top of page


Alle Plasings


Werkers wend hulle tot dobbel om te vergoed vir begrotingstekorte
Baie werkers in Suid-Afrika gebruik aanlyn dobbelary en sportweddenskappe om hul begrotingstekorte aan te vul. Volgens ’n opname dobbel meer as die helfte van die land se werkers gereeld met die hoop dat hulle geld kan maak om uitgawes en skuld te dek. Die Old Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor 2026 sê tot 22% van werkers is in finansiële moeilikheid as gevolg van dobbelary. Die finansiële moeilikheid word die meeste gevoel onder die laerinkomsteverdieners in die land. Ter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die plaaslike suikerbedryf worstel met twee uitdagings
Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf vra dringende ingryping deur die regering namate goedkoop suikerinvoere plaaslike produsente onder druk plaas. eNCA berig die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê gesubsidieerde suiker uit onder meer Eswatini, Brasilië, Indië en Thailand maak dit vir plaaslike produsente moeilik om mee te ding. Die bedryf staar ook 'n tekort aan werkers in die gesig voor vanjaar se oes, met sowat 30% minder suikerrietsnyers as wat nodig is. Volgens d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Nie almal stem saam met die Afsettingskomitee se besluit nie
Nie alle politieke partye stem saam met die parlement se Afsettingskomitee se besluit om teen 'n Hooggeregshof-uitspraak te appelleer nie. Die Hooggeregshof-uitspraak verhoed die komitee om openbare verhore te hou. Die komiteevoorsitter, Makashule Gana, het aangekondig dat die komitee teen die uitspraak gaan appelleer. Die ANC, VF Plus, IVP en PA is onder die partye wat hulle teen die besluit uitgespreek het. Die komitee mag intussen nie getuienis aanhoor voordat die Hooggere

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die VSA loods nuwe aanvalle teen Iran
Die VSA het nuwe aanvalle op Iran geloods ná ’n poging deur Iran om Amerikaanse magte in die Midde-Ooste met missiele aan te val. Die Amerikaanse Sentrale Kommando sê tientalle teikens van Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps is aangeval, insluitend militêre bevelsentrums en missiel- en hommeltuigfasiliteite. Die aanvalle volg op Iran se aanvalle op Amerikaanse basisse in Jordanië en vaartuie in die Straat van Hormoes. Washington sê alle Iranse missiele is onderskep. Te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


OGGEND SPORT: SA lewer gemengde uitslae in Glasgow, De Minaur en Eala vorder in Washington en slim mondskerms help om kopbeserings beter te verstaan
Ons begin by die Statebondspele: Suid-Afrika het gemengde uitslae op die Statebondspele in Glasgow beleef, met Tshepo Tshite en gewigstoter, Aiden Smith, wat vir hul onderskeie eindrondes gekwalifiseer het. Pieter Coetzé het sy derde goue medalje gewen en Christian Sadie, Kaylene Corbett en Chad le Clos het ook tot die land se medalje-oes bygedra. Daar was egter teleurstelling vir atlete soos Prudence Sekgodiso, Sabelo Dhlamini, Ashley Erasmus en Mvuyo Moss, wat nie hul onder

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 30


Hoenders word glo ARV’s gevoer
Pluimveeboere in Zimbabwe voer glo antiretrovirale medisyne, oftewel ARV's, aan hoenders. Volgens Eyewitness News waarsku wetenskaplikes dat dié praktyk ernstige gevolge vir mense én diere se gesondheid kan inhou. Sommige boere glo die medikasie laat hoenders vinniger groei en help om siektes te oorleef, maar kenners sê dit is 'n mite. Volgens hulle veroorsaak die middels bloot vogretensie, wat die hoenders groter laat lyk sonder dat hulle werklik groei. Daar is ook kommer da

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Meer waterowerhede lewer onveilige drinkwater
Dit het tydens die FW de Klerk-stigting se Konstitusionele Regte-konferensie aan die lig gekom dat al hoe meer waterowerhede in Suid-Afrika onveilige drinkwater lewer. Volgens sprekers by die konferensie raak finansiële wanbestuur in munisipaliteite die voorsiening van skoon drinkwater. Hoewel die lewering van skoon drinkwater 'n grondwetlike verpligting is, het die persentasie waterowerhede wat besmette drinkwater lewer, van 5% in 2014 tot 46% toegeneem. Ter illustrasie. FOT

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


'n Vrystaatse sakeman is in hegtenis ná hy glo 'n tiener aanrand
'n Vrystaatse sakeman van Boshof is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 17-jarige seun aangerand het. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die voorval het vroeër die week plaasgevind toe die seun op pad huis toe was. Volgens die polisie het die sakeman glo die tiener met 'n voertuig gevolg voordat hy hom by 'n vulstasie aangerand het. Die motief vir die beweerde aanranding is in hierdie stadium nog onbekend en die polisie ondersoek die saak. Die verdagte sal na verw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Swaar sneeu sluit 'n grenspos en 'n pad
Die Qachasnek-grenspos tussen Suid-Afrika en Lesotho is tydelik gesluit nadat swaar sneeu gevaarlike toestande in die Matatiele-omgewing veroorsaak het. Volgens Maroela Media het die Grensbestuursowerheid die besluit as 'n voorsorgmaatreël geneem om die veiligheid van reisigers, personeel en ander rolspelers te verseker. Reisigers en kommersiële vervoermaatskappye word aangeraai om hul reisplanne aan te pas of, waar moontlik, hul reise uit te stel. Die Tellebrug-grenspos kan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die getal geregistreerde politieke partye neem toe
Die aantal politieke partye wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van Suid-Afrika geregistreer is, het van 508 tot 620 toegeneem. Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, voeg by die kommissie berei intussen voor vir die laaste kieserregistrasienaweek op 1 en 2 Augustus. Byna 24 000 stemlokale regoor die land sal dié naweek van agtuur die oggend tot vyfuur die middag oop wees. Meer as 28 miljoen kiesers is reeds geregistreer. Volgens Mamabolo is daar tans

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


Die Mangaung-metro bied binnekort sy eerste Run Your City 10K aan
Die ABSA Run Your City 10K-reeks kom binnekort na Mangaung. Volgens inligting wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit gedeel is, sluit die metro nou amptelik by een van Suid-Afrika se voorste padwedloopreekse aan. Die metro se burgemeester, Gregory Nthatisi, sê die geleentheid sal help om die stad se groeiende reputasie as 'n bestemming vir sport en groot byeenkomste verder te versterk. Volgens die Vrystaatse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Toto Makume, bied d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 30


MIDDAG SPORT: Erasmus hou die Bokke gefokus op Argentinië, Die Wes-Indiese Eilande oorweldig vir Pakistan, EN Sterpare keer terug vir die US Ope
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die span se onmiddellike prioriteit is volgende naweek se toetswedstryd teen Argentinië in Buenos Aires, met die toer-groep wat Saterdag aangekondig sal word. Erasmus het bevestig dat Eben Etzebeth, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Lood de Jager, Ethan Hooker en Siya Kolisi fiks is en na verwagting teen Argentinië sal speel, terwyl slegs Ox Nche en Franco Mostert weens geringe beserings nie beskikbaar is nie. Hy sê

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Die SAID waarsku oor die gebruik van KI in uitvissing-swendelary
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku belastingbetalers om op hul hoede te wees vir toenemend gesofistikeerde KI-gegenereerde uitvissing-swendelary gedurende die 2026-belastingseisoen. Swendelaars stuur oortuigende e-posse en SMS’e wat beweer dat belastingbetalers terugbetalings van tot R50 000 verdien, en verwys hulle na bedrieglike webwerwe. Die Inkomstediens doen ‘n beroep op enigiemand wat ‘n verdagte boodskap ontvang om dit te verwyder, die nommer te blokkeer en dit

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Phala Phala: Verslagouteurs hoef nie te getuig nie
Die parlement se afsettingskomitee het sy besluit teruggetrek om die outeurs van die 2022 Phala Phala-verslag te roep om te getuig. Die stap volg op regsadvies dat dit die onderskeid tussen die onafhanklike paneel se rol en dié van die komitee sal vervaag, en kan bots met ‘n hofbevel wat openbare verhore staak. Die besluit is met 16 stemme teen agt goedgekeur, hoewel die ANC die stap teengestaan het en gesê het dat hulle hul eie regsmening sal inwin. FOTO: Mail & Guardian

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


‘SEB is 'n belegging in stabiliteit en maatskaplike vrede’
Breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging is nie ’n uitgawe nie, maar ’n belegging in stabiliteit en maatskaplike vrede. So sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula. Hy meen die beleid gaan die aanslae van die media weerstaan. Maroela Media berig Mbalula het Dinsdag op ’n mediakonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg gesê geen koerantrubriek of sogenaamde swak saamgestelde navorsingsverslag gaan die land se mense uit deelname aan die ekonomie hou nie. Mbal

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


'n Vermeende lisensiebedrog-meesterbrein is vas in Parys
'n Vermeende leier van 'n multimiljoenrand-voertuiglisensiebedrogsindikaat is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem. Owerhede glo die man het gesteelde toegangsbewyse vir die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) gebruik om voertuiglisensies onwettig te hernu. EWN berig die inhegtenisneming volg op 'n drie jaar lange ondersoek deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), die Valke en die SAPD se Misdaadintelligensie. Die polisie het na bewering 'n rekenaar wat by

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Rusland kla Telegram se stigter aan in verband met terrorisme
Rusland se Federale Veiligheidsdiens (FSB) het die stigter van Telegram, Pavel Durov, aangekla van die fasilitering van terroriste-aktiwiteite. Die agentskap sê hy is ook internasionaal vir inhegtenisneming gesoek. Volgens die FSB hou die aanklagte verband met Telegram se versuim om materiaal te verwyder wat na bewering deur Oekraïense spesiale dienste en terroriste-organisasies gebruik is. Die agentskap beweer die materiaal is gebruik om sabotasie, terrorisme, massa-moorde e

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Ontevrede werkers bestrooi Theunissen-strate met rommel
Ontevrede munisipale werkers van die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat, wat sedert Junie glo nog nie salarisse ontvang het nie, het die afgelope twee dae rommel in die strate van Theunissen gestrooi. Netwerk24 berig klippe lê ook in ’n straat waar dit deur die ontevrede munisipale werkers geplaas is. DA-raadslid Marieta Visser sê inwoners van Theunissen het Maandag die rommel wat gestrooi is, opgetel en die strate skoongemaak, terwyl VF Plus-raadslid Willem Potgieter

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Munisipaliteite kry binnekort hul billike-aandeeltoekenning
R7,1 miljard van die Julie-toekennings uit die billike-aandeel-fonds sal teen Vrydag aan 49 munisipaliteite uitbetaal word. Dié aankondiging word deur die parlement verwelkom. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die vrystelling van die fondse is voorwaardelik en vereis dat munisipaliteite hul bestuursgebreke moet aanspreek. Parlementêre komitees sê die besluit spreek hul kommer aan dat dienslewering, veral aan behoeftige huishoudings, beskerm moet word. Hulle voe

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


'n Outa-ondersoek bring probleme met 'n studentebeursfonds aan die lig
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê hul voorlopige ondersoek het groot verkrygings- en bestuurskwessies aan die lig gebring wat verband hou met ’n beursfonds. Volgens Outa het die Versekeringsektorstudentefonds se begroting van ongeveer R20 miljoen per jaar tot meer as R442 miljoen gedurende die 2024-'25-boekjaar gestyg. Die organisasie het bevind dat die fonds tussen 2021 en 2024 intern bestuur is, met jaarlikse projekwaardes wat konsekwent wissel van R18,6 milj

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


'n Vermeende skaapdief is in die VS vasgetrek
'n Man is in QwaQwa in besit van 15 skape ter waarde van ongeveer R22 000 aangetref nadat polisie gereageer het op inligting oor 'n verdagte voertuig wat na bewering vee vervoer het. Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offissier Mmako Mophiring het die Bethlehem Misdaadintelligensie-eenheid en die Fouriesburg Veediefstaleenheid die voertuig by 'n woonadres in Bohlokong opgespoor. Tydens die deursoeking het die polisie die skape gevind. Daar is glo met die skape se identifika

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Fedusa doen ’n beroep op verbeterde veiligheid in die werkplek
Die vakbondfederasie Fedusa doen ’n beroep op verbeterde veiligheidsmaatreëls om werkers te beskerm. Die oproep volg op die dood van twee werkers by die Impala Platinum-myn en een werker by Valtera Platinum se Tumela-myn. Die federasie sê werkers moet nie werk toe gaan en hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor nie. Fedusa voeg by beroepsgesondheid en -veiligheid moet geprioritiseer word om te verseker dat alle werkers veilig huis toe terugkeer. Ter illustrasie. F

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Inheemse tale moet ‘n groter rol in howe speel
Inheemse tale moet volgens die adjunkminister van justisie, Andries Nel, 'n groter rol in Suid-Afrika se regstelsel speel. Hy het dié oproep tydens 'n openbare lesing aan die Universiteit van Mpumalanga gedoen. Nel sê inheemse tale moet nie net vir hoftolking gebruik word nie, maar ook in regsopleiding, beregting en regspraak. Hy het voorgestel dat die universiteit, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Regterlike Opleiding en die Brigitte Mabandla Justice College saamwerk om 'n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


TLU SA kritiseer JSE se besluit oor sojabone
TLU SA ondersteun Graan SA se beswaar teen die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se besluit om die berekening van liggingsdifferensiale vir sojabone te verander. Die beurs wil die huidige veelvuldige-verwysingspuntmodel met 'n ou enkelverwysingspunt vervang. Die JSE het die besluit op 20 Julie aangekondig ná 'n toetsperiode van twee bemarkingseisoene. Graan SA meen die besluit is nie voldoende aan die hand van vyf voorafbepaalde kriteria gemotiveer nie en dat die tegniese kom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29
bottom of page

