top of page


Alle Plasings


BKS: Boere kan nou hul eie entstowwe invoer
Die privaat landbousektor kan nou self bek-en-klouseer-entstowwe invoer. Dit is volgens die skikkingsooreenkoms wat Donderdag tussen die Departement van Landbou, Saai, Sakeliga en Vrystaat Landbou bereik is. Maroela Media berig die nuwe minister van Landbou, Willie Aucamp, sê hy gaan gesprekke voer met entstofversakaffers uit Türkye en Argentinië en dit duidelik stel dat die regering nie in die pad staan van enige privaat entiteit wat wil invoer nie. Aucamp verduidelik soos

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


Meer as 3 000 weermaglede is vir protesoptogbystand ontplooi
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê dat hulle 3 405 lede op bystand ontplooi het om die Suid-Afrikaanse Polisiediens by te staan tydens beplande landwye protesoptogte oor onwettige immigrasie en moontlike onrus. Die weermag se hoof van gesamentlike operasies, luitenant-generaal Siphiwe Sangweni, sê die ontplooiing maak deel uit van Operasie Prosper, wat deur president Cyril Ramaphosa van 28 Junie tot 11 Julie gemagtig is. Hy sê die soldate sal slegs ontplooi word indie

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


Die polisie vernietig duisende vuurwapens
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 11 859 vuurwapens en vuurwapenparte vernietig om Internasionale Vuurwapenvernietigingsdag te vier. Nog 4 089 loskruitgewere, luggewere en tuisgemaakte vuurwapens is ook vernietig. Die polisie sê die wapens sluit in handwapens, gewere en haelgewere wat tydens misdaadbestrydingsoperasies gekonfiskeer is, vrywillige oorhandigings en vuurwapenamnestieë. Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, sê die verwydering van onwettige vuurwapens

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


Die onderwysminister verdedig befondsing vir fir skoolvoedingsprogram
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die befondsing vir Suid-Afrika se skoolvoedingsprogram verdedig en gesê dat grootmaat-aankope en skaalvoordele help om beperkte begrotings verder te laat strek. Sy het die Nasionale Ondersoekverhoor oor die land se voedselstelsels toegespreek, waar kommissarisse bevraagteken het of huidige besteding genoeg is om voedsame maaltye vir leerders te verskaf. Die kommissarisse het gewaarsku dat onderbefondsing kinderhongersnood

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


OGGEND SPORT: Erasmus bereik ‘n historiese afrigtingsmylpaal, Brook en Salt help vir Engeland na ‘n reeks-oorwinning en Mbappe inspireer vir Frankryk tot ‘n halfeindronde
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, maak Saterdag geskiedenis wanneer hy vir die rekord-55ste keer as hoofafrigter aan die stuur van die Springbokke staan en sodoende Jake White se vorige rekord van 54 wedstryde verbeter. Erasmus was reeds in verskeie hoedanighede by 94 Springbok-wedstryde betrokke en het Suid-Afrika na ‘n wenpersentasie van 85-komma-sewe persent gelei. SA Rugby se president, Mark Alexander en uitvoerende hoof Rian Oberholzer

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 10


Die Staatsdienskomitee eis vinniger optrede teen korrupte staatsamptenare
Die Portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie sê sterker optrede is nodig om Suid-Afrika se staatsdiens te professionaliseer en dienslewering te verbeter. Die voorsitter, Jan de Villiers, sê die komitee fokus op meriete-gebaseerde aanstellings, etiese gedrag en vinniger dissiplinêre optrede teen oortredings. Die komitee het kommer uitgespreek oor departemente wat senior amptenare aanstel sonder die vereiste kwalifikasies of ervaring. De Villiers spoor verbeterings a

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


'n Jaar later staan bouwerk by 'n VS sportsentrum steeds stil
Byna 'n jaar nadat bouwerk aan 'n binnenshuise sportsentrum in Smithfield in die Vrystaat gestaak is, is daar steeds nie ’n nuwe kontrakteur vir die projek aangestel nie. Die vorige kontrakteur se kontrak van R56 miljoen is weens swak prestasie beëindig. Netwerk24 berig die woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Tankiso Zola, sê die bouaktiwiteite is tans opgeskort in afwagting op die aanstelling van ’n nuwe kontrakteur. Die aanst

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


Justin Bieber sing by die FIFA Wêreldbeker
Die Kanadese popster Justin Bieber sal op 19 Julie die eerste FIFA Wêreldbeker Super Bowl-styl halftydvertoning in New York lei. Hy sluit aan by Madonna, Shakira en BTS vir die 11-minuut-optrede ter ondersteuning van die FIFA Global Citizen Education Fund. Burna Boy, Gustavo Dudamel, die PS22-koor met Coldplay en die Sesame Street Muppets sal ook verskyn. Bieber sê die toernooi verenig die wêreld soos niks anders nie. Die halftydvertoning is saamgestel deur Coldplay se Chris

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 10


MIDDAG SPORT: Die Bokke is gereed vir hul Skotland-uitdaging, Williams mik na beter voorbereiding vir die Amerikaanse Ope en die laaste agt in die sokker Wêreldbeker spook dinge nou uit
In rugby-nuus: Die Springbokke het ’n jong en minder ervare span aangewys vir Saterdag se Nasieskampioenskap-toetswedstryd teen Skotland op Loftus Versfeld. Afrigter, Rassie Erasmus, sê die keuse is lank vooruit beplan en daarop gemik om minder-ervare spelers die geleentheid te gee om te bewys dat hulle kan presteer wanneer dit saak maak, terwyl hy aandring dat hulle die taak kan uitvoer. Vleuel, Canan Moodie, glo die span se deeglike voorbereiding en vertroue in die afrigtin

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 9


Die Madlanga-kommissie kry meer tyd
Die Madlanga-kommissie van ondersoek na bewerings van kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel het langer tyd gekry om sy werk af te handel. President Cyril Ramaphosa het die sperdatum vir die indiening van die kommissie se finale verslag van 31 Augustus na 16 November verleng. Volgens Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, moet alle getuienis steeds teen 2 Oktober afgehandel wees. Hy sê die verlenging sal die kommissie die geleentheid gee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Huldeblyke stroom in vir Vrystaatse landboulegende
Huldeblyke stroom in vir die Vrystaatse landboulegende Danie le Roux van Bultfontein, wat bekend was vir sy jarelange bydrae tot die Holstein- en graanbedryf. Landbouweekblad berig Le Roux is vroeër die week in die ouderdom van 76 in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein oorlede ná komplikasies met sy longe. Le Roux het bykans 40 jaar lank by Bultfontein geboer, op die Holstein-raad gedien en as nasionale beoordelaar talle ander beoordelaars opgelei. Hy was die eienaar van d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Tyd raak min om geblokkeerde ID-nommers te betwis
Mense wie se identiteitsnommers voor November 2022 geblokkeer is, het net tot Vrydag tyd om dit by enige kantoor van die Departement van Binnelandse Sake te betwis. SABC News berig die departement sê meer as twee miljoen identiteitsnommers is oor die jare om verskeie redes geblokkeer, onder meer weens duplikaatrekords en sake wat verdere verifiëring vereis. Volgens die departement kan identiteitsnommers gekanselleer word indien mense nie voor die sperdatum by 'n kantoor aanme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Centlec en die DA sit koppe bymekaar
Centlec en die DA se koukus in die Mangaung-metro het vergader om oplossings vir Bloemfontein se krag- en diensleweringsuitdagings te bespreek. Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, het die gesprek gefokus op kabeldiefstal, vandalisme, onwettige kragaansluitings, langdurige kragonderbrekings en die verbetering van kommunikasie tussen Centlec, raadslede en die gemeenskap. Centlec sê die kragnetwerk het tans 'n infrastruktuur-instandhoud

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


China en Taiwan maak gereed vir Tifoon Bavi
China en Taiwan berei voor vir Tifoon Bavi, wat die mees vernietigende tropiese storm kan word wat die streek in jare getref het. Die storm beweeg oor die Stille Oseaan na Taiwan en sal na verwagting Saterdag in China se oostelike Fujian-provinsie aankom. Owerhede in Taiwan voorspel dat tot een meter reën in die eiland se noordelike berge rondom Taipei kan val. Taiwan se Ministerie van Verdediging sê ten minste 29 000 soldate is op bystand. Intussen het Japan dosyne vlugte ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Geen leefstyloudits is in jare by die SAPD gedoen nie
Geen leefstyloudits is die afgelope vyf jaar binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgevoer nie. Die Wêreldbank se teenkorrupsiekenner, Albertus Schoeman, het Donderdag aan die Madlanga-kommissie van ondersoek gesê die polisiediens het gedurende dié tyd slegs leefstyloorsigte en leefstylondersoeke gedoen. Volgens Schoeman het geen van die sake waarby senior bestuurslede betrokke was, tot volledige leefstyloudits gevorder nie. Hy sê 'n leefstyloorsig vergelyk 'n amptenaar se

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Total Eclipse of the Heart-sangeres Bonnie Tyler is oorlede
Die Walliese sangeres Bonnie Tyler, bekend vir treffers soos Total Eclipse of the Heart, Holding Out for a Hero en It's a Heartache, is in die ouderdom van 75 oorlede. Die BBC berig haar familie het bevestig dat sy in 'n hospitaal in Portugal oorlede is ná 'n siekte waarvoor sy behandeling ontvang het. Tyler is in Mei in 'n kunsmatige koma geplaas nadat sy 'n noodoperasie aan haar ingewande ondergaan het. Haar familie het verlede maand gesê sy het uit die koma gekom, maar het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


‘n Voormalige plaaslike burgemeesterskomiteelid se haatspraak-appèl misluk
Die hooggeregshof in Bloemfontein het die voormalige Mangaungse burgemeesterskomiteelid, Sibongile Tsoleli, se appèl teen 'n uitspraak oor haatspraak van die hand gewys. StepUp News berig die hof het 'n vroeëre Gelykheidshof-uitspraak bekragtig waarin sy aan haatspraak, teistering en onbillike diskriminasie skuldig bevind is nadat sy rassistiese WhatsApp-boodskappe oor die voormalige Mangaungse speaker, Stephanie Lockman-Naidoo, haar man en die Indiese gemeenskap aangestuur h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Die appèlhof in Bloemfontein tik die RDK oor die vingers
Die appèlhof in Bloemfontein het die Regterlike Dienskommissie (RDK) oor die vingers getik nadat dit advokaat Johannes Hendriks Roelofse vir 'n permanente regterspos in Mpumalanga aanbeveel het. Maroela Media berig die hof het bevind die aanbeveling was onwettig omdat die kommissie nie alle relevante inligting behoorlik in aanmerking geneem het nie. Die hof sê die kommissie het onder meer bewerings oor Roelofse se uitstaande skuld en sy versuim om dit tydens die keuringsprose

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Duisende vuurwapens word deur die polisie vernietig
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens gaan Donderdag byna 12 000 vuurwapens en vuurwapenonderdele in Gauteng vernietig. Die vernietiging val saam met die Internasionale Dag vir die Vernietiging van Kleinwapens en Ligte Wapens en is die eerste vuurwapenvernietigingsproses van die 2026/'27-boekjaar. Volgens die SAPD bestaan die meeste van die vuurwapens uit handwapens, gevolg deur gewere en haelgewere. Die vuurwapens is tydens polisie-operasies gekonfiskeer of tydens vuurwapenamnest

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 9


Sewe is dood in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad
Sewe mense is dood in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad. eNCA berig in die eerste insident het gewapende verdagtes Tafelsig in Mitchells Plain op vyf mans buite 'n spaza-winkel losgebrand. Drie slagoffers is op die toneel dood verklaar, en twee ander is vir mediese behandeling na 'n hospitaal vervoer. In 'n afsonderlike insident het die polisie op 'n skietery by 'n woning in Philippi-Oos gereageer, waar sewe mense geskiet is. Vier slagoffers het aan hul beserings b

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Jou daaglikse kaffeïen-bederfie kan nou goedkoper word
Dalende wêreldpryse vir koffie behoort goeie nuus te wees vir Suid-Afrikaners wat die afgelope paar jaar al hoe dieper in die sak moes delf vir hul daaglikse koppie boeretroos. Business Tech berig die Wêreldbankgroep se jongste prysindeks toon dat pryse in die tweede kwartaal van 2026 begin afneem het tot sowat 'n derde laer as 'n jaar gelede. Gevolglik behoort pryse wêreldwyd af te neem, met minimale ontwrigting as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste. Volgens Agbiz se

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Cosatu eis dringende ingryping in munisipaliteite se finansiële krisisse
Cosatu het dringende ingrypings gevra om die krisisse wat munisipaliteite in finansiële nood in die gesig staar op te los. Die vakbondfederasie het kommer uitgespreek oor die Nasionale Tesourie se besluit om fondse van 69 munisipaliteite terug te hou. Die Nasionale Tesourie sê hul besluit is daarop gemik om finansiële dissipline in hierdie munisipaliteite te vestig. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die regering moet ingrypings implementeer om hierdie mu

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Twee is vas vir die besit van koperkabel in die Vrystaat
Twee verdagtes is in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Hulle is na bewering betrap terwyl hulle koperkabel, met 'n geraamde waarde van meer as R130 000, vervoer het. Volgens 'n polisieverklaring is hul voertuig onderskep nadat inligting van 'n private sekuriteitsmaatskappy ontvang is oor vermoedelik gesteelde koperkabel wat na 'n tweedehandse handelaar onderweg was. Die twee mans kon nie dokumentasie verskaf om hul besi

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Christelike erfenis kan hernieude toerismegroei in SA ontsluit
Navorsers aan die Noordwes-Universiteit (NWU) sê Suid-Afrika kan ‘n nuwe golf van toerismegroei ontsluit deur sy ryk Christelike erfenis en ander heilige plekke ten toon te stel. Akademici sê dat geloofsgebaseerde toerisme deur die Europese Unie-befondsde SacredTravels4Growth-projek werksgeleenthede kan skep, landelike ekonomieë kan versterk en kulturele erfenis kan bewaar. Die NWU se Walter Wessels sê pelgrimsroetes en heilige bestemmings bied geleenthede vir plaaslike besig

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9
bottom of page


