top of page



Alle Plasings


Die Vrystaatse voertuigmisdaad-eenheid is as die land se beste aangewys
Die Vrystaatse Voertuigmisdaad-ondersoekeenheid is as die beste presterende eenheid in die land aangewys vir sy werk om gesteelde voertuie op te spoor, terug te kry en uit Lesotho na Suid-Afrika terug te bring. Die toekenning is tydens die Internasionale Vereniging van Motordiefstalondersoekers se jaarlikse seminaar in Limpopo oorhandig. Die Vrystaatse span werk nou saam met die Lesotho Mounted Police Service en verskeie ander rolspelers, waaronder die Insurance Crime Bureau,

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


RNE-vennote bevraagteken Lamola se geskiktheid as topdiplomaat
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het onder skerp kritiek deurgeloop oor sy hantering van Suid-Afrika se verslegtende verhouding met die Verenigde State. Volgens Maroela Media meen twee van die ANC se vennote in die regering van nasionale eenheid, saam met ander organisasies, dat Lamola nie geskik is om as die RNE se topdiplomaat te dien nie. Die kritiek volg te midde van ’n openbare woordestryd tussen Lamola en die Amerikaanse ambassa

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


Meer as 260 gevangenes sal die finale matriekeksamen skryf
Die Departement van Korrektiewe Dienste het 268 gevangenekandidate aangemoedig om gefokus te bly terwyl hulle voorberei om hul 2026-matriekeksamen af te lê. Die nasionale kommissaris, Makgothi Samuel Thobakgale, sê die kandidate se pogings en dissipline sal in hul resultate weerspieël word. Die kandidate woon 18 korrektiewe diensteskole landwyd by, wat 'n toename van 56,7% vanaf 171 verlede jaar aandui. Die departement het verlede jaar 'n slaagsyfer van 94,4% behaal. Die komm

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


Idac verwys korrupsiesake na ander aanklaers ná Manilall se bedanking
Die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac) het bevestig dat aanklaers die sake wat deur die adjunkdirekteur van Openbare Vervolging, advokaat Santhos Manilall, hanteer word, sal oorneem ná sy bedanking. Idac sê in 'n verklaring dat die hertoewysing kontinuïteit in sy werk om korrupsiesake te ondersoek en te vervolg, sal verseker. Manilall se laaste werksdag sal op 31 Oktober wees. Die Nasionale Vervolgingsgesag en Idac het hom voorspoed in sy toekomstige werk en loopbaan

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Leerders word aangespoor om loopbane in die kreatiewe en kulturele sektore te oorweeg
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het leerders aangespoor om loopbane in die kreatiewe en kulturele sektore te oorweeg. Hy het die oproep Vrydag by die vierde jaarlikse Heritage Career Expo by Capricorn Tvet College se Seshego-kampus in Limpopo gemaak. Leerders het loopbaangeleenthede in mode, musiek, visuele kunste, gasvryheid en haarkappery ondersoek. Manamela sê hierdie loopbane kan by universiteite van tegnologie en TVET-kolleges gevolg word. Hy

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Bestuurslisensies en verkeersregisternommers tel dalk nie meer as algemene identifikasiedokumente nie
Die Departement van Vervoer het wysigings voorgestel om te verhoed dat verkeersregisternommer-sertifikate, leerlinglisensies en bestuurslisensies as algemene identifikasiedokumente gebruik word. Die stap volg op 'n ondersoek in 2023 wat wydverspreide misbruik van hierdie dokumente aan die lig gebring het. Die voorgestelde veranderinge is daarop gemik om te verseker dat slegs dokumente wat deur die Departement van Binnelandse Sake uitgereik is, vir identifikasie aanvaar word.

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Oos-Kaapse grasvelde tot nasionale park verklaar
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het 18 eiendomme wat meer as 10 000 hektaar in die Oos-Kaap beslaan, as die Grasveld Nasionale Park verklaar. Die park, geleë tussen Nqanqarhu en Rhodes, sal grasveld-ekosisteme en 'n belangrike waterbrongebied beskerm. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sal die park bestuur, wat hoofsaaklik deur biodiversiteitsbestuur gevestig is Dit laat grondeienaars toe om eienaarskap te behou terwyl hulle tot bewaring ver

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Politieke partye verbind hulle tot die verkiesingsgedragskode in die Vrystaat
Politieke partye in die Vrystaat het Vrydag in die Bloemfontein-stadsaal die amptelike gedragskode vir die munisipale verkiesing op 4 November onderteken. Volgens Netwerk24 sê die Verkiesingskommissie se provinsiale bestuurder, Itumeleng Liba, die ondertekening is ’n openbare verbintenis dat partye, hul leiers en ondersteuners die verkiesingswetgewing sal nakom en hulle tydens die verkiesing gepas sal gedra. Die proses sal in die komende weke ook by plaaslike munisipaliteite

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Motsoaledi belowe om openbare gesondheidsorg te versterk ten spyte van NGV-regsuitdagings
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die regering sal voortgaan om openbare gesondheidsorg te versterk ten spyte van hangende regsgedinge teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Die minister het die parlement se Portefeuljekomitee oor Gesondheid toegespreek. Hy sê die verbetering van hospitaalinfrastruktuur, toerusting, personeelvoorsiening en elektroniese gesondheidsrekords kan nie weens die hofsake vertraag word nie. Die NGV wag op 'n uitspraak van die

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Die tweede SAPD Vrystaat POLMED-padwedloop vind vandag in Bloemfontein plaas
Bloemfonteiners word gevra om kennis te neem van verhoogde aktiwiteit rondom Bobbiespark waar die tweede SAPD Vrystaat POLMED-padwedloop plaasvind. Die wedloop het Saterdagoggend begin, met die 21 kilometer-afstand wat om sesuur weggespring het, gevolg deur die 10 kilometer om kwart oor ses en die 5 kilometer om halfsewe. Bobbiespark dien as die begin- en eindpunt van al drie afstande. Die geleentheid word deur die Vrystaatse SAPD, die SAPD Atletiekklub en POLMED aangebied en

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Inwoners is ontsteld ná skote en geraas by 'n matriekafskeid in Bloemfontein
Inwoners van Langenhovenpark in Bloemfontein het hul misnoeë uitgespreek nadat skote glo tydens ’n matriekafskeid in die gebied afgevuur is. Volgens Netwerk24 het inwoners ook gekla oor harde motorfietse, verkeer en ander geraas wat met die skool se matriekafskeid by die Leopard & Lace-venue gepaardgegaan het. Een inwoner sê dat die geraas reeds omstreeks vyfuur Donderdagmiddag begin het en dat die polisie twee keer ontbied is. Sy beweer ook dat voertuie voor inwoners se opri

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10


Ramaphosa wens die wenner van die Nobel-vredesprys geluk
President Cyril Ramaphosa het regter Navanethem Navi Pillay gelukgewens met die toekenning van die Nobelprys vir Vrede vir 2026 vir haar bevordering van vrede en internasionale reg. Pillay, 'n ad hoc-regter by die Wêreldhof, het voorheen as die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir Menseregte gedien en as voorsitter opgetree by die Strafhof vir Rwanda. Sy het ook teen-apartheidsaktiviste, insluitend Nelson Mandela, verdedig. Ramaphosa sê die toekenning erken haar lewenslang

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Motsoaledi ontken die misbruik van gesondheidsfondse vir advertensies
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het ontken dat fondse wat bedoel was vir kritieke siektes na advertensieveldtogte herlei is, en daarop aangedring dat die oordragte wettig was en nie pasiëntsorg beïnvloed het nie. Die departement het Vrydag in die parlement gereageer op News24-berigte dat dit R182 miljoen uit sy Nasionale Gesondheidsversekeringsbegroting vir advertensieveldtogte gebruik het. Motsoaledi sê die geld het kommunikasiebehoeftes, insluitend MIV-voorko

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Mashatile wens Jacob Zuma ’n spoedige herstel toe
Die adjunkpresident, Paul Mashatile, het die voormalige president, Jacob Zuma, ’n spoedige herstel toegewens te midde van berigte dat hy in KwaZulu-Natal in die hospitaal opgeneem is. Mashatile het die opmerking gemaak terwyl hy Vrydag in Johannesburg vir die ANC veldtog gevoer het. Hy sê die Presidensie sal voortgaan om Zuma se toestand te monitor te midde van teenstrydige berigte oor waar hy hom bevind. LUISTER HIER: Jacob Zuma. FOTO: News24

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Bloemfonteiners word aangeraai om versigtig te wees vir slange
Bloemfonteiners word aangeraai om versigtig te wees vir slange soos wat die temperature styg. Dit is volgens 'n verteenwoordiger van die Bloemfonteinse Slangvangers, Stephan Fourie. Fourie sê aan Rosestad-nuus daar tans is 'n redelike toename in slang-aktiwiteit. Hy moedig mense aan om eerder veilig as spyt te wees, en nie slange self te probeer vang of dood te maak nie. Hy sê ongeveer 96% van mense wat aan slangbyte dood is, is omdat hulle die slange self probeer doodmaak he

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


BKS: ’n Deurbraak-hofbevel laat boere toe om self entstowwe te bekom en toe te dien
’n Hofbevel wat die weg baan vir veeboere om onafhanklik bek-en-klouseer-entstowwe te bekom en toe te dien, is ’n belangrike deurbraak in die stryd teen die siekte. Dit is volgens Vrystaat Landbou (VL), nadat die skikkingsooreenkoms in die hofsaak tussen VL, Sakeliga en Saai teen die minister van landbou nou as ’n formele hofbevel bevestig is. Maroela Media berig VL se vise-president, Friedl von Maltitz, sê hierdie mylpaal-uitspraak herstel amptelik die reg van boere om onafh

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Toetse van Bfn se water toon geen besoedeling nie
Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit verseker inwoners dat laboratoriumtoetse geen besoedeling in die ontlede watermonsters aangetoon het nie. Dit kom ná berigte oor verkleurde water in die noordelike dele van Bloemfontein. My City Bloemfontein berig die munisipaliteit het Donderdag bevestig dat chemiese en mikrobiologiese toetse aan die vereiste standaarde voldoen het. Geen bakterieë of patogene is in die getoetste monsters opgespoor nie. Volgens die munisipaliteit ho

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Universitas vier 50 jaar van kerngeneeskunde
Die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein vier 50 jaar van uitnemendheid in kerngeneeskunde. Die Vrystaatse Gesondheidsdepartement sê die eenheid het gespesialiseerde pasiëntsorg, mediese opleiding en navorsing bevorder deur sy vennootskap met die Universiteit van die Vrystaat (UV). Belangrike prestasies sluit die provinsie se eerste volledig digitale PET/CT-skandeerder en internasionale erkenning as 'n Sentrum van Uitnemendheid in presisie-onkologie in. Die depart

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


'n Oud-Sannie verongeluk vier dae voor sy verjaardag
'n Oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis in die stad het vier dae voor sy 37ste verjaardag verongeluk. Netwerk24 berig Jean-Paul Coetzee, wat verkoopsbestuurder by Drizit Environmental se Bloemfontein-tak was, is op die N1 in die Ventersburg-omgewing vanaf Johannesburg na Bloemfontein dood. Volgens sy ma, Carol Coetzee, het Jean-Paul se werksbakkie het die pad verlaat en ’n boom getref. Hy sou Saterdag verjaar het. Die skool het op Facebook medelye met Coetzee se geli

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Die EFF bevraagteken die regering se reaksie op rampe
Die EFF het kommer uitgespreek oor die regering se reaksie op rampe. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het Donderdag sy jaarverslag aan die parlement se portefeuljekomitee voorgelê. Volgens die EFF sukkel baie mense om hulp te ontvang lank na rampe. Die party se Hlengiwe Mkhaliphi sê die minister van Samewerkende Regering moet verduidelik waarom die kabinet so lank neem om op rampe te reageer. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Polity

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Binnelandse Sake trek sy voorskrif oor asielaansoeke terug
Die departement van Binnelandse Sake het sy voorskrif oor die ontvangs van asielaansoeke by vlugtelingontvangskantore teruggetrek. Die voorskrif is verlede maand uitgereik ná ’n uitspraak wat die Konstitusionele Hof in Julie in die saak van die Scalabrini-sentrum van Kaapstad gelewer het. Volgens die departement was die voorskrif ’n operasionele maatreël om die implementering van die hofbevel te ondersteun. Die departement sê egter die toepassing van die uitspraak het die...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9


Die SARK doen 'n beroep op kerklede om as verkiesingswaarnemers op te tree
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) doen 'n beroep op lidkerke om kandidate te nomineer wat tydens die plaaslike verkiesing van 2026 as verkiesingswaarnemers kan dien. Die SARK sê sy waarnemingsending sal help om veilige en vreedsame verkiesings te bevorder wat sonder intimidasie en geweld is. Kandidate moet as kiesers geregistreer wees, oor minstens 'n Graad 12-kwalifikasie beskik, gemaklik wees met die gebruik van tegnologie en in staat wees om na 'n toegewese stembur

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Zuma bly in die hospitaal
Die familie van die voormalige president, Jacob Zuma, sê hy is steeds in die hospitaal. News24 berig dat Zuma in KwaZulu-Natal gehospitaliseer is en dat staatsdokters nou sy behandeling oorgeneem het. Die MK-party het bewerings dat hul leier in ’n ernstige toestand in die hospitaal is, ontken. Die party sê Zuma is dié week vir ’n roetine-ondersoek hospitaal toe. Zuma se familie het kommer uitgespreek oor die 84-jarige se toestand. Jacob Zuma, argief. FOTO: News24

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9


Die VSA bestudeer die nadelige gevolge van entstowwe
Die Verenigde State van Amerika (VSA) het ’n reeks ingrypings aangekondig om die nadelige gevolge van entstowwe te bestudeer. Die Amerikaanse minister van gesondheid, Robert Kennedy jr., sê die regering moet luister na pasiënte en families wat beweer dat hulle weens entstowwe skade gely het. Die VSA sê ’n sentrum sal gestig word wat daarop sal fokus om nadelige gevolge van entstowwe te monitor en aan te spreek. Kennedy is bekend as ’n entstofskeptikus en het kritiek van gekwa

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 9
bottom of page

