top of page

Alle Plasings


Die munisipaliteit wil Bloem weer soos die Stad van Rose laat lyk
Om Bloemfontein weer soos die Stad van Rose te laat lyk en voel is die munisipaliteit se Vaste Afval Departement gereed om die volgende groot stad skoonmaakveldtog af te skop. Volgens die Maungaung Metro Munisipaliteit sal die veldtog vanaf volgende maand af plaasvind. Hulle sê in ‘n plasing op sosiale media hierdie inisiatief stem ooreen met die skoon stede en dorpe-veldtog onder leiding van die adjunkpresident, Paul Mashatile. Die skoonmaakveldtog is daarop gemik om omgewin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Die OOT-uitvoerende hoof se bedanking word verwelkom
Die bedanking van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (OOT) se uitvoerende hoof, Tebogo Malaka is deur die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, verwelkom Die trust het Woensdag aangekondig dat Malaka geen uittreevergoeding sal ontvang nie. Volgens die regeringsagentskap sal hulle nou die proses begin om ‘n permanente uitvoerende hoof aan te stel. Malaka is in Augustus verlede jaar ná ‘n ondersoek wat onreëlmatighede in ‘n hospitaaltender ter waarde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Byna tweeduisend Christene is in die afgelope twee jaar vermoor
Die 2026 Global Christian Relief Red List het drieduisend geverifieerde ontvoerings of aanrandings en byna tweeduisend moorde van Christene oor die afgelope twee jaar gedokumenteer. Dit as gevolg van wêreldwye geloofsgebaseerde geweld. Die lys is vroeër vandeesmaand vrygestel nadat dit deur ‘n span vervolgingskundiges saamgestel is, en steun op inligting wat verskaf is deur die Violent Incidents Database, wat deur die International Institute for Religious Freedom (IIRF) onde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


‘n Bloemfonteinse chirurg is tot VASSA se eerste vroulike president benoem
'n Vaskulêre chirurg by Mediclinic Bloemfontein, Professor Asha Malan, het die Vaskulêre Vereniging van Suider-Afrika (VASSA) se eerste vroulike president geword. Luidens ‘n mediaverklaring van Mediclinic was sy eens die enigste vaskulêre chirurg in sentraal-Suid-Afrika, en is daartoe verbind om ander op te lei. Malan sê sy het nie dadelik besef dat sy die eerste vrou is wat VASSA in sy 40-jarige geskiedenis lei nie, maar dis iets waarop sy trots is. Sy voeg by vaskulêre chir

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Die FWA se parkespan is volstoom aan die gang
Die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se parkespan het vroeg aan die werk gespring. Al die parke se gras is reeds gesny. Luidens ‘n plasing op sosiale media is 31 sakke tuinvullis asook stortingsvullis verwyder. Hulle is ook besig met hul gifbespuitingsprogram waar 10 parke reeds met ‘n omgewingsvriendelike gif bespruit word om van onkruid ontslae te raak. Volgens die FWA is die doelwit om die parke doringvry te maak sodat kinders kaalvoet daar kan speel.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Derduisende mense besoek die Vrystaatse dinosourus-sentrum
Altesaam 80 000 gaste is al by die Kgodumodumo Dinosourus Interpretasiesentrum in die Golden Gate Highlands Nasionale Park verwelkom. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sé in ‘n mediaverklaring die Vrystaatse sentrum het sedert Oktober 2026 meer as R1 miljoen in inkomste ingesamel. SANParke voeg by meeste van die besoekers was binnelandse reisigers, hoofsaaklik van die Vrystaat. Die sentrum versterk nie net die plaaslike ekonomie met verblyfondernemings wat 'n bed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


KRIEKET: Sunrisers storm SA20-uitspeelwedstryde binne
Sunrisers Eastern Cape het die eerste span geword wat vir die Betway SA20 Seisoen 4-uitspeelwedstryde gekwalifiseer het nadat hulle Joburg Super Kings met 63 lopies met ‘n bonuspunt by St George’s Park verpletter het. Die uitslag lig die Sunrisers na die boonste plek met 24 punte terwyl JSK vierde bly met 17. Debutant, James Coles, het met ‘n onoorwonne 61 van 34 balle geskiet en toe 2-34 behaal, uitstekend gekombineer met Senuran Muthusamy se 3-26. Coles en kaptein Tristan S

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 15


TENNIS: Amateur verstom tennis-elite in Melbourne-uitdunne
Die Australiese amateur, Jordan Smith, het ‘n merkwaardige verrassing gelewer om die One Point Slam by Rod Laver Arena te wen, deur ‘n veld vol van die wêreld se topsterre te klop. Die unieke geleentheid het 24 professionele spelers en 24 amateurs en bekendes deur middel van promotorskeuse ingesluit, met elke wedstryd wat deur ‘n enkele punt beslis is. Smith het die oorwinning verseël deur Joanna Garland in die finaal te verslaan, nadat hy vroeër Jannik Sinner en Amanda Anisi

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 15


Trump kondig tariewe op Iran se handelsvennote aan
‘n Tarief van 25% op enige land wat sake met Iran doen is deur die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig. Maroela Media berig Trump het in ‘n plasing op sosiale media gesê die nuwe heffings sal handelsvennote wat sake met Amerika en die Islamiteise Republiek doen onmiddellik tref. Hy skryf ook die bevel is finaal – maar spesifiseer nie wie dit sal raak nie. Volgens die ekonomiese databasis, Trading Economics, is China, Turkye, Irak asook die Verenigde Arabiese Emi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


DAKAR: Beseerde Sanders vasbeslote om voort te gaan
Daniel Sanders is vasbeslote om in die Dakar-tydren voort te gaan ten spyte van ‘n vermoedelike gebreekte sleutelbeen wat hy in ‘n ongeluk op stadium 10 opgedoen het, wat die Australiër van die algehele voorsprong na vierde laat val het, terwyl Ricky Brabec na die top posisie beweeg het. Honda se Adrien Van Beveren het die skofoorwinning voor Brabec behaal, wat tyd gewen het deur Sanders te help en is nou voor Luciano Benavides met 56 sekondes, met Tosha Schareina derde. In d

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 15


Eskom moedig sonkraggebruikers aan om hul stelsels te registreer
Eskom doen ‘n beroep op huishoudings en besighede met sonkragstelsels om te registreer en aan die wet te voldoen. Die nutsmaatskappy sê alle kleinskaalse ingebedde opwekkingstelsels onder 100 kVA moet by Eskom of plaaslike munisipaliteite geregistreer word. Eskom gaan voort om registrasie- en verbindingsfooie van tot R10 000 vir huishoudelike stelsels onder 50 kVA tot die einde van Maart kwyt te skeld. Die nutsmaatskappy sê registrasie verbeter veiligheid, beskerm tegnici en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Die suikerbedryf waarsku teen ‘n krisis
Suid-Afrika se suikerbedryf waarsku dat tensy die regering dringend optree dit ‘n dreigende belastinggedrewe ramp in die gesig staar. Volgens die Suid-Afrikaanse Rietkwekersvereniging kan die sektor langtermyn skade ly, wat werksgeleenthede, landelike gemeenskappe en voedselsekerheid kan bedreig. Die bedryf ondersteun meer as eenmiljoen bronne van inkomste, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, insluitend duisende klein- en grootskaalse boere. Die vereniging voeg by dat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


'n Plaaslike maatskappy bereik 'n besonderse mynbou-mylpaal
'n Suid-Afrikaanse maatskappy het 'n mylpaal bereik by ’n nuwe proefaanleg in Johannesburg wat skaars aardmetale uit fosfogips ontgin en verwerk. Netwerk24 berig Rainbow Rare Earths, wat op Londen se FTSE-beurs genoteer is, meen dit bied Suid-Afrika ’n gulde geleentheid om moontlik ’n toekomstige sleutelrol in die wêreldwye voorsieningsketting vir elektriese voertuie en hernubare energie te speel. Wat die projek besonders maak, is dat Rainbow seldsame aardmetale uit fosfogips

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 14


Vermiste matriekulant kry vyf onderskeidings
Die matriekleerling wat onlangs tydens ʼn snorkelvakansie in Mosambiek verdwyn het, het vyf onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Maroela Media berig die soektog na Rikus Kylander van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp is enkele dae gelede amptelik beëindig. Die skool het Rikus se prestasie as ʼn besonderse mylpaal beskryf en gesê dit getuig van sy toewyding en potensiaal. Volgens sy familie is uitgebreide en gekoördineerde soektogte uit die lug sowel as op see

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 14


KRIEKET: Harmanpreet lei Mumbai na rekordjaagtog
Harmanpreet Kaur het ‘n beheersende beurt gelewer terwyl Mumbai Indians 193 agternagesit het om Gujarat Giants met sewe paaltjies te klop. Mumbai het die Giants beperk tot 192 vir vyf, voordat Harmanpreet ‘n onoorwonne 71 van 43 balle geslaan het om haar span na hul hoogste suksesvolle WPL-jaagtog en die kompetisie se tweede hoogste algehele telling te lei. Die uitslag het die Giants hul eerste nederlaag van die seisoen besorg, terwyl Mumbai hul perfekte WPL-rekord teen die G

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14


TENNIS: Kokkinakis se terugkeer eindig in teleurstelling
Thanasi Kokkinakis se langverwagte terugkeer het in teleurstelling geëindig nadat die Australiër hom aan die Adelaide International onttrek het en toegegee het dat sy skouer nie gereed was ná byna ‘n jaar uit die spel nie. Die 29-jarige het ‘n taai oorwinning in drie stelle oor Sebastian Korda deurgedruk, maar moes later aan sy tuisdorp-toernooi onttrek weens ‘n reeks borsoperasies in die verlede. Die terugslag laat twyfel ontstaan oor sy fiksheid vir die Australiese Ope wa

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14


FORMULE 1: Alpine en Doohan se paaie skei voor die 2026 seisoen wegspring
Alpine het voor die 2026 Formule 1-seisoen met sy reserwebestuurder Jack Doohan paaie geskei. Volgens Reuters het die 22-jarige Australiër en Alpine ooreengekom om nie sy kontrak voort te sit nie, wat hom toelaat om ander loopbaangeleenthede na te streef soos die nuwe seisoen nader kom. Doohan, die seun van Mick Doohan, het sy F1-debuut by die 2024 Abu Dhabi Grand Prix gemaak en in 2025 aan ses wedrenne deelgeneem voordat hy as 'n renjaer vervang is en teruggekeer het na 'n r

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14


'n Vrystaatse top-matriekleerling help ook sy klasmaats met wiskunde
’n Vrystaatse matriekleerling het nie net nasionaal die eerste plek in wiskunde onder leerlinge in kwintiel 3-skole verower nie, maar ook talle van sy klasmaats met wiskunde gehelp. Netwerk24 berig Bokang Mokubung, die uittredende hoofseun van die Bluegumbosch Secondary School in Phuthaditjhaba, het vroeg soggens die huis verlaat om sy medeleerlinge voor skool te help, en hy het dieselfde in die middae gedoen. Mokubung sê as hy na die sosialemediaplasings van die meeste van s

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 14


Godongwana spoel sy mond uit oor geskille oor die Nasionale Gesondheidsversekering
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê regsgedinge teen die Nasionale Gesondheidsversekering behoort buite die hof geskik te word. Tydens die mediumtermynbegrotingsdebat in die parlement het hy mediese verenigings gekritiseer wat die wet betwis, en gesê dit vertraag universele toegang tot gesondheidsorg. Godongwana het ook die Zuma-administrasie blameer vir die herleiding van miljarde rand van gesondheid en onderwys na mislukte staatsentiteite. Hy sê die huidige reg

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 14


Nóg ʼn groep kinders is by 'n grenspos onderskep
Nóg ʼn groep ongedokumenteerde kinders is gister by die Beitbrug-grenspos onderskep. Die kommissaris van die grensbestuursowerheid (GBO), Michael Masiapato, sê ʼn grenswag het 'n minibustaxi by die grenspos voorgekeer en deursoek. Die taxi het 33 kinders tussen vier en 15 jaar oud vervoer. Maroela Media berig volgens die GBO was die kinders van Suid-Afrika op pad na Zimbabwe. Hulle het geen geldige reisdokumente gehad nie. Twee Zimbabwieërs is in hegtenis geneem op aanklagte da

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 14


Die WGO wil belasting op suikerhoudende drankies verhoog
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vra vir ‘n hoër belasting op alkoholiese en suikerhoudende drankies. Die organisasie het kommer uitgespreek oor die hoë verbruik van hierdie drankies regoor die wêreld. Hulle sê hierdie hoë verbruik dra tot gesondheidsprobleme onder bevolkings by. Volgens die WGO dra lae belasting op drank en produkte met ‘n hoë suikerinhoud by tot die voorkoms van vetsug, kanker, hartsiektes en diabetes. Intussen berig Reuters gebaseer op bewyse van...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14


Uitvoerders verwelkom die Agoa-verlenging
Suid-Afrikaanse uitvoerders verwelkom die verlenging van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa). Amerika se Huis van Verteenwoordigers het Dinsdag gestem om die wet te verleng ná die verstryking daarvan verlede jaar. Die wetsontwerp sal nou na die Amerikaanse senaat oorgedra word, en indien goedgekeur, sal die Amerikaanse president Donald Trump dit onderteken. Ekonome waarsku Suid-Afrika egter om nie op Amerika vir uitvoere staat te maak nie, maar om pog

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14


Voornemende studente word teen onwettige kolleges gewaarsku
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding waarsku voornemende studente teen kolleges wat onwettig bedryf word. Volgens die departement is sulke instellings nie geregistreer soos deur die wet vereis nie en bied nie geloofwaardige kwalifikasies nie. Die woordvoerder van die ministerie, Matshepo Seedat, sê kwalifikasies wat deur private vaardigheidsontwikkelingsverskaffers aangebied word, moet behoorlik nagegaan word. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14


DAKAR: Roma neem voortou terwyl Dakar-drama die punteleer skud
Nani Roma het die voortou in die Dakar-tydren geneem na ‘n strawwe negende skof, met ‘n Ford een-twee saam met Carlos Sainz, terwyl voormalige leier, Nasser Al-Attiyah, na die derde plek teruggesak het en Henk Lategan op vierde geëindig het. Roma het deur drie pap bande gesukkel om vir die eerste keer in 12 jaar beheer te neem, Sainz het gesukkel met navigasie en later ‘n tydstraf gekry, en Lategan het verduur wat hy ‘n rampspoedige dag genoem het, gekenmerk deur verdwaal, pa

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14
bottom of page

