top of page



Alle Plasings


Sibiya is nie meer 'n SAPD-werknemer nie
Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, is nie meer 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nie. Die polisie het Maandag sy ontslag bevestig. Sibiya het 'n dissiplinêre verhoor in die gesig gestaar weens ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en kriminele bande met die onderwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en seksuele voorbereiding van 'n minderjarige. Die polisie sê di

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


Microsoft vra vir wêreldwye veiligheidsreëls vir KI
Microsoft se president, Brad Smith, sê melk en wasmasjiene word tans strenger gereguleer as kunsmatige intelligensie (KI). Smith het aan die BBC gesê KI is sowel ’n hulpmiddel as ’n wapen en moet dringend gereguleer word. Hy doen ’n beroep op wêreldwye veiligheidsreëls en noodmeganismes wat KI-stelsels kan laat stilstaan of vertraag indien hulle onbeheerbaar raak. Smith sê onafhanklike regeringsbeoordelaars behoort ook nuwe KI-tegnologie te evalueer voordat dit goedgekeur wor

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


Die regering waarsku die publiek teen aanhitsing tot geweld
Die regering het lede van die publiek gewaarsku om nie sosiale media te gebruik om geweld teen buitelandse burgers aan te hits nie. Dit volg op pogings om buitelandse burgers in Gauteng en KwaZulu-Natal te beskerm. Die regering het kommer uitgespreek oor mense wat waninligting op sosiale media versprei. Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê aanhitsing tot geweld en intimidasie sal nie geduld word nie. Rosestad-nuus het vroeër berig die S

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


Die polisie vra vir hulp om ’n vermiste tiener op te spoor
Die Oos-Kaapse polisie doen ’n beroep op die publiek om te help om ’n 14-jarige meisie op te spoor wat sedert verlede week vermis word. Allegra Styles is laas Donderdag gesien en is Saterdag as vermis aangemeld. Volgens die polisie het sy ’n partytjie in Kamma Park bygewoon ná ’n beweerde rusie met haar kêrel. Die polisie is ook op soek na die 25-jarige Brent Naidoo, wat moontlik kan help met inligting oor waar Allegra is. Die ondersoek duur voort, en enigiemand met inligting

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


Manamela wens die matriekklas sterkte toe voor die eindeksamen
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die matriekklas van 2026 sterkte toegewens met hul eindeksamen. Hy het leerders aangemoedig om hard te werk en vir hul toekoms te beplan. Hy het leerders ook aangemoedig om aansoek te doen by universiteite en kolleges vir Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys en Opleiding vir 2027, terwyl aansoeke nog oop is. Manamela het ook diegene wat finansiële hulp benodig, daaraan herinner om teen 31 Oktober by die Nasionale

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


Ekurhuleni: 'n Verdagte verskyn in die hof
'n Verdagte wat betrap is met 'n item wat behoort het aan die vermoorde drawwer, Elizabeth Tsontso Moselakgomo, verskyn Maandag in die Kemprtonpark-landdroshof. Die 38-jarige Moselakgomo is een van die 12 vroue wat die afgelope maande in Ekurhuleni en Soweto in Gauteng vermoor is. Haar liggaam is op 12 September in Kemptonpark gevind. Sy het vermis geraak nadat sy gaan draf het. Die verdagte word aangekla van die besit van gesteelde eiendom. SABC-nuus berig volgens die polisi

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Die regering is besig met 'n poging om landbou-uitvoere uit te brei
Die regering sê dat hulle besig is met 'n gesamentlike poging om die uitvoermark uit te brei en te diversifiseer. President Cyril Ramaphosa sê die regering is in gesprek met landboubesighede en boere oor kwessies wat nuwe teeltegnieke en vooruitgang in landboubiotegnologie insluit. Die president sê die landbousektor kan voortbou op die vordering wat hulle die afgelope jaar gemaak het. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Vrae ontstaan oor die toekoms van die MK-party as Zuma sou uittree
Vrae ontstaan oor die toekoms van die MK-party en of daar ’n opvolgingsplan is indien die party se stigter, voormalige president Jacob Zuma, hom aan die politieke toneel onttrek. Dit volg nadat Zuma verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem is. IOL berig sy seun, Duduzane Zuma, wat ook die party se eerste adjunkpresident is, het ook verlede Vrydag tydens ’n saamtrek probeer om ondersteuners gerus te stel. Hy het gesê sy pa bly die leier van

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Hoër brandstofpryse raak meer as net motoriste
Hoër brandstofpryse raak nie net motoriste nie. Dit is volgens JustMoney se Pieter Wasserfall ná skerp brandstofprysstygings wat verlede week in werking getree het. Petrolpryse het met meer as R3 per liter gestyg, terwyl dieselpryse met tussen R2,84 en R3,24 per liter toegeneem het. Wasserfall sê brandstof is een van die koste wat deur die hele ekonomie spoel en uiteindelik ’n uitwerking op bykans alles het. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Ramaphosa sê selfs wit mense kies ‘n Mangaung-township
President Cyril Ramaphosa sê dit gaan so goed in 'n township in Mangaung dat selfs wit mense daar kom woon. Netwerk24 berig Ramaphosa het as deel van 'n ANC-veldtog om stemme te werf voor die munisipale verkiesing mense in hul huise besoek. Hy het by Andrew en Levina Pagel gaan inloer by hul Hop-huis in Hillside View in Mangaung. Die egpaar sê hulle woon reeds ses jaar daar, nadat huur in die stad te duur geword het en hulle die Hop-huis gekry het. Die egpaar sê hulle bly lek

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Die Pous moet 'n operasie ondergaan
Pous Leo sal 'n operasie ondergaan om 'n knop in sy long te verwyder. Die 71-jarige het tydens sy weeklikse toespraak op die Sint-Pietersplein onthul dat die knop tydens mediese ondersoeke gevind is. Hy sê dit is in 'n vroeë stadium ontdek. Dokters is aangeraai dat dit korrek is om vroeg in te gryp. Dit is Pous Leo se eerste mediese kwessie sedert hy verlede jaar in die pos aangestel is. Pous Leo. FOTO: The Good News

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


’n Regter beslis teen Trump se advertensieveldtog
’n Regter in die Verenigde State het president Donald Trump verbied om belastingbetalers se geld te gebruik om vir politieke advertensies te betaal. Die uitspraak volg op klagtes van lede van die publiek nadat uitsaaidienste advertensies uitgesaai het wat met openbare fondse betaal is en Trump geprys het. Die Amerikaanse distrikshofregter, Jennifer Rochon, het die advertensies verbied nadat ’n regsgeding aangevoer het dat dit politieke propaganda is. Die klagtes lui dat die a

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


‘n Baba se vermeende moordenaar verskyn in die hof
‘n Pastoor sal na verwagting Maandag in die Atteridgeville-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hy Saterdag in hegtenis geneem is in verband met die moord op 'n vier maande oue baba en die verkragting van haar ma. Die ma is na bewering verlede week by die Hennopsrivier verkrag en vasgebind, en haar baba is in 'n vlak graf begrawe gevind. Die pastoor se inhegtenisneming bring die aantal verdagtes in die saak op drie te staan. 'n Polisiewoordvoerder, kolonel Dimakatso Nevhuhulw

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Die matriekklas van 2026 is gereed vir vanjaar se eindeksamen
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die matriekklas van 2026 is gereed vir vanjaar se eindeksamen. Die leerders begin dié week met die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Gwarube het aan die media gesê die departement is goed voorbereid vir die eksamen. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Drie is vas in die middestad vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie
Twee mans en 'n vrou is in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van lewendige ammunisie. Die arrestasies is gemaak tydens stop-en-deursoek-aksies in die Bloemfonteinse sentrale sakekern as deel van die misdaadvoorkomingsveldtog vir ’n Veiliger Feestyd, oftewel Operasie Shanela 2. Volgens 'n polisieverklaring het lede 'n motor in Douglasstraat opgemerk wat wat skielik gedraai het sonder om sy rigtingwysers te ge

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Talle meen Ronald Lamola is onbevoeg om as minister
Meer as een van die ANC se vennote in die regering van nasionale eenheid (RNE) meen Ronald Lamola is onbevoeg om as minister van internasionale betrekkinge en samewerking te dien. Maroela Media berig Lamola is opnuut onder skoot oor sy steun vir strenger optrede teen mense en organisasies wat volgens die regering verkeerde inligting oor Suid-Afrika in die buiteland versprei. Die DA en VF Plus bevraagteken Lamola se hantering van Suid-Afrika se buitelandse betrekkinge, terwyl

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


Die MK-party veroordeel bespiegelinge oor Zuma se dood
Die uMkhonto weSizwe-party (MK-party) in KwaZulu-Natal het berigte veroordeel waarin daar bespiegel word oor die moontlike dood van sy leier, voormalige president Jacob Zuma, en sy gesondheid verbind word met ’n moontlike militêre ontplooiing en onrus in die provinsie. Die party se reaksie volg nadat berigte verskyn het dat Zuma by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem is vir ’n roetine-mediese ondersoek. IOL berig volgens die MK-party ondergaan Zuma tw

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12


OGGEND SPORT: Die Proteas se kolfwerk wankel, die Bulls en die Stormers oorheers SA derbies en, Zheng vier haar eerste Chinese Ope-titel
Ons begin met krieket: Australië het 'n oorheersende posisie in die eerste toets teen Suid-Afrika op Kingsmead ingeneem en teen die einde van die derde dag 'n voorsprong van 139 lopies opgebou. Dít nadat die Proteas vir 284 lopies in hul eerste beurt uitgehaal is, wat 106 lopies minder as Australië se totaal van 390 is. Aiden Markram het 37 lopies aangeteken en David Bedingham was die beste kolwer met 49. Suid-Afrika se kolwers het egter herhaaldelik weens swak houe uitgeval,

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 12


Die regering sê dit moet voldoen aan die hofbevel oor asielsoekers
Die regering sê dit is wetlik verplig om te voldoen aan 'n hofbevel rakende asielsoekers, ten spyte van openbare kommer. Die voorsitter van die Interministeriële Komitee, Mmamoloko Kubayi, het Sondag in 'n media-inligtingsessie gesê dat versuim om te voldoen, tot minagting van die hof kan lei. Sy sê die regering moet sy wetlike verpligtinge balanseer met kommer wat deur Suid-Afrikaners geopper word. Kubayi sê die regering sal formeel meer tyd van die hof versoek. Sy doen 'n b

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


SANParke verwelkom die skuldigbevinding teen die voormalige Krugerwildtuin-streekwagter
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) verwelkom die skuldigbevinding teen die voormalige Krugerwildtuin-streekwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveeartsenykundige, Kenneth Mochocho, in 'n renosterstroperysaak wat al sowat 10 jaar voor die howe is. Die Skukuza-streekhof in Mpumalanga het die paar skuldig bevind aan die onwettige jag van 'n witrenoster in 'n beskermde gebied en die besit van 'n vuurwapen met die doel om 'n misdaad te pleeg. Vier ander aanklagt

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


Die SAPD het sedert Donderdag 30 mense in hegtenis geneem weens onrus
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sedert Donderdag 30 mense in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem vir misdrywe wat openbare geweld, onwettige byeenkomste en weerstand teen arrestasie insluit. Die onrus hou verband met spanning oor immigrasie en die verwerking van asielaansoeke, nadat ’n regeringsdirektief en ’n hofbeslissing wyd bespreek en volgens die owerhede ook verkeerd geïnterpreteer is. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê 25 arre

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


Minstens 12 mense is dood in 'n aanval op Riaad se internasionale lughawe
Ten minste 12 mense is gister dood en 309 beseer in 'n aanval op Koning Khalid Internasionale Lughawe in Saoedi-Arabië se hoofstad, Riaad. Die Saoedi-burgerlugvaartowerheid sê sommige van die beseerdes was in 'n kritieke toestand, terwyl lughawebedrywighede opgeskort is. 'n Saoedi-geleide militêre koalisie blameer Jemen se Houthi-rebelle en belowe om wraak te neem. Die Houthi's het nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Die aanval het gekom te midde van eskalerende gevegte tuss

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


Talle kriminele is gevonnis vir Transnet-koperdiefstal van meer as R29 miljoen
Die hooggeregshof in Bloemfontein het 26 mense gevonnis vir die diefstal van Transnet se koperkabels en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur ter waarde van meer as R29 miljoen. Volgens Netwerk24 is die misdade tussen Julie en Oktober 2021 op die spoorlyn tussen Springfontein en Bethulie gepleeg. Al 26 beskuldigdes is skuldig bevind aan bendeverwante bedrywighede, asook verskeie aanklagte van koperdiefstal en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur. Volgens

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11


Belinda Davids gaan Whitney Houston se ikoniese rol in The Bodyguard vertolk
Die Suid-Afrikaanse sangeres Belinda Davids is aangekondig as die hoofrolspeler in die internasionale musiekblyspel The Bodyguard, wat volgende jaar sy Suid-Afrikaanse première maak. Volgens Good Things Guy sal Davids die rol van Rachel Marron vertolk, die karakter wat deur Whitney Houston in die bekende 1992-rolprent beroemd gemaak is. Davids, wat in Gqeberha grootgeword het, het reeds ’n internasionale loopbaan opgebou met haar Whitney Houston-huldeblykvertoning en het ook

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11
bottom of page

