top of page


Alle Plasings


Iran sê hulle beheer die Straat van Hormuz
Iran sê hy behou steeds beheer oor die Straat van Hormuz. Dit twee weke ná die Verenigde State van Amerika (VSA) se bomaanvalsveldtog. Die VSA het hul veldtog hierdie naweek gestaak, en dit is nie duidelik of dit sal voortduur nie. Iran sê hulle probeer nie vredesgesprekke met die VSA hervat nie. Oliepryse het intussen gedaal namate wêreldmarkte hoop dat die konflik tussen die twee nasies tot ’n einde sal kom. Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Fokus verskuif na ‘n nuwe OBK-direksie
In plaas daarvan om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se bestuurskwessies tydens 'n aandeelhouersvergadering aan te spreek, gaan die regering nou daarop fokus om 'n nuwe direksie aan te stel. Eyewitness News berig die vergadering is gekanselleer nadat verskeie nie-uitvoerende direkteure bedank het en die direksie nie meer genoeg lede het om die proses voort te sit nie. Minister van Finansies Enoch Godongwana sal na verwagting vandeesweek 'n lys benoemings vir Kabinetsgo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


OGGEND SPORT: Die Springbokke en die All Blacks finaliseer hul spanne, SA kry nog swemmedaljes en Korpatsch wen die Hamburg-titel
Ons skop af met rugby-nuus: All Blacks-afrigter, Dave Rennie, het ‘n groep van 44 spelers aangewys vir volgende maand se Rugby’s Greatest Rivalry-toer na Suid-Afrika, terwyl kaptein, Ardie Savea, eers kort voor die openingswedstryd op Ellis Park by die groep sal aansluit, na hy gerus is. Drie onervare spelers is ingesluit en verskeie ervare internasionale spelers het teruggekeer, met Cody Taylor wat as kaptein in Savea se afwesigheid sal optree, alhoewel die Hurricanes se med

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Sneeu word vir die suidelike Vrystaat voorspel
Boere in die suidelike Vrystaat word aangeraai om voorsorg te tref aangesien sneeu die week oor hoogliggende gebiede verwag word. SANews berig die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê baie koue en nat toestande word van Dinsdag tot Woensdag voorspel, veral langs die Lesotho-grens. Sneeu word ook oor dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag. Die Weerdiens waarsku dat die koue weer 'n negatiewe uitwerking op vee en landboubedrywighede kan hê. Ná die kouefront word droër en mooier

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Ramaphosa herbevestig Suid-Afrika se standpunt teen xenofobie en geweld
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se verbintenis tot die beskerming van die regte van almal wat in die land woon herbevestig, terwyl hy ‘n ferm standpunt teen xenofobie en geweld inneem. Hy sê die regering sal voortgaan om die oppergesag van die reg te handhaaf en die afdwing van wette te versterk om spanning te verlig. Ramaphosa voeg by die regte van beide Suid-Afrikaners en buitelandse burgers moet gerespekteer en beskerm word. Hy spoor ook ander Afrikalande aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


'n Reuse-olifantrob kuier steeds in die Tuinroete
'n Reuse-olifantrob wat sedert 15 Julie op 'n plaas in die Tuinroete rus, toon klein tekens van verbetering. Volgens inligting wat die Stranded Marine Animal Rescue Team op sosiale media gedeel het, het veeartse medikasie toegedien om sy immuunstelsel te versterk. Die sowat agt jaar oue mannetjie, wat naby aan 'n ton weeg, word steeds fyn dopgehou terwyl hy herstel. Kenners sê olifantrobbe bring die grootste deel van hul lewe in die see deur, maar kom soms vir etlike weke aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Politieke partye moet meer doen om jongmense aan te moedig om te stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê politieke partye moet meer doen om jongmense aan te moedig om in die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November te stem. Mamabolo het aan die Parlementêre Galeryvereniging gesê die OVK se rol is om kiesers te registreer en te verseker dat hulle korrek op die kieserslys is. Politieke partye moet beleid aanbied wat jongmense motiveer om hul stem uit te bring. Hy sê die OVK werk ook saam met...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Adams lê korrupsieklagte teen polisiegeneraals
Die leier van die National Coloured Congress (NCC), Fadiel Adams, sê hy het strafregtelike sake teen verskeie generaals van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak, maar het geweier om hul identiteite bekend te maak. Berigte dui daarop dat die klagtes die senior ondersoeker van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac), Dylan Perumal, insluit, wat Adams van korrupsie en regsverydeling beskuldig. Die bewerings kom terwyl die voormalige Idac-hoof, advokaat Andrea

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Die Madlanga-kommissie neem regstappe nadat ‘n getuie se identiteit uitlek
Die Madlanga-kommissie sal strafregtelike verrigtinge instel nadat die identiteit van ‘n getuie wat anoniem getuig het, na bewering doelbewus bekend gemaak is. Die kommissaris, Mbuyiseli Madlanga, sê dit lyk asof die bekendmaking opsetlik was. Hy sê die beweerde daad is ‘n kriminele oortreding ingevolge die Kommissiewet en die kommissie se regulasies omdat dit die werk van die kommissie benadeel. Madlanga sê die kommissie neem die saak baie ernstig op en het geen ander keuse

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27


MIDDAG SPORT: ‘n Voormalige All Black sluit as mentor by die Sharks aan, Pogačar wen sy vyfde toer en Coetzee palm nog ’n medalje in
Ons begin met rugby-nuus: Die voormalige All Black-senter Ma’a Nonu sluit by die Sharks as ’n spelmentor aan. SuperSport berig die Suid-Afrikaanse span het die nuus die afgelope naweek amptelik aangekondig. Die tweemalige Wêreldbeker-wenner verlaat Toulon, waar hy op 44-jarige ouderdom die oudste speler geword het om in die Franse Top 14 te speel. Die Sharks se verklaring meld nie of Nonu sal voortgaan om rugby te speel en of hy uit die sport tree nie. Volgens die Sharks sal

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27


SA sal met die VSA bly onderhandel rakende invoertariewe
Suid-Afrika sal met die VSA bly onderhandel om die nuwe Amerikaanse invoertariewe te verminder of op te hef, maar sal nie afstand doen van Swart Ekonomiese Bemagtiging nie. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering sal gesprekke met die Kantoor van die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger voortsit en terselfdertyd konsepregulasies voorberei om die invoer van goedere wat deur dwang- of kinderarbeid vervaardig is, te verbied. Intussen sê Suid-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


Meer as 100 polisiestasies met hoë misdaadsyfers ontvang prioriteitsondersteuning
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het aangekondig dat 140 polisiestasies met hoë misdaadsyfers regoor Suid-Afrika geteikende operasionele ondersteuning sal ontvang onder die Polisie-herstelagenda. Die aankondiging is gemaak aan die einde van die tweedaagse Polisie Minmec-vergadering in Mbombela. Die inisiatief sluit verbeterde toesig, beter hulpbrontoewysing, infrastruktuuropgraderings en strenger prestasiemonitering in om polisiëring en dienslewering te v

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27


Die rand verswak na ‘n onverwagse rentekoers besluit
Die rand het verswak nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank onverwags rentekoerse onveranderd gelaat het, ten spyte van markverwagtinge van ‘n verhoging van 25 basispunte. Die geldeenheid het kortliks naby R17 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel voordat dit effens herstel het tot ongeveer 16 rand-80 sent. Investec se hoofekonoom, Annabel Bishop, sê markte pas steeds aan by die besluit, terwyl sy waarsku dat die rand kwesbaar bly vir wêreldwye onsekerheid, veral hernieude

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27


Kuberveiligheidskenners spreek kommer uit oor digitale identiteitsdokumente
Kuberveiligheidskenners waarsku dat sensitiewe data, insluitend digitale identiteitsdokumente, wat op mobiele toestelle gestoor word, deur kwaadwillige toepassings blootgestel kan word. Die internasionale kuberveiligheidsfirma Kaspersky het aan MyBroadband gesê dat Suid-Afrika se digitale ID’s besonder sensitiewe inligting bevat wat ekstra beskerming vereis. Die waarskuwing kom terwyl die Departement van Binnelandse Sake voorberei om ’n digitale ID-stelsel uit te rol om ident

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27


Fosa sê bedanking mag nie aanspreeklikheid ontduik nie
Die Forum vir Suid-Afrika (Fosa) waarsku dat bedanking nie toegelaat moet word om ’n ontsnappingsroete te word vir individue wat ernstige bewerings of ondersoeke in die gesig staar nie. Dit kom nadat die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, bedank het ná haar verskyning voor die Madlanga-kommissie van ondersoek verlede week. President Cyril Ramaphosa het haar versoek om haar amp met onmiddellike ingang te verlaat, aanvaar. Fosa se leier, Tebogo Ma

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27


Bainsvlei moet nog wag vir krag
Inwoners van Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop en Groenvlei sal nog 'n rukkie sonder krag moet klaarkom. Bloemfontein se kragverskaffer Centlec sê die span is steeds op die toneel waar 'n 11kV-stroombreker by die Limousine-substasie ontplof en verskeie komponente beskadig het. Die nutsmaatskappy sê die 11kV-paneel is intussen suksesvol getoets en krag is tot by die substasie herstel. 'n Tegniese probleem met die uitgaande toevoerlyne vertraag egter die volle herstel v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


Weiveldbrande in Noordwes is moontlik opsetlik gestig
Die onlangse toename in veld- en weiveldbrande in Noordwes is moontlik die gevolg van brandstigting. Die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Madoda Sambatha, sê ondersoeke is aan die gang, maar daar is sterk aanduidings dat baie van die brande opsetlik gestig is. Hy waarsku dat die brande groot skade aan die landbousektor aanrig en die lewensbestaan van boere bedreig. Volgens Sambatha vernietig die brande weiveld, lei dit tot veevrektes, bedreig biodiversiteit en plaas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


Die verhoor van 62 beweerde aanhitsers begin
Die verhoor van 62 mense wat daarvan beskuldig word dat hulle die onrus van Julie 2021 aangehits het, begin na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Durban. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte wat onder meer aanhitsing tot openbare geweld, terrorisme en sameswering om moord te pleeg insluit. Hulle is intussen op streng borgtogvoorwaardes uit. Die verhoor sou verlede week begin, maar is uitgestel omdat sommige van die beskuldigdes nie regsverteenwoordiging gehad het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


'n Gesoekte man is ná verskeie misdade aangekeer
'n Man wat vir twee aanklagte van poging tot moord asook huisroof, roof en motordiefstal gesoek is, is by 'n taverne in Bloemfontein aangekeer. Free State World berig 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van die 35-jarige Vuyani Ngcamane is vroeër in verband met 'n motordiefstalsaak by Parkweg-polisiestasie uitgereik. Hy is ook 'n verdagte in 'n huisroofsaak en twee sake van poging tot moord wat by die Kopanong-polisiestasie aangemeld is. Die Vrystaatse polisie het verlede we

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


Cachalia maak bendegeweld 'n prioriteit
Die bekamping van bendegeweld gaan 'n belangrike deel van die regering se nuwe polisiëringsplan vorm. Eyewitness News berig ministers en LUR'e het dit tydens 'n Polisie-ministerraadvergadering bevestig. Die plan behels sterker geïntegreerde optrede teen bendes en georganiseerde misdaad, terwyl intelligensiegedrewe polisiëring ook uitgebrei sal word. Waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die plan sal aanvanklik op 140 hoëprioriteit-polisiëringsgebiede fokus voor

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


'n Vrystater is vir ‘n dubbele moord skuldig bevind
'n Vrystater is in die hooggeregshof in Kroonstad aan die moord op sy meisie en haar 18 maande oue dogtertjie skuldig bevind. Die Vrystaatse polisie sê Pule Tshabalala is ook aan regsverydeling skuldig bevind en sal na verwagting op 27 Augustus gevonnis word. Die liggame van die vrou en haar dogter is op Oujaarsdag 2024 in 'n huis in Ntha naby Lindley aangetref. Dit nadat die polisie 'n klagte oor 'n sterk reuk ontvang het. Weens die gevorderde stadium van ontbinding is die s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


'n Bloemfonteinse kampioen verloor sy stryd teen kanker
Die Bloemfonteinse kleingeweerskutter Maxwell van Vuuren is die naweek oorlede. Netwerk24 berig hy is in 2024 met fase 4-pankreaskanker gediagnoseer, maar het ondanks sy siekte vroeër vanjaar sy vierde Suid-Afrikaanse kleingeweerkampioenskap verower. Van Vuuren is deur vriende onthou as 'n positiewe, vasberade sportman wat tot die einde aktief gebly het. Hy word deur sy seun, Owen, sy moeder Linda en sy meisie Lizanne Nadel oorleef. Maxwell van Vuuren. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


Chinese beleggers belê miljarde in die Vrystaat
Chinese beleggers gaan R100 miljard in die Vrystaat belê in projekte wat na verwagting duisende werksgeleenthede sal skep. Inligting wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering gedeel is, sê premier MaQueen Letsoha-Mathae het by haar amptelike woning in Bloemfontein met verteenwoordigers van Chinese maatskappye vergader om die beleggings verder te bespreek. Die beleggings sal na verwagting werk in onder meer vervaardiging, konstruksie, logistiek, ingenieurswese en hernubare

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 27


OGGEND SPORT: Die Cheetahs en die Kavaliers behou die voortou, SA blink uit in Glasgow en Indië maak skoonskip met Zimbabwe
Ons kyk na van die naweek se sportgebeurtenisse: In rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs en Sanlam Boland Kavaliers het hul onoorwonne begin in die Curriebeker-premierafdeling met oortuigende oorwinnings voortgesit, met die Cheetahs wat voorloop op die punteleer met 10 punte, een voor die Kavaliers. Die Cheetahs het die Hollywoodbets Sharks XV met 43-21 in Bloemfontein verslaan, met Prince Nkabinde wat ‘n driekuns aangeteken het en Faf de Klerk wat twee keer gaan druk het, terwy

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 27
bottom of page

