top of page


Alle Plasings


’n VS vroueboer wil Consortium Beef voorlopig laat likwideer
’n Vroueboer van die Postmasburg-distrik in die Vrystaat het ’n hooggeregshofaansoek gebring om die landboukoöperasie Consortium Beef voorlopig te laat likwideer. Netwerk24 berig die vroueboer sê Consortium Beef, waarvan die Vrystaatse beesboer Jaco de Villiers ’n direkteur is, skuld haar meer as R1,46 miljoen vir beeste wat sy in die koöperasie belê het. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die aansoek word ondersteun deur Kobus van der Westhuizen van Bethlehem, vir

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


OGGEND SPORT: Die Junior Bokke is gereed vir hul Engeland-kragmeting, Zverev haal sy eerste Wimbledon-halfeindstryd en die oorblywende Wêreldbeker-spanne vat ‘n rusdag
In rugby-nuus: Die Junior Springbok-hulpafrigter, Lumumba Currie, sê daar is nog baie om te verbeter voor Maandag se halfeindstryd teen Engeland in Tbilisi, nadat die span onoorwonne bo-aan Groep A by die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap geëindig het. Die verdedigende kampioene het maksimum punte behaal met oorwinnings oor Uruguay, Georgië en Wallis, terwyl Currie die oorheersing van die voorspelers, verbeterde verdediging en die span se veerkragtigheid geprys het. Engeland

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 9


Vyf provinsies is vry van lasvermindering
Eskom sê vyf van Suid-Afrika se nege provinsies is nou heeltemal vry van lasvermindering. Die Vrystaat is reeds deel hiervan, met Mpumalanga wat nou ook aansluit saam met die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes. Eyewitness News berig die kragvoorsiener sê net meer as 56% van sy nasionale teiken is reeds van lasverminderingskedules verwyder. Die nutsmaatskappy sê Suid-Afrika het nou reeds meer as 413 opeenvolgende dae sonder beurtkrag beleef. Eskom beoog om lasvermindering teen M

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Bye kan ook in 'n bui wees
‘n Nuwe studie deur navorsers van Australië se Macquarie Universiteit en die Southern Medical University in China dui daarop dat bye emosionele toestande kan ervaar. Wetenskaplikes het gedrag waargeneem wat voorheen slegs met soogdiere geassosieer is, wat daarop dui dat bye ‘n veel ryker innerlike lewe kan hê as wat voorheen geglo is. Die studie het bevind dat bye reageer op slegte en lekker kos, hul koppe skud en selfs gesigsuitdrukkings toon. Die bevindinge bied vars insig

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Ramaphosa beloof om by die WVF in te gryp
President Cyril Ramaphosa het belowe om in te gryp en te help om die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) reg te ruk. Dit kom terwyl miljoene Suid-Afrikaanse werkers maande – en soms jare – wag vir geld wat aan hulle verskuldig is. Nova News berig die Presidensie sê Ramaphosa het met georganiseerde arbeid vergader om die krisis by die WVF en die Vergoedingsfonds, wat werkers dek wat tydens hul werk beseer of siek word, te bespreek. Die WVF is geknou deur 'n problematiese oors

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


AfriForum kritiseer die waterrekening-konsultasieproses
Die burgerregte-organisasie AfriForum kritiseer die parlement omdat hulle weier om die openbare deelnametydperk vir die voorgestelde Nasionale Waterwysigingswetsontwerp te verleng. Die organisasie sê die wetgewing kan Suid-Afrika se waterwette aansienlik verander en verdien meer tyd vir openbare kommentaar. AfriForum het gevra dat die sperdatum van 30 Julie tot 31 Augustus verleng word, met die argument dat die wetsontwerp kompleks is en verreikende implikasies het. Ten spyte

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Tweeweeklikse brandstofprysaanpassings word dalk oorweeg
Suid-Afrika kan moontlik wegbeweeg van sy jarelange stelsel van maandelikse brandstofprysaanpassings. Dit kom ná 'n voorstel om brandstofpryse elke twee weke aan te pas sodat vinnige skommelinge in die internasionale oliemark beter hanteer kan word. Business Tech berig die voorstel is deur 'n lid van die Nasionale vergadering, Fasiha Hassan-Duma, geopper tydens 'n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumhulpbronne. Hier het wetgewers manie

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Sandu neem regstappe teen die kwarantyn van DRK-ontplooide troepe
Die weermagvakbond Sandu het dringende regstappe van stapel gestuur teen die voortgesette kwarantyn van lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat onlangs teruggekeer het van ontplooiing in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die vakbond sê dat hulle kommer by die Departement van Verdediging uitgespreek het oor die wettigheid van die kwarantyn en swak lewensomstandighede by die fasiliteite, maar geen reaksie ontvang het nie. Sandu beweer dat die fasiliteite onvoldoende in

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


Frankryk sluit sy ondersoek na die dood van Nathi Mthethwa
Frankryk se ambassadeur in Suid-Afrika sê Franse owerhede het hul ondersoek na die dood van die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, gesluit. Mthethwa is in September verlede jaar oorlede nadat hy van die 22ste verdieping van die Hyatt Regency-hotel in Parys geval het. Die Franse ambassadeur, David Martinon, het bevestig dat die Franse geregtelike polisie tot die gevolgtrekking gekom het dat hy selfmoord gepleeg het en dat daar geen verdere onde

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 9


MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue is vol vertroue, MacGill se appèl teen sy skuldigbevinding het misluk en Switserland haal hul eerste kwarteindstryd sedert 1954
In rugby-nuus: Die Springbok-vroue se hulpafrigter, Laurian Johannes-Haupt, glo dat die ervaring wat by Loftus Versfeld opgedoen is die span ekstra vertroue sal gee vir Saterdag se tweede toets teen die VSA. Sy sê baie spelers is vertroud met Loftus danksy hul betrokkenheid by die Bulls Daisies, en waardevolle lesse is geleer uit verlede jaar se toets teen Kanada op dié veld. Johannes-Haupt het ook bevestig dat die veelsydige agterspeler, Byrhandré Dolf, die wedstryd sal mis

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 8


Werkgewers skuld miljarde aan pensioenfondse
Werkgewers skuld werkers altesaam R8,3 miljard aan onbetaalde pensioenfondsbydraes. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê meer as 6 000 werkgewers is geïdentifiseer omdat hulle pensioenbydraes wat van werknemers se salarisse afgetrek is, nie aan aftreefondse oorbetaal het nie. Die agterstallige skuld raak sowat 590 000 aftreefondslede en het die afgelope jaar met meer as R1 miljard toegeneem. Volgens die owerheid gebruik baie finansieel benoude werkgewers dié geld

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Die Mangaung-metro wil openbare vertroue herstel
Die herstel van openbare vertroue, beter aanspreeklikheid en vinniger dienslewering bly volgens die Mangaung-metro van hul belangrikste prioriteite. Volgens inligting wat in die sogenaamde dagboek van die stadsbestuurder op sosiale media gedeel is, sê stadsbestuurder Sello More die munisipaliteit is besig om programme te implementeer wat dienslewering en die lewensgehalte van mense in Mangaung moet verbeter. More sê die metro werk ook daaraan om sy institusionele kapasiteit t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Vermeende kabeldiewe is op heterdaad in Bloem betrap
Twee vermeende kabeldiewe is op heterdaad langs die Jagersfontein-Bloemdalpad in Bloemfontein betrap terwyl hulle glo besig was om elektriese infrastruktuur te beskadig. Volgens Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, het die polisie inligting ontvang oor twee mans wat per fiets gereis en glo aan elektriese infrastruktuur gepeuter het. Die verdagtes is betrap terwyl hulle glo 'n elektriese kabel by 'n nutsmas afgesny het. Die koperkabel is as Centlec se eiendom geïdentifisee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


SA het dringend ‘n beter noordelike grensheining nodig
Volgens die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, het Suid-Afrika dringend ‘n beter noordelike grensheining nodig. Dit volg ná sy besoek aan die Beitbrug-grenspos verlede week. Hy sê die bestaande 40km lange lemmetjiesdraadheining, wat in 2020 teen ‘n koste van R37-miljoen as ‘n COVID-19-maatreël opgerig is, is grootliks vernietig. Macpherson sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is verantwoordelik vir ‘n nuwe grensheining, maar sy departement sal ondersteuning bie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Die VSA se tussentydse ooreenkoms met Iran is verby
Die Verenigde State se tussentydse ooreenkoms wat daarop gemik was om die oorlog met Iran te beëindig, is volgens president Donald Trump verby. Die aankondiging volg nadat Iran vroeër Woensdag nuwe aanvalle op Amerikaanse militêre terreine in Bahrein en Koeweit uitgevoer het. Iran beweer die aanvalle was 'n reaksie op Amerikaanse lugaanvalle op Iranse teikens ná aanvalle op tenkskepe in die Straat van Hormuz. Trump het tydens 'n beraad van die Noord-Atlantiese Verdragsorganis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Die familie van ’n Siamese tweeling ontvang ’n nuwe huis
Die Limpopo-familie van ‘n Siamese tweeling ontvang Woensdag 'n nuwe huis van die provinsiale regering. Premier Phophi Ramathuba, het destyds tydens 'n besoek aan die hospitaal belowe om vir die gesin 'n huis te bou. Volgens haar woordvoerder vorm die oorhandiging deel van die provinsie se Diensleweringsweek. Rosestad-nuus het vroeër berig een van die Siamese tweelingbabas wat in Januarie by die Mankweng-hospitaal geskei is, is op Goeie Vrydag oorlede. Ter illustrasie. FOTO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


'n Vrystater se deernis verander sy lewe
'n Vrystater wat verlede jaar sy hond sowat 15km gedra het om haar lewe te probeer red, werk nou by die Virginia DBV. Volgens inligting wat op dié DBV se Facebook-blad gedeel is, het Sello Mabothe se verhaal 'n weldoener geïnspireer om sy aanstelling by die DBV te borg. Sello het verlede jaar sy hond, Option, na die DBV gedra nadat sy deur 'n voertuig raakgery is. Vandag is hy deel van die Virginia DBV-span, waar hy na kwesbare, beseerde en bejaarde diere omsien. Volgens die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Bloemfonteiners sê hulle het vertroue verloor
Inwoners van Bloemfontein sê hulle het vertroue in regeringsamptenare verloor omdat winkels en haarsalonne wat volgens hulle deur ongedokumenteerde buitelandse burgers bedryf word, steeds sake doen. SABC News berig inwoners van Bochabela het tydens 'n vergadering die reaksie van die Departement van Binnelandse Sake bespreek en gesê hulle is gereed om teen dié ondernemings op te tree. Die vergadering volg nadat inwoners op 30 Junie aan 'n optog deelgeneem het as deel van 'n la

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Kerndienspakket vir gesondheidsorg word ondersoek
Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers gaan die ontwikkeling van 'n kerndienspakket vir Suid-Afrika ondersoek om toegang tot noodsaaklike gesondheidsorgdienste uit te brei. Die aankondiging is tydens die raad se konferensie in Kaapstad gemaak. Volgens die raad sal die pakket as 'n beginpunt dien om noodsaaklike gesondheidsorgdienste vir Suid-Afrika te omskryf. Die raad se besturende direkteur, dokter Katlego Mothudi, sê pasiënte moet die middelpunt van die gesondheidstelsel we

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 8


Die NSM verwelkom Dina Pule se aanstelling
Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika (NSM) verwelkom die aanstelling van die nuwe minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule. President Cyril Ramaphosa is wyd gekritiseer oor die aanstelling weens Pule se vorige omstredenhede tydens haar diens as lid van die Kabinet. Die ANC het Pule verdedig en sê sy het om verskoning gevra voordat sy haar vorige pos ontruim het. Die organisasie se Greer Schoeman sê hulle is gereed om met die nuwe minister te skakel. LUISTER

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


'Die terughouding van fondse sal nie dienslewering beïnvloed nie'
Die Nasionale Tesourie sê sy besluit om fondse van sekere munisipaliteite terug te hou, sal nie dienslewering beïnvloed nie. Dit volg nadat besluit is om vandeesmaand se billikeaandeel-toekennings aan verskeie munisipaliteite landwyd terug te hou, insluitend Mangaung. Die stap is daarop gemik om fiskale dissipline af te dwing en vermorsende besteding hok te slaan. Die Nasionale Tesourie se Ogalaletseng Gaarekwe sê die fondse sal aan die munisipaliteite vrygestel word sodra hu

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Backabuddy kanselleer Peet Viljoen se veldtog
Die skarefinansieringswebwerf BackaBuddy het Mel Viljoen se poging om R400 000 vir haar man, Peet, se regsfonds in te samel, gesluit. 'n Kennisgewing van die platform lui dat dit in ooreenstemming met BackaBuddy se standaarde, bepalings en voorwaardes gesluit is, wat konsekwent toegepas word om skenkers, die skeppers van veldtogte en die integriteit van ons gemeenskap te beskerm. Maroela Media berig teen Dinsdag het verskeie mense reeds bydraes gemaak. Volgens BackaBuddy sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Gestremdes in die VS kry 'n unieke groentetuin
’n Groep vir mense met gestremdhede van QwaQwa in die Vrystaat het nuwe groentebeddings ontvang wat spesiaal ontwerp is om aan hul behoeftes te voldoen. Die ontwerp is spesifiek aangepas vir rolstoelgebruikers en mense wat krukke gebruik. Die African Conservation Trust (ACT) het die geligte beddings opgerig vir Nurturing Seeds for Differently Abled Community Development, waarvan die lede met verskeie fisieke gestremdhede leef. Good Things Guy berig die voorsitter van ACT, Car

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


'n VS ma red vyf lewens ná haar dood
’n Ma van Bothaville in die Vrystaat wat skielik weens ’n brein-aneurisme dood is, se orgaanskenkings het vyf lewens gered. Carietha van Dyk is Saterdag by haar huis deur die brein-aneurisme geraak, waarna sy per ambulans hospitaal toe geneem is. Netwerk24 berig Carietha se man, Deon, sê breinskanderings het getoon dat haar brein nie reageer nie, en sy is Sondagoggend breindood verklaar en met masjiene aan die lewe gehou. Deon en hul dogter, Carlie, het besluit om Carietha se

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8
bottom of page


