz Khan, uitgestel. Khan het Dinsdagoggend agter geslote deure voor die kommissie verskyn. Die kommissie sê egter dat hy nie in 'n posisie is om te getuig nie. Dit volg op die dood van Khan se oom, Preggy Padayachee, wat Maandagaand op die R21 in Boksburg geskiet is. Die kommissie het bevestig dat Khan nou op 'n datum wat nog bepaal moet word, sal getuig. Feroz Kh

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


'n Kovsie wen vir die eerste keer ‘n gesogte antropologieprys
'n Nagraadse student, Liso Rulashe, het die eerste student van die aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) geword om die Monica Wilson-prys vir nagraadse antropologie te wen. MyCity Bloemfontein berig die toekenning erken Rulashe se navorsing oor hoe Pinkster-Christene geloof, Xhosa-kulturele identiteit en manlikheid met mekaar versoen deur die praktyk van ulwaluko. Ulwaluko is 'n tradisionele Xhosa-inisiasie-rite. Die beoordelaars was glo beïndruk deur die subtiele manier

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


‘n Eunice-meisie se koidam inspireer wen-navorsing
Die nuuskierigheid van ’n Bloemfonteinse leerling oor die algegroei in haar gesin se koidam het gelei tot die junior wenprojek op die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes se internasionale wetenskapskou. Netwerk24 berig 'n graad 8-leerling aan die Eunice High School in Bloemfontein, Denica Swartz, is aangewys as die junior wenner vir haar projek, “Quantitative Evaluation of Lactic Acid as a Treatment for Eutrophic Pond Water.” Rosestad-nuus se Ilde Roos veruidelik verder dit h

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


‘n VS ma is gevonnis vir mishandeling van haar dogter
'n Ma is tot ses maande gevangenisstraf gevonnis vir die aanranding van haar agtjarige dogter. Die Phuthaditjhaba-landdroshof in die Vrystaat het die vonnis vir vyf jaar heeltemal opgeskort. Volgens 'n polisieverklaring het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Augustus 2025 ’n klagte ontvang oor die beweerde mishandeling. 'n Klagte is voorheen ook teen dieselfde ma ontvang. Die vrou het die slagoffer opdrag gegee om na ’n eenjarige kind om te sien terwyl sy uitgeg

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


Godongwana word gedruk om die brandstofheffing dringend te hersien
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verkeer onder toenemende druk om die brandstofheffing dringend te hersien en te verlaag ná die jongste brandstofprysstygings. ActionSA voer aan dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se sterk onlangse prestasie met inkomstevordering 'n grondslag bied vir tydelike verligting. Die inkomstediens het in die 2025/26-boekjaar netto inkomste van net meer as R2 biljoen ingevorder. ActionSA waarsku dat hoër brandstofpryse kan lei tot verh

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


Die Britse topverkoper-skrywer Jeffrey Archer is oorlede
Brittanje treur oor die dood van sy topverkoper-skrywer, Jeffrey Archer. Die 86-jarige is skielik by sy huis oorlede. Hy sal onthou word vir die skryf van topverkoper-romans en sy diens as parlementslid vir die Conservative Party. Archer het in 2014 aangekondig dat hy met prostaatkanker gediagnoseer is. Jeffrey Archer. FOTO: Pan Macmillan South Africa

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 6


Talle is in kwarantyn nadat ’n laboratoriumwerker by ’n pes-navorsingsinstituut oorlede is
’n Laboratoriumwerker by ’n pes-navorsingsinstituut in Siberië is onder onbekende omstandighede oorlede. Volgens Reuters het die voorval kommer op sosiale media veroorsaak, maar Russiese owerhede hou vol dat die situasie onder beheer is. Tientalle mense is intussen in kwarantyn geplaas. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die risiko vir die algemene publiek is tans laag, maar nuwe evaluasies sal gedoen word sodra meer inligting beskikbaar is. Die Amerikaanse president, Donald

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Studente se reg om te leer moet beskerm word
Volgens Motheo TVET College kan studente se reg om hul griewe te lug nie ten koste van ander studente se reg om te leer wees nie. Volgens ’n mediaverklaring het onlangse ongemagtigde protesoptrede by die Bloemfontein- en NADA-kampusse onder meer tot ontwrigting van klasse en dreigemente teen studente en personeel gelei. Die verklaring benadruk dat studente die reg het om vreedsaam te betoog en kwessies soos befondsing en akademiese sake aan te spreek, maar dit moet deur wetti

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Nuwe radartegnologie help om renosterstropers op te spoor
Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad het nuwe radartegnologie in die Krugerwildtuin ontplooi om stropers op te spoor en te volg. Die radar gebruik kunsmatige intelligensie om bewegings van mense, diere en voertuie te identifiseer sonder kameras of operateurs. Renosterstropery in die wildtuin het verlede jaar byna verdubbel, met 175 renosters wat doodgemaak is, teenoor 88 in 2024. Die raad sê stropery het reeds aansienlik afgeneem in gebiede waar die stelsel gebruik w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


‘n Voorgestelde wet sal vee-eienaars verplig om 'n register van hul diere by te hou
'n Voorgestelde wet wat daarop gemik is om veediefstal te bekamp, sal vee-eienaars verplig om 'n register van hul diere by te hou. Die Wetsontwerp op die Wysiging van die Wet op Veediefstal stel ook voor dat die register elke twee weke bygewerk moet word. Die wetsontwerp het ten doel om die Wet op Veediefstal van 1959 by te werk. Die voorgestelde register sal ook inligting vereis oor hoe die dier verkry of van die hand gesit is. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


‘n Vrystater is glo met ‘n graaf in sy huis aangeval
’n Vrystater van Fauresmith sê hy is in sy huis met ’n graaf aangeval terwyl hy geslaap het. Volgens die Vrystaatse polisie het Willem Croucamp die naweek wakker geword van ’n skerp pyn op sy voorkop. Hy het glo sy aanvaller oor hom sien staan met die graaf in sy hand. Croucamp het daarin geslaag om die man te gryp en hom uit die huis te stoot. Die verdagte het die graaf laat val en te voet gevlug. Croucamp is later in die hospitaal behandel. Hy is Maandag ontslaan en het daa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Menslike Nedersettings neem ‘n veldtog oor huurregte na universiteite
Die Departement van Menslike Nedersettings neem sy Ken Jou Huurregte die Studente-uitgawe-veldtog na universiteite en ander hoëronderwysinstellings. Die twee weke lange veldtog is daarop gemik om studente op te voed oor hul regte en verantwoordelikhede as huurders en hoe om toegang tot gratis geskilbeslegtingsdienste te verkry. Dit sal kwessies soos onbillike huurpraktyke, onwettige uitsettings, betalings en geskille tussen verhuurders en huurders aanspreek. Die veldtog word

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


OGGEND SPORT: Green se toetsdeelname teen die Proteas is onseker, Messi maak sy laaste verskyning vir Argentinië en, Djokovic behou sy wenreek
Ons begin met krieket: Australië se veelsydige speler Cameron Green kan die eerste toets teen die Proteas misloop nadat hy ’n abdominale besering opgedoen het. Green het nie aan Australië se tweedaagse opwarmingswedstryd in Potchefstroom deelgeneem nie nadat hy tydens die derde eendagwedstryd teen Suid-Afrika beseer is. Die Daily Telegraph berig Cooper Connolly en die nuut-opgeroepte Nic Maddinson is moontlike plaasvervangers indien Green nie betyds herstel nie. Marnus Labusc

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 6


OGGEND SPORT: Green se toetsdeelname teen die Proteas is onseker, Messi maak sy laaste verskyning vir Argentinië en, Djokovic behou sy wenreek
Ons begin met krieket: Australië se veelsydige speler Cameron Green kan die eerste toets teen die Proteas misloop nadat hy ’n abdominale besering opgedoen het. Green het nie aan Australië se tweedaagse opwarmingswedstryd in Potchefstroom deelgeneem nie nadat hy tydens die derde eendagwedstryd teen Suid-Afrika beseer is. Die Daily Telegraph berig Cooper Connolly en die nuut-opgeroepte Nic Maddinson is moontlike plaasvervangers indien Green nie betyds herstel nie. Marnus Labusc

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 6


‘Bloemfontein se noordelike stortingsterrein moet gesluit word’
Die VF Plus is van mening dat die noordelike stortingsterrein in Bloemfontein gesluit moet word. Volgens Netwerk24 het die party die terrein besoek en sê die ligging naby ’n woonbuurt, asook probleme met die bestuur daarvan, hou risiko’s vir die gemeenskap in. Die party voeg by dat die stortingsterrein beter gereguleer moet word en dat inwoners ook beter ingelig moet word oor die korrekte hantering van afval. Intussen sê die Mangaung-metro hy is bewus van onwettige herwinning

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Petrol kos meer as R30 per liter
Motoriste sal vir die eerste keer meer as R30 per liter vir petrol betaal wanneer die nuwe brandstofpryse Woensdag in werking tree. Volgens Maroela Media sal 95-oktaanpetrol vir R30,25 per liter in die binneland verkoop word, terwyl 93-oktaanpetrol R29,88 per liter sal wees. Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% sal Woensdag R31,95 per liter beloop, terwyl die 0,005%-variant R31,08 per liter sal wees. Intussen sê Cosatu die jongste brandstofprysverhoging is ’n terugslag vir die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Die moordsaak teen Vrystaatse polisiebeamptes is uitgestel
Die moordsaak teen nege Bultfontein-polisiebeamptes in die Vrystaat is tot 23 November vir 'n voorverhoor-konferensie uitgestel. Dit nadat sommige van die beskuldigdes nog nie hul regsverteenwoordiging gefinaliseer het nie. Die beamptes staan tereg op vier aanklagte van moord wat verband hou met 'n skietvoorval in September 2024 in die Phahameng-township, waar drie lede van die Maleka-familie en 'n polisiebeampte, konstabel Mojalefa Borole, oorlede is. Vyf beskuldigdes moet

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Simelane doen 'n beroep op sterker vennootskappe om behuisingsuitdagings die hoof te bied
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, doen 'n beroep op sterker samewerking tussen die regering, gemeenskappe, die privaatsektor en die burgerlike samelewing om Suid-Afrika se stedelike behuisingsuitdagings aan te spreek. Dit kom terwyl die land Wêreldhabitatdag gevier het en Menslike Nedersettingsmaand en Stedelike Oktober van stapel gestuur het. Sy sê die aanspreek van verstedeliking moet verder gaan as beleidmaking, met belanghebbendes wat aktief betrok

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6


Itac beveel geen verhoging van belasting op papierprodukte aan nie
Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie (Itac) het geen verhoging in doeaneregte op sekere onbedekte papier- en kartonprodukte aanbeveel nie. Die produkte word hoofsaaklik gebruik vir kantoordrukwerk, kopiëring en omskakeling. Itac sê dat hulle mark- en handelsinligting, invoerdata, produksie- en indiensnemingstendense en Suid-Afrika se internasionale handelsverpligtinge oorweeg het. Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het die aanbeveling goedgekeur. Hy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6
bottom of page


