top of page


Sportnuus


OGGEND SPORT: Du Toit en Nche bereik belangrike mylpale, SA A neem beheer teen Bangladesj A, en Alonso begin sy Chelsea-era met ‘n opwindende wedstryd
Ons skop af met rugby: Pieter-Steph du Toit sal sy 100ste toetswedstryd vir die Springbokke speel, terwyl Ox Nche sy 50ste verskyning maak wanneer Suid-Afrika Saterdag in Kaapstad teen Nieu-Seeland te staan kom. Rassie Erasmus het grotendeels dieselfde span behou wat in Johannesburg gespeel het, met Siya Kolisi en Paul de Villiers as opsies op die flank, Handré Pollard en Cobus Reinach begin as die skakelpaar, en Ethan Hooker vervang die beseerde Cheslin Kolbe op die vleuel

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 25


MIDDAG SPORT: Die SA Vroue-A-span is gereed vir hul Brasilië-uitdaging, McKenzie sê SA moes nou al VAR gehad het en, Fils en Gauff kroon hul Cincinnati-veldtog
Ons begin met rugby-nuus: Suid-Afrika se Vroue-A-span kom in die eerste van twee wedstryde in São Paulo teen Brasilië te staan, en kaptein Mary Zulu is vol vertroue dat die onervare span gereed is vir die uitdaging. Die kaptein sê die span wil uit die wedstryde leer en terselfdertyd bewys dat hulle in die toekoms deel van die Springbok-vrouespan kan wees, deur goeie uitslae teen ‘n sterk Brasiliaanse span te behaal. Ten spyte van die lang reis en tydsverskil sê Zulu die span

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 24


OGGEND SPORT: Die Cheetahs verseker ‘n tuis-halfeindstryd, Erasmus glo die Bokke sal terugveg, en Norris wen die Nederlandse Grand Prix
Ons skop af met rugby: Die Suzuki Griekwas en Toyota Cheetahs het tuisvoordeel in die halfeindstryde van die 2026 Carling Curriebeker-premierafdeling verseker nadat albei in die voorlaaste ronde geseëvier het. Die Griekwas het die Pumas met 38-14 geklop en die Cheetahs het Boland met 33-24 verslaan. Stormers XXIII het hul hoop lewendig gehou met ‘n oorwinning van 50-26 oor die Bulls XV, terwyl die Sharks XV en Lions in Pietermaritzburg 22-22 gelykop in ‘n vermaaklike wedstryd

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 24


RUGBY: Die Springbokke se kaptein sê die span het nie hul geleenthede gebruik nie
Die Springbok-kaptein, Pieter-Steph du Toit, sê sy span het nie die geleenthede gebruik wat hul kant toe gekom het in hul kragmeting teen die All Blacks nie. SABC-nuus berigh Du Toit sê in 'n toetswedstryd soos Saterdagaand s'n op Ellispark in Johannesburg maak die klein geleenthede die verskil tussen wen en verloor. Die All Blacks het die Springbokke met 33-16 geklop in die eerste van vier toetse as deel van die Greatest Rivalry toer. Die Nieu-Seelanders het vyf drieë gedruk

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 23


MIDDAG SPORT: Die Springbokke is gereed vir hul eerste All Blacks-toets, die Cheetahs mik vir nog ’n Curriebeker-oorwinning en Pegula en Swiatek lei die stryd in Cincinnati
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbokke se aandag is op die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, met Nieu-Seeland wat Saterdagmiddag in die eerste van vier toetse teen Suid-Afrika uitdraf. Die wedstryd word by Ellispark in Johannesburg gespeel, met Pieter-Steph du Toit as kaptein nadat Siya Kolisi weens ’n dyspierbesering uit die beginspan gelaat is. Damian de Allende speel ook sy 100ste toets vir die Springbokke. Reuters berig die Bokke het hul laaste ses wedstryde teen die All

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 21


OGGEND SPORT: Rassie het sy spankeuse met latere wedstryde in gedagte bestuur, die Cheetahs is in die knyp en, Brook plaas vir Engeland stewig in beheer
Ons skop af met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê Saterdag se openingswedstryd van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks op Ellis Park is uiters belangrik, maar hy glo die reeks sal eers in die derde of moontlik vierde toets beslis word. Erasmus het sy spankeuses met die latere wedstryde in gedagte bestuur, met Franco Mostert wat nie genoeg wedstrydtyd gehad het nie, Lood de Jager herstel van beserings en Siya Kolisi word gerus voor die tweede toe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 21


MIDDAG SPORT: De Allende bereik sy 100-toetsmylpaal, Zverev ervaar ‘n skoknederlaag en, ‘n dubbele tragedie tref die Manx Grand Prix
ns begin met rugby-nuus: Springboksenter Damian de Allende sal Saterdag die tiende speler in die geskiedenis word om 100 toetse vir Suid-Afrika te speel wanneer die Springbokke die All Blacks in die eerste wedstryd van die nuwe Castle Double Malt Rugby's Greatest Rivalry-reeks op Ellispark in Johannesburg pak. Springboks.rugby berig die span wat vir die openingswedstryd aangewys is, toon 'n mengsel van spelers wat in die toets teen Argentinië behoue gebly het, en spelers wat

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 20


OGGEND SPORT: Die Protea-vroue kondig ‘n jong span vir die Zimbabwe-reeks aan, die Cheetahs se Erich Visser kry ‘n dubbele eerbewys en Kyrgios is voorlopig geskors na ‘n kokaïentoets
Ons slaan af met krieket: Die Protea-vroue het ‘n span van 15 spelers aangekondig vir hul eerste T20-internasionale reeks ooit teen Zimbabwe, met vyf wedstryde wat van 11 tot 19 September in Bulawayo geskeduleer is. Kaptein Laura Wolvaardt sal die span lei, wat nuwelinge, Caitlin Wyngaard, Nthabiseng Nini en Luyanda Nzuza insluit, ná hul uitstekende vertonings vir die SA Opkomende Vroue. Die span sluit ook verskeie gevestigde spelers in wat die onlangse T20-Wêreldbeker in Eng

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 20


MIDDAG SPORT: LIV Golf sny die prysgeld vir die seisoenfinaal, Sabalenka dring deur na Cincinnati se vierde ronde en Rodri keer terug na Barcelona
Ons begin met gholf-nuus: LIV Golf het die prysgeld vir vandeesweek se laaste toernooi in Indianapolis met byna die helfte verminder, met die individuele pot wat van $20-miljoen tot $10,1-miljoen gesny is en die wenner wat nou net meer as $2-miljoen sal ontvang. Die byeenkoms by The Club at Chatham Hills sal ook as die spankampioenskap dien, nadat die oorspronklike eindstryd in Michigan gekanselleer is, terwyl die spanprysgeld van $50-miljoen in 2025 tot $30 miljoen verminder

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 19


OGGEND SPORT: Kolisi en Nche versterk die Springbokke, Gholf SA geniet nasionale erkenning en, Kane en Bayern begin kontrakonderhandelinge
Ons skop af met rugby: Dit gaan goed met Siya Kolisi en Ox Nche in die aanloop tot Saterdag se Rugby’s Greatest Rivalry toetswedstryd teen Nieu-Seeland op Ellis Park, met Springbok hulpafrigter, Felix Jones, wat sê dat daar geen probleme tydens oefening was nie. Kolisi het vroeër in die wedstryd teen Argentinië die veld verlaat weens ‘n dyspierprobleem, terwyl Nche sedert sy kniebesering teen Engeland slegs agt minute gespeel het. Daar word egter verwag dat albei nog ‘n oefen

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 19


MIDDAG SPORT: Die All Blacks se afrigter verwag ‘n moeilike uitdaging teen die Bokke, die Williams-susters se terugkeer eindig in ‘n nederlaag en Cadillac verander sy spanbestuur
Ons begin met rugby-nuus: Die All Blacks is vol vertroue voor Saterdag se eerste toets teen die Springbokke, maar afrigter Dave Rennie verwag een van die moeilikste uitdagings van sy loopbaan. Volgens Reuters sê Rennie dat vier agtereenvolgende toetse teen die wêreldkampioene die All Blacks tot hul uiterste sal toets. Die eerste kragmeting is Saterdag op Ellispark, waarna die spanne nog drie keer in die volgende vier weke teen mekaar uitdraf. Rennie sê die reeks sal selfs moe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 18


OGGEND SPORT: Die Springbokke wag op Kolisi en Nche, die All Blacks is vol vertroue oor Jordan en Roigard en Scheffler se volgende uitdaging begin Donderdag
Ons skop af met rugby: Die Springbokke se voorbereiding vir Saterdag se eerste toets teen die All Blacks word deur beseringsbekommernisse gekompliseer. Kaptein Siya Kolisi sukkel met 'n dyspierbesering, terwyl die loskopstut Ox Nche met 'n kniebesering sukkel. Rassie Erasmus het daarom besluit om die Springbokspan eers Donderdag bekend te maak, eerder as die gebruiklike Maandag of Dinsdag. Die Springbokke en All Blacks pak mekaar Saterdag op Ellispark in Johannesburg, met die

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 18


MIDDAG SPORT: Rassie hou die Springbokspan ‘n geheim, Scheffler wen die St. Jude-kampioenskap en Djokovic se Cincinnati-uittog is verrassend
Ons begin met rugby-nuus: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sal eers Donderdag om 14:00 sy wedstrydgroep bekend maak, net twee dae voordat die Springbokke Saterdag teen die All Blacks op Ellispark in Johannesburg uitdraf. Volgens SABC Sport is dit later as wat Erasmus gewoonlik sy span bekend maak. Hy kondig die Springbokspan tydens toetsweke gewoonlik op 'n Maandag of Dinsdag aan. Dié keer het Erasmus egter besluit om sy keuses tot net twee dae voor die afskop geheim te hou.

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 17


OGGEND SPORT: Die Bulls is ’n teleurgesteld na hul nederlaag teen die Cheetahs, Bangladesj behaal ’n geskiedkundige oorwinning en Arsenal begin hul seisoen met ‘n oorwinning
Ons kyk na van die naweek se sport-hoogtepunte: Ons skop af met rugby: Die Vodacom Bulls het hul teleurstelling uitgespreek ná hul nederlaag teen die Cheetahs in die Black Label Curriebeker die naweek. Die twee spanne het Sondag in die vyfde ronde van die kompetisie kragte gemeet. Die Cheetahs het die wedstryd weg van die huis gewen met 62 punte teenoor die tuisspan se 52. Die Bulls-afrigter, Phiwe Nomlomo, sê die nederlaag was teleurstellend. LUISTER HIER: In krieket:

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 17


MIDDAG SPORT: Die All Blacks en die Bulls is gereed vir hul kragmeting, Gholf se groot name begin hul stryd om die FedEx-beker en Europese sokker keer terug
Ons begin met rugby-nuus: Die All Blacks se historiese toer deur Suid-Afrika gaan voort wanneer hulle Saterdag in Pretoria teen die Bulls te staan kom. Nieu-Seeland het reeds hul eerste twee wedstryde van die toer teen die Stormers en Sharks gewen en sal nou hul aandag op die Bulls vestig. Vir die All Blacks is dié wedstryde belangrike voorbereiding vir die komende toetsreeks teen die Springbokke, terwyl die Bulls die geleentheid het om hulself teen van die beste spelers in w

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 14


OGGEND SPORT: Die Stryd om uitspeelplekke in die Curriebeker verhit, Taylor gaan die All Blacks teen die Bulls aanvoer en, Shelton en Swiatek wen die Kanadese Ope-titels
Ons skop af met rugby: Elke ligapunt in die Carling-Curriebeker is van kardinale belang, met die Fidelity ADT Lions wat Saterdag die Sanlam Boland Kavaliers huisves, terwyl die Suzuki Griquas die Hollywoodbets Sharks XV ontvang. Die Airlink Pumas kom oor die naweek teen die DHL Stormers XXIII te staan en die Vodacom Bulls XV pak Sondag die Toyota Cheetahs op Loftus Versfeld. Die Cheetahs het na die tweede plek beweeg, terwyl die Bulls steeds sonder ‘n oorwinning is, wat die

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 14


MIDDAG SPORT: Die Bulls is gereed vir hul kragmeting teen die All Blacks, Swiatek en Shelton haal die Kanadese eindstryde en Nederland kry ‘n nuwe sokkerafrigter
Ons begin met rugby-nuus: Die Vodacom Bulls het ‘n sterk span aangekondig om Saterdag op Loftus Versfeld teen die All Blacks te speel, met kaptein, Marcell Coetzee, aan die stuur van ‘n groep wat vier Springbokke, Willie le Roux en die terugkerende Hanro Liebenberg insluit. Baie van die aandag sal op losskakel, Curwin Bosch, gevestig wees, met sy terugkeer ná twee jaar in Frankryk na Suid-Afrika en sal saam met skrumskakel, Embrose Papier en losvoorspeler Jeandre Rudolph, spe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 13


Twee meisies tree aan om teen Grey rugby te speel
Vir die eerste keer in 'n Bloemfonteinse seunskool se bykans 170 jaar het twee meisies as deel van 'n internasionale rugbyspan teen sy span kragte gemeet. Die meisies is die tweeling Sabine en Annick Desmarais van die Western Cowboys van Mauritius, en die plaaslike span is Grey Kollege se o. 13C-span. Netwerk24 berig die Grey-seuns het die gemengde eilandspan Woensdag met 44-0 geklop. Dit was ’n klipharde wedstryd in die Vrystaatse koue met harde duikslae, ’n geel kaart wat a

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13


OGGEND SPORT: Die Stormers maak veranderinge vir hul Pumas-wedstryd, die Proteas-afrigter sê Jansen is al ’n geruime tyd op sy radar en Paris behou die Superbeker-titel
Ons skop af met rugby: Die Stormers XXIII het vyf veranderinge aangebring vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas by Mbombela-stadion. Vier veranderinge kom in die voorspelergroep, met Wandile Mlaba, Keke Morabe, Mhlei Khuzwayo en Herman Lubbe wat terugkeer na die beginspan. Die vleuel, Joel Leotlela, maak sy eerste verskyning van die seisoen nadat hy die beseerde, Suleiman Hartzenberg, vervang het. Die afrigter, Tom Dawson-Squibb, sê die Stormers sal ‘n 80-minuut

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 13


MIDDAG SPORT: Steyn sê selfs De Klerk kan beter word, Svitolina dring deur na Toronto se halfeindronde en die SA Opkomende-vroue beklink die reeks
Ons begin met rugby-nuus: Toyota Cheetahs-afrigter Frans Steyn glo selfs die voormalige Springbok-skrumskakel Faf de Klerk kan nog verbeter, terwyl die Cheetahs hul spel in die Curriebeker wil opskerp. De Klerk het Sondag op die nippertjie 'n drie gedruk om die Cheetahs met 31-26 oor die Stormers XXIII by Athlone-stadion te laat seëvier. Hy is ook as Speler van die Wedstryd aangewys. SA Rugby Magazine berig Steyn het weer sy voormalige Springbok-spanmaat se invloed sedert sy

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 12


OGGEND SPORT: Die All Blacks vermorsel die Sharks, die Proteas kondig hul Namibië-toergroep aan, en sportsterre pak mekaar vir gholf se Ikonebeker
Ons skop af met rugby: Die All Blacks het Dinsdagaand tydens die tweede helfte ‘n oorheersende vertoning gelewer en die Sharks met 54-0 op ‘n nat Kings Park in Durban vermorsel. Nieu-Seeland het teen rustyd met 14-0 voorgeloop voordat hulle volle beheer oor die moeilike toestande geneem en agt drieë gedruk het, sonder om die Sharks toe te laat om hul doellyn werklik te bedreig. Die oorwinning was ‘n beduidende verbetering op hul wankelrige sege van 38-21 oor die Stormers verl

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 12


MIDDAG SPORT: ’n Groot uitdaging wag vir die Sharks, Swiatek storm na ‘n Toronto-halfeindstryd en Schwartzel se bal word viskos
Ons begin met rugby-nuus: Die Hollywoodbets Sharks staan Dinsdagaand in Durban voor 'n besondere uitdaging wanneer hulle die All Blacks in die tweede wedstryd van Nieu-Seeland se historiese toer deur Suid-Afrika pak. Die wedstryd begin om 19:00 by die Hollywoodbets Kings Park-stadion, met die All Blacks wat hul toer voort sit nadat hulle verlede week die Stormers met 38-21 in Kaapstad geklop het. Nieu-Seeland gebruik die wedstryd om voort te bou op daardie oorwinning, maar oo

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 11


OGGEND SPORT: Fourie keer terug na die Springbok-groep, Sri Lanka kry ‘n nuwe spelersliggaam en Messi neem afskeid van sy pa
Ons skop af met rugby: Die ervare veelsydige voorspeler, Deon Fourie, is vir die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks in die Springbok-groep opgeneem, nadat hy weens ‘n lang besering langs die kantlyn moes staan. Die 39-jarige, wat as losvoorspeler en haker kan speel, sluit Dinsdag by die groep in Johannesburg aan en het Suid-Afrika laas tydens die 2023-Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland verteenwoordig. Fourie het Vrydag vir die DHL Stormers teen die All Blacks na topvlak-rugb

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 11


RUGBY: Die Bokke behaal hul 12de agtereenvolgende oorwinning
Die Springbokke het hul twaalfde agtereenvolgende oorwinning behaal nadat hulle Argentinië in Buenos Aires met 17-10 geklop het. Volgens SA Rugby se webtuiste het die Bokke rustyd met 10-10 gelykop gestaan nadat Edwill van der Merwe ’n drie gedruk het. Sacha Feinberg-Mngomezulu het ook ’n strafdoel en doelskop bygedra. Cameron Hanekom het in die tweede helfte die deurslag gegee met sy eerste toetsdrie, nadat die Bokke se sterk skrumwerk die Pumas onder druk geplaas het. Die t

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9
bottom of page



